h.2. Arend Simeon VON WIELLIGH, geb. 11/07/1907, ged. 26/01/1908

h.2.  Arend Simon, geb. 11/07/1907, ged. 26/01/1908, Namakwaland, oorl. 22/01/1967 x  31/07/1948, Keetmanshoop met Janetta Debora Susanna BURGER, geb. 13/09/1921, dist. Kuruman, d.v. Johan Dawid Gerhardus Burger en Maria Margaretha Schreuder.

Arend Simeon was die seun van Johannes Jacobus Christiaan von Wielligh en Johanna Elizabeth van Zyl.

Uit haar pa se sterfkennis van 1914:
NASIONALE ARGIEWE VAN SUID-AFRIKA

Arend Simon was 7 jaar oud toe 'n perderuiter vir sy ma op die plaas 'n briefie bring om te sê dat haar man doodgeskiet is.  Hy was maar nog n kind en die oudste van die 5 vyf kinders. Na sy pa dood het al die kinders met die jare van die plaas af weggegaan, maar Arend Simon het by sy ma op die plaas aangebly.  

Op 22 Junie 1840 het Arend Simon by die Tweede Wêreld-oorlog aangesluit.  As gevolg van die Von Wielligh van was dit baie moeilik vir hom om te kon aansluit.  Hy het in Durban op 'n skip gegaan en weggeloop.  Hy het onder Sir. Montgomery geveg.




En op 25 Maart 1945 is sy diens beëindig.  Hy het 6 medaljes en The Eight Army "balkie" ontvang. Sy kinders is steeds in besit van sy bayonette.  Daar is ook n boek geskryf, waar daar van Arend Simon gepraat word.  Die boek se naam is Piet Colonel and his men.  Sy dogter Margaretha en sy vrou het die boek in Johannesburg se Oorlog Museum opgespoor.   Arend Simon het nie graag oor WW2 gesels nie, hy het beseer uit die oorlog gekom.


Op 31 Julie 1938 het die 41 jarige Arend Simon met die 27 jarige Janetta Debora Susanna Burger op Keetmanshoop getrou.



Johan Dawid Gerhardus Burger en Maria Margaretha Schreuder het uit die Kalahari getrek en in die Koes distrik n plaas gaan koop. Hulle was nie lank op die plaas nie, toe word hy siek en is hy oorlede. Janetta Debora Susanna Burger was een van 8 kinders, 4 seuns en 4 dogters.


Margaretha was sy groot trots, sy 1ste kind.



Op 22 Januarie 1967 sterf Arend Simon aan Coronary Thrombosis