Die Wortley van

Voor 1066 het mense in Engeland slegs 'n enkele naam gehad.  Na William se oorwinning het die Normandiërs 'n meer akkurate stelsel van naamgewing ingestel wat ‘n van ingesluit het en teen die twaalfde eeu het die meeste mense in Engeland name en vanne gehad. (http://www.historylearningsite.co.uk/medieval_names.htm)  Vanne het op verskillende maniere ontstaan.

Die Wortley van is afgelei van die pleknaam Wortley.  Engelse plekname was oorspronklik voorafgegaan deur ‘n voorsetsel, soos de, at, ate, by, en in.  Na die Normandiese Oorwinning, was die algemene voorsetsel de, wat beide in Engelse en Franse plekname gebruik is.  Teen die einde van die 14de eeu was die voorsetsels of opgeneem, of weggelaat van die van.

Soos die mense weggetrek het uit die omgewing, het die spelling van hierdie pleknaamvanne soms verwronge geraak tot op ‘n punt waar dit totaal en al onherkenbaar was.  In die geval van Wortley is die ‘t’ dikwels verruil vir die ‘d’ soos dit Suid beweeg het en soms was daar letters bygevoeg, soos in die geval van Whordley.  Plaaslike dialekte en swak spelling was daarvoor verantwoordelik.