g.5. Gideon Retief VON WIELLIGH, geb. 10/03/1881

g.5.  Gideon Retief (Giep), geb. 10/03/1881, ged. 17/04/1881, Piketberg x Susanna Magdalena (San) JORDAAN. 

Gideon Retief is die seun van Nicolaas von Wielligh en Elizabeth Jacoba Wentzel.


(DG:  Gideon Retief von Wielligh;  Willem Petrus du Plessis;  Anna Susanna Elizabeth ?)


Woon sy lewe lank op Boksburg, verbonde aan die mynwese.  San wat advokaat word in haar 50’s en burgemeester van Boksburg.


Ouklaas, oom Giep en tant San  het op Boksburg gewoon. Tant San was haar hele lewe met kinderwelsyn besig. Sy het selfs in haar 50’s as advokaat gekwalifiseer om kindersake beter te kon hanteer. Ek weet dat sy baie jammer vir kinders was en dikwels ook vir Vonnie en Boetie, wat sonder ma’s moes regkom. Miskien het sy vir Selina se dienste gereël. Wat ek wel onthou is dat hulle ’n manlike bediende gehad het (’n verfynde “Blantyre”) wat as ’n kok en “butler” gewerk het.

Ek het haar net so ongeveer drie keer gesien – een keer het sy my twee hande gevat en iets gepraat van Babsie my ma – Ek was so oorweldig, en het net gelet op haar persoon, hoe sy haar neus vir 'n oomblik kruekel – ek kon sien haar lippe vorm woorde, maar het  niks gehoor nie. My indruk van haar was een van ‘n magtige  persoonlikheid of ‘n aura van 'n alfa persoonlikheid. Later jare was sy vrederegter. Deur die jare was ek 'n bewonderaar, en het haar kiekie soos ‘n skat bewaar– om hier langs te vertoon. Sy was ook ‘n invloed wat ek later jare in meisies gesoek en herken het.  (http://www.lavonn.net/id41.html)