i.2. Andries Adriaan VON WIELLIGH, geb. 1955

i.2.  Andries Adriaan, geb./oorl. 08/11/1955, nuwe begraafplaas Keimoes begrawe.

Andries Adriaan was die seun van Hendrik Johannes von Wielligh en Hendrika Christina Wilhelmina van der Westhuizen.

Hierdie seuntjie het slegs vir ses ure na sy geboorte geleef.  Redes hiervoor kan toegeskryf word aan die feit dat Klein-Hennie onder geweldige spanning verkeer het na haar skoonpa se dood, toe die Hennies skielik die Hotel met al sy verantwoordelikhede moes oorneem, aangesien haar skoonma haar van die besigheid onttrek het.

FAMILYSEARCH

Hennie dra klein Andries se kissie met sy begrafnis op Keimoes.

Keimoes nuwe begraafplaas