g.7. Sara Henriëtta Elizabeth VON WIELLIGH, geb. 14/09/1892, ged. 11/02/1993

g.7.  Sara Henriëtta Elizabeth (Sarie), geb. 14/09/1892, ged. 11/02/1993, Soebatsfontein, Sandveld Namakwaland, oorl. 14/05/1967, begr. Stikland x 12/09/1916, Kakamas, dist. Kenhardt met Johannes Benjamin (Jan) WIESE, geb. 11/05/1893, oorl. 08/10/1981, s.v. Eduard Johannes Cornelis Wiese en Anna Magdalena Goosen.

Sara Henriëtta Elizabeth was die dogter van Hendrik Johannes von Wielligh en Gloudina Maria Johanna Catharina Engelbrecht.

Sarie is met haar doop op 11 Februarie 1993, Soebatsfontein, vernoem na haar ouma aan vaderskant, Sarah Henriëtta Smith.  Soebatsfontein, waar volgens die oorlewering 'n paar Hollanders in die dae van Olim om hulle lewe gesoebat het, dog die Boesmans het geen genade geken nie.  Gedurende die eerste jare van die bestaan van die Namakwalandse gemeente is  by geleentheid van die konsulent se jaarlikse besoek godsdiens gehou op die "Volgende plase: Kliphoek, Ouest, Nieuwe Plaats, Koornhuis, Grootriet, Klipvallei, Modderfontein, Soebatsfontein. (http://repository.up.ac.za/bitstream/handle/2263/12563/002_p1-49.pdf?sequence=2)

Na haar huwelik met Benjamin Wiese het hulle Kaap toe getrek.

Sarie was ‘n groot vrou.  Eenkeer het sy en haar gesin Namakwaland toe gery met die motor.  By een van die vulstasies het haar man die motor se bande stywer aan die linkerkant as aan die regterkant gepomp.  Toe sy seun hom daarna vra het hy gesê  “jy sien mos hoe groot is ma.”  

Met ‘n ander geleentheid het hulle ‘n hondjie Namakwaland toe weggeneem.  Die hond is in die kattebak van die motor vervoer en Jan het dikwels stilgehou om te kyk of alles nog reg is met die hondjie.  Sy kannetjie drank was egter ook in die kattebak en Sarie was baie kwaad toe hy besope by hulle eindbestemming aankom.

Kinders:

h.1.  Anna Magdalena (Annie) WIESE x met Danie van Tonder.

h.2.  Sara Henriëtta (Sarie) WIESE, geb. 25/07/1922, ged. 17/09/1922, Namakwaland x met Charl Francos (Sarel) van Rensburg.

h.3.  Johannes Benjamin (Ben) WIESE, geb. 1924, oorl. 1991 x met Beaty Rupinck.

h.4.  Gloudina Maria (Dina) WIESE, geb. 16/11/1926, ged. 03/04/1927, Namakwaland x met James (Jimmy) Schorn.

h.5.  Eliza Gloudina (Elize) WIESE x met Frederik Matthys (Frikkie) Truter.