e.7. Nicolaas VON WIELLIGH, geb. 13/11/1833, ged. 19/01/1834

e.7.  Nicolaas, geb. 13/11/1833, Paarl, ged. 19/01/1834, Stellenbosch, (ouers woon Koeberg), oorl. 21/10/1907, Clanwilliam x 10/06/1851, Wellington met Martha Maria RETIEF, geb. 15/10/1834, oorl. 27/09/1878, Meintjieskraal, Piketberg, d.v. Gideon Retief en Helena Johanna Hauptfleisch xx 16/09/1879 met Maria Christina Helena MOUTON, geb. 24/11/1840, Hexrivier, ged. 11/04/1841, Clanwilliam, oorl. 11/11/1899, begr.Clanwilliam, d.v. Christiaan Jacobus Mouton en Christina Jacoba van Zyl. (MCHM xx 15/04/1867 met Dirk Jacobus Visser en xxx 16/03/1875 met Paul Hendrik Stephanus van Zyl )

Nicolaas was die seun van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Johanna Theunissen.

FAMILYSEARCH
DG:  Daniel Retief en Jacoba Cornelia von Wielligh

Nicolaas (1833) was die eienaar van die plaas Vryeguns, in die Agter-Paarl.  Hy is met Martha Maria Retief, die dogter van Gideon Retief getroud.  Sy was ‘n suster van die Voortrekkerleier, Piet Retief.  Piet Retief het vier broers gehad en hulle het uit die  Wagenmakersvallei (vandag Wellington) gekom.

Nicolaas en Martha Maria Retief
Foto:  Lavonn von Wielligh

Simon van der Stel het reeds in 1685 die Weskus tot by die koperberge van Namakwaland verken. Aan die begin van die 18de eeu het die veeboere, 
op soek na geskikte weiding, hoofsaaklik twee groot trekroetes die binneland in gevolg, waarvan een vanaf die Stellenbosch-Drakenstein streek noordwaarts was.  Baie van die vryburgers het hulle in die land van Waveren (Tulbagh) gevestig, terwyl ander weer weiregte by die Vier en Twintigriviere en verder noord van Piketberg bekom het.  Veeboere het eers tussen 1710 en 1720, die Sandveld tussen die Berg-en Olifantsriviere begin benut. Kompanjiesposte, wat eers seisoenaal gebruik is, is aan veeboere as leningsplase beskikbaar gestel.   Waar daar langs die trekroete goeie weiding en genoeg water beskikbaar  was, het die trekboere hulle daar vir ’n tyd lank en soms selfs permanent gevestig en die grond as leningsplaas by die kompanjie verkry.

Indien daar voldoende besproeiing water was het baie van die boere dan ook landerye aangelê en is broodkoring en ander gewasse verbou.  Op ‘n plaas waar daar 50 morg  bewerkbare landbougrond was, kon die bewoner dit na 1743 as erfpagplaas bekom, na die betaling van 'n klein bedrag.  Hierna het hy dan eiendomsreg verkry en kon die plaas deur sy kinders of familielede geërf word.  Die leningsplase darenteen kon nie deur die kinders geërf word nie en die toekenning daarvan moes jaarliks hernu word.  
Daar is nie baie oor hierdie Nicolaas bekend nie.  Sy seun GR het hom op 11 jarige ouderdom (1870) op ‘n handelstog na die Boesmanland (distrik Calvinia) en Namakwaland vergesel, waar hy (GR) se belangstelling in Boesmanstories, sy oorsprong gehad het.

Martha Maria Retief sterf op 27/09/1878, Meintjieskraal, Piketberg.

MOOC 6/9/167 6206.  Martha Maria Retief.  Geb. Wellington.  Ouers.  Gideon Retief & Helena Hauptfleisch.  Getr. Nicolaas von Wielligh.  Farmers wife.  Oorl. 43 jr. 11 mde. 18dae.  Meintjies kraal, Piketberg.  Kinders.  Nicolaas, Gideon, Petrus Gerhardus, Philippus Albertus, Marthinus Wilhelmus, Martha Maria.

