d.5. Arend VON WIELLIGH, ged. 04/04/1779

d.5.  Arend, ged. 04/04/1779, Kaapstad, oorl. 25/10/1843, Riebeek kasteel, distr. Malmesbury x op 13/12/1801, Stellenbosch met Anna Margaretha BEIJERS, ged. 23/11/1773, oorl. 27/10/1803, d.v. Jan David Bijers en Anna Catherina Melck xx op 11/07/1840 met Johanna Margaretha VAN BLERK, ged. 24/06/1781, d.v. Simon Petrus van Blerk en Johanna Margaretha Bergh.

Arend was die seun van Arend von Wielligh en Johanna van Sittert.


FAMILYSEARCH
Cape Town Baptisms 1757-1779
DG:  Hendrik Teubes en Josina von Wielligh

In 1797 lê Arend, saam met sy susters Alida Maria en Johanna belydenis van geloof af en raak hulle lede van die gemeente van die Kaap.


FAMILYSEARCH
20/09/1797 Lidmaatskap Kaap

Arend  trou op 13/12/1801 met Anna Margaretha Beijers.


EGGSA
Stellenbosch huweliksregisters.

FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1788 – 1847.

Haar pa was Jan of Johann David Beyer(s), ged. 06/10/1733, Erfurt (een van die oudste stede in Midde-Duitsland).  Hy het Erfurt in die jaar 1757 met die Wiltryk verlaat en het as soldaat in Suid-Afrika aangekom.  Van 1767 tot 1772 was hy 'n boerkneg.  Hy het op Stellenbosch gewoon en dit was waarskynlik ook hier waar Johann David die dogter van die welgestelde boer, Martin Melck van Elsenburg en Anna Hop ontmoet het.  Op 10 Julie 1772 het hy ‘n versoek by Goewerneur J. van Plettenberg en die Politieke Raad ingedien.  Sy versoek om Vryburger te word is toegestaan, omdat hy as vryburger ‘n selfstandige bestaan sou kon voer.  Op 02/08/1772 het hy met Anna Catharina Melck getrou.  Martin Melck was nie slegs een van die mees gesiene burgers aan die Kaap nie, maar ook een van die welvarendste boere in die Stellenbosch distrik.

The 40-year old Melck had just made a fortune during the Seven Years War. Apart from Driesprong and Kleigat he also bought properties in Cape Town and the farm Uitkyk. He and his wife Anna Hop lived at Elsenburg. After Melck’s death in 1781 his vast domain was divided between his children. His oldest daughter, 28-year old Anna Catharina, received De Driesprong and Kleigat. She was married to a German, Jan David Beyers, and they lived in the elegant double-storey house on the adjacent Uitkyk.  (http://www.voc-kaap.org/Documents/muratie.pdf)

Uitkyk, Stellenbosch

Elf kinders is uit die huwelik van Johann David Beijers en Anna Catharina Melck gebore, waarvan Anna Margaretha die tweede oudste was.  Johann David Beijers is op 23/11/1797 op die plaas De Uijtkijk, naby Stellenbosch oorlede  (J.H. Redelinghuys:  Die Afrikaner Familieinaamboek en personalia, 1955)

Op 27 Oktober 1803 sterf Anna Margaretha Beijers op die ouderdom van 29 jaar en 11 maande, kort na die geboorte van hulle seun Arend Johan David von Wielligh.


BIJERS Anna Margaretha
huysfrou van Arend van wieling
Died: 27 Oct 1803
Age at death: oud 29 jaar 11 maande
Buried: 29 Oct 1803, op de plaats van de wedewe Bijers
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Stellenbosch, Western Cape. burial register, 1795-1819, page 12. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G2 4/5. Transcribed by Ockert and Sasa Malan. See also Die Stellenbosse Heemkring

Arend hertrou op 11/07/1840 met Johanna Margaretha VAN BLERK, ged. 24/06/1781, Stellenbosch,  d.v. Simon Petrus van Blerk en Johanna Margaretha Bergh.  (Al die kinders wat gebore is uit sy tweede huwelik voor 1820 word as “onecht” beskryf.)

FAMILYSEARCH
Swartland marriages 1829– 1842.
Arend (61 jr) en Johanna Margaretha van Blerk (58), wewenaar en weduwee, landbouer, Malmesbury

Simon Petrus van Blerk was drie keer getroud.  Eers in 1770 met Johanna Catharina Cats, toe op 21/11/1778 met Johanna Margaretha Bergh en daarna met Anna Margaretha Bremicker.  Sy ouers was Nicolaas van Blerk, van Venlo, Provinsie Limburg, Nederland en Catharina Maria Magetski.  Johanna Margaretha Bergh se ouers was Olof Abraham Bergh en Johanna Margaretha Groenewald.   Johanna Margaretha van Blerk het drie broers en drie susters gehad en was die tweede-oudste van die sewe kinders.  Sy het ook twee halfsusters gehad.

Simon Petrus van Blerk se tuinland Roodehek (German Club, Roodehek Street off Hope Street, Gardens)

Roodehek 1800 – 1807  (Harris Stewart: Table Valley garden markets, 1800, 1805, 1807 - Vernacular architecture society of South Africa)

Portions of the original fabric are incorporated in the German Club – in Roodehek Streek off Hope Street, Gardens.  Owned by Simon Petrus van Blerk, who was given additional grants in 1781 and 1808.  (Harris Stewart: Table mountain garden markets.)

Arend von Wielligh sterf op 25/10/1843, op die ouderdom van 64jr. 11mde. 6dae, in huis van Simon Petrus Johannes von Wielligh op Riebeek kasteel, distr. Malmesbury.

MOOC 6/9/32 6590.  Arend.  Pa:  Arend.  Boer. Getr. Johanna Margaretha van Blerk.  Oorl. 64jr. 10 mde. 16 dae. 25/10/1843 aan huis van Simon Petrus Johannes von Wielligh, Riebeeck Kasteel.  Kinders.  Arend, Wilhelmina Dirktina, Maria Catharina Hendrika, Petronella Carrolina, Simon Petrus Johannes, Charles,  Alida Maria

NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA