Familiewapen

FAMILIEWAPEN

Duitse wetgewing verbied enigiemand om ‘n familiewapen te dra, wat nie aan die persoon of sy direkte afstammelinge toegestaan is nie.  In Duitsland word ‘n familiewapen altyd aan ‘n spesifieke familie en nooit aan ‘n groep families met dieselfde van toegestaan nie.  Vir die Duitse familiewapens is daar ‘n register, die sogenaamde “Wappenrolle” waarin alle bestaande en geregistreerde familiewapens voorkom.

Furthermore, in the case of Willisch, name holders have received ennoblement. The Coat of Arms awarded to the "Willisch of Valaise" has a blue field, charged with mountains topped by a single tree, in chief.   (http://www.surnamedb.com/Surname/Willisch)

Die familiewapens en/of beskrywings wat ek met betrekking tot die von Wielligh families van Suid-Afrika kon opspoor is die volgende:

Die eerste, toon ‘n groen boom op ‘n groen grasperk, teen ‘n silwer agtergrond.


2. ‘n Tweede familiewapen:


3.  Beskrywing van ‘n derde familiewapen:

Wapen:  Kepersgewys verdeel, rooi en blou, ‘n silwer keper, aan die bokant swaelstertvormig en belaai met ‘n versmalde groen keper, vergesel in die skildvoet van ‘n silwer anker.  Helmteken.  ‘n Blou hart, geledig van ‘n omgekeerde silwer pylpunt, met ‘n uitkomende rooi roos, groen gepunt, goud geknop, blou gestingel en geblaar.  Wrong en dekklede.  Silwer en blou.  Wapenspreuk.  Der Liebesdienst (Phillipus Albertus von Wielligh: 1988) Argiefbeskrywing.