FAMILYSEARCH

Op 16/09/1879 trou hy met Maria Christina Helena Mouton.  Sy was die moeder van Regter-President H S van Zyl van die Kaapse Hooggeregshof.  Regter van Zyl het die plaas Die Erf naby Clanwilliam van sy vader geërf toe hy maar ses maande oud was. Dit is ook in Clanwilliam waar Nicolaas begrawe is.

In die Vaderland van 28 Oktober 1948 is daar ‘n berig oor regter H.S. van Zyl (1876 – 1955).  Die regter se weduwee-ma was met wewenaar Nicolaas von Wielligh na die dood van Martha Maria Retief getroud.  Daar word verder berig dat die regter en sy vrou altyd in die wintermaande op die ou familieplaas Die Erf naby Clanwilliam gewoon het.

Die Erf Clanwilliam

Maria Christina Mouton sterf in 1895.

MOOC 6/9/395 3064.  Maria Christina Mouton.  Geb. Hexrivier.  Ouers.  Christiaan Jacobus Mouton & Christina Jacoba van Zyl.  Vrou van Skaapinspekteur.  Getr. Nicolaas von Wielligh.  Oorl. 56jr. 11 mde. 11/11/1899 by huis Clanwilliam.  Vorige mans Dirk Jacobus Visser en Paul Hendrik Stephanus van Zyl.  Kinders.  Christiaan Jacobus Visser, Dirk Jacobus Visser,  Abraham Hendrik Visser, Hendrik Stephanus van Zyl, Christina Jacoba von Wielligh, Maria Elizabeth von Wielligh.

FAMILYSEARCH

FAMILYSEARCH

Nicolaas (1833) is in 1907 in Clanwilliam begrawe.

MOOC 6/9/582 3096.  Nicolaas.  Geb. Paarl.  Ouers.  Nicolaas von Wielligh & Emerentia Theunissen.  Skaapinspekteur.  Oorl. 73jr. 11 mde. 21/10/1907 in sy huis Clanwilliam.  Vorige vroue.  Martha Retief, oorl. 1878, Piketberg, Maria Helena van Zyl, oorl. 1899, Clanwilliam.  Kinders.  Nicolaas, Gideon, Pieter, Philip, Marthinus, Christina Jacoba, Maria Elizabeth.

Grafte van Nicolaas (links) en sy vrou (regs) in Clanwilliam.


eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, CLANWILLIAM, Urban area Western Cape, CLANWILLIAM, NG Kerk, kerkhof WIELLIGH M.H.C., von nee MOUTON -1899 WIELLIGH M.H.C., von nee MOUTON -1899

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, CLANWILLIAM, Urban area Western Cape, CLANWILLIAM, NG Kerk, kerkhof WIELLIGH N., von 1833-1907.

Volgens oorlewering het hy alles verloor deur die onoordeelkundige borgstaan vir iemand. 

Daar was hewige roering in die Zuid-Afrikaanse Republiek wat in April 1877 deur Brittanje geannekseer is. Verskeie samesprekings, wat niks opgelewer het nie, was tussen die Boere en die Britte gehou.  Dit het tot die Transvaalse Vryheidsoorlog van 1880 tot 1881 gelei.  Talle verdere onderhandelings het tot die Konvensie van Pretoria in 1881 gelei. Dit het bepaal dat die ZAR van 8 Augustus af,  weer in elke opsig selfbestuur sou geniet.  Die ZAR was egter nie ten volle onafhanklikheid nie, want dit was aan Britse soewereiniteit en sekere ander voorwaardes onderworpe.  Daar was tydelik vrede in die Transvaal en met die ontdekking van goud in 1873 in die Ohrigstadgebied, in 1885 in Barberton en in 1886 aan die Witwatersrand, was die Transvaal skielik ‘n trekpleister vir baie mense, so ook vir hierdie von Wiellighs.  Al Nicolaas se seuns het Transvaal toe getrek en so die familie in die Noorde gevestig.