f. Pieter VON WIELLIGH, geb. 13/04/1859, ged. 3/06/1894

f.  Pieter, geb. 13/04/1859, ged. 3/06/1894, Kaapstad, oorl. 17/01/1908, Woodstock x Catharina Elizabeth DE VILLIERS (voorheen van der Byl)

Pieter was die seun van Arend von Wielligh en NN.

FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1848-1920

Pieter en Catharina Elizabeth se kinders is in Papendorp in die Kaap gebore.

Papendorp is die voormalige naam van die Kaapstadse voorstad Woodstock. Dit is geleë tussen die dokke van Tafelbaai en die onderste hange van Duiwelspiek, omtrent 1 km oos van die middestad van Kaapstad.  Papendorp was aanvanklike 'n aparte dorpie en is genoem na Pieter van Papendorp, wat in die laaste deel van die 18de eeu daar gebly het. Daar was teen 1845 was reeds ’n skool en ’n Anglikaanse kerk.  Die spoorlyn wat deur die dorp aangelê is het dit meer gewild gemaak. In 1881 het die dorpie met Soutrivier saamgesmelt.  Die naam is na Woodstock verander nadat die inwoners daarvoor gestem het. In 1913 is Woodstock by Kaapstad ingelyf.

FAMILYSEARCH