n.3. Joseph Edwin WORTLEY, geb. 24/05/1905

n.3.  Joseph Edwin, geb. 24/05/1904, Southport, dist. Ormskirk, county Lancashire, Engeland, oorl. 12/02/1956, Salisbury, Algemene hospitaal, Rhodesia, begr., Greendale cemetery x 1927, Preston Methodist,  Ribbleton  Ave, Lancashire met  Alice  NELSON,  geb. 17/04/1905,  oorl. 29/12/1980,  Rhodesia.

Joseph Edwin was die seun van Cyrus Wortley en Mary Beresford.
Koning Edward VIII, die oudste seun van koning George V het in Januarie 1936 koning geraak na sy pa se dood.  Op 1 Desember het hy afstand gedoen van die troon en is hy opgevolg deur sy broer Albert, as Koning George VI (r.1936-1952). Toe die gruwels van die Tweede Wêreldoorlog kort daarna op Brittanje en Londen in die besonder neergedaal het, was die koninklike egpaar aanvanklik skepties t.o.v. Winston Churchill. Die koning en sy premier het gou 'n noue persoonlike werksverhouding ontwikkel en hulle het gereeld ontmoet om die vordering van die Oorlog te bespreek.  King George VI and Queen Elizabeth stayed at what they and their subjects saw as their posts all through the Blitz, and showed love and care for their people in gestures that stilled the meanest critics.  (http://www.britroyals.com/kings.asp?id=george6)

Nelson, henry le – (H.III. Roll) bore, paly (6) argent and purpure a bend (new put in with colours)vaire or and sable. (F.) Arden Roll – paly argent and sable in Add. Ms. 4965  (Foster, Joseph, Hon. M.A. Oxon:  Some feudal coats of arms, London, 1902)
The family of Nelson, originally of the county of Lancaster, settled in Berkshire, temp. Elizabeth.   Richard Nelson of Maudsley, in Lancashire, was living there in the time and during the Reign of Edward III.  In 1377, he gave and confirmed to Warine de Golborn and Alice Nelson his wife, daughter of the said Richard, certain Lands in Maudsley, with the remainder in default of issue to George Nelson, son of Robert Nelson, and his lawful heirs. This deed is dated 1st Richard II (1405) and sealed with the Arms, "A cross over a bendlet".  (Burke, John:  A Genealogical and Heraldic History of the Commoners of Great ..., Volume 1)

The shape of the cross seems not to be that formalised. There are instances of a cross flory or a cross patonce and the shield colour is either silver or gold.  Thus the later arms of the Nelsons of Maudesley and Fairhurst, Lancashire, dating at least from 1664 are: Argent, a cross flory sable over all a bend gules as formally recorded in Burke's General Armoury.  However in British History Online we read that Nelson of Fairhurst's arms are: Or a cross patonce sable, over all a bendlet gules. The shield is a different colour and the bend narrower.  (Family heraldry)



The Nelsons of Bedale, Yorkshire, in the person of Abraham Nelson Esq., of Gray’s Inn, one of the Cursitors in Chancery and a Gentleman of the Privy Chamber to Charles II, son of William Nelson, gent of Chancery Lane, also one of the Cursitors in Chancery and grandson of William Nelson gent of Bedale had the other distinctive English arms: Per pale argent and sable a chevron between three fleurs-de-lis, all countercharged. The Nelsons of Grimston near Malton, Yorkshire, bear the same arms.  Crest: a cubit arm quarterly, argent and sable holding in the hand proper a fleur-de-lis per pale argent and sable.  So too do a Nelson (Plymouth Dock) with different crest: A dexter arm in armour, couped and erect proper holding a fleur-de-lis as in the arms.
(Family heraldry)

Joseph Edwin (Ted) Wortley het  in Southport  grootgeword.  Hy was die enigste seun en ook die jongste van die gesin.  In 1911 verskyn sy naam as die 6 jarige, “Eddie” op die censusvorm van sy ouers ingevul is by 39 Warren Road Southport.

1911.  Registration district:  Ormskirk;  Sub-District:  North Meols;  Parish Southport;  County Lanacashire.

Ted was van jongs af vol streke.  As seun het hy ‘n werk as skoonmaker en stuurjonge by een van die plaaslike Algemene handelaarswinkels gehad.  Een van die winkel se gereelde kliënte (‘n vrou) het elke week haar (opgepiepte) hondjie saamgebring, wanneer sy haar inkopies gedoen het en elke keer het die hondjie sy been teen die toonbank gelig.  Dit was Ted se werk om dit skoon te maak.  Eendag besluit hy toe om ‘n 20 l blik oop te sny, plat te maak, aan ‘n battery te koppel en dit daar neer te sit waar die hond elke week sy merk kom maak.  Toe die hondjie weer kom, het hy ‘n elektriese skok gekry toe die piepie die blikplaat tref.  Die dame was baie ontsteld en Ted was in groot moeilikheid.

Katte het saans baie by hulle huis geraas en Ted wou die katte verwilder.  Hy kry toe by iemand ‘n Blunderbuss  (dit is ‘n voorlaaier wat soos ‘n trompet lyk).  Hy laai hierdie wapen met al wat yster en spyker is, en gooi kruit in.  Toe hy die skoot aftrek was daar ‘n geweldige ontploffing en sy ouers kon van elders in die huis hoor hoe goed breek.  Toe sy ontstelde ouers by hom kom, was Ted uit soos ‘n kers, die venster met raam en al uitgeskiet en die waskamer se dak was stukkend geval.

Hierdie huis het ook ‘n steengeboude hoenderhok gehad wat as bymekaarkomplek vir Ted en sy maats gedien het.  Na die Eerste Wêreld-oorlog (1914-18) het die seuns ‘n bom opgetel wat nog kruit in gehad het.  Hulle gooi toe die kruit in ‘n Lyle’s stroopblik, soldeer die deksel toe, maak ‘n gat en sit ‘n lont daarin.  Hulle los toe die blik in die hoenderhok en vergeet daarvan.  ‘n Ruk daarna besluit hulle om die lont aan te steek, terwyl almal rondom die blik staan.  Een van Ted se maats het voorgestel dat hulle liewers ‘n endjie weg moes staan, met die aansteekslag.  Toe die blik ontplof het dit die hele hoenderhok platgevee.  Daar was oral dooie hoenders.

Cyrus was ‘n opregte, korrek-Victoriaanse man met vaste waardes.  Ted en sy maats het ‘n hele klomp geld bymekaargemaak deur te dobbel.  Sy pa het op die geld afgekom en toe Ted by die huis kom, het hy vir hom gevra waar die geld vandaan gekom het.  Ted het erken dat dit dobbelgeld was.  Cyrus het die blik toegemaak en in ‘n dam gegooi.  Ted en sy maats het in die dam gaan duik op soek na die geld.  Terwyl hulle besig was, het ander mense daar aangekom vir ‘n piekniek en aangesien hulle kaal in die water was, moes hulle in die dam bly totdat die mense weer vertrek het.  Hy het ‘n verkoue gekry, maar nooit weer die geld nie.

Toe Ted 15/17 jaar oud was, was daar mense wat lede vir die Royal Canadian Mounties kom werf het.  Ted was nog op skool en ‘n jaar te jonk om aan te sluit.  Hy jok toe oor sy ouderdom, sluit aan en hulle aanvaar hom.  Hy het instruksies ontvang van waar om die skip na Kanada te kry.  Hiervan het hy niks aan sy ouers gesê nie en het soos gewoonlik skooltoe gegaan.  ‘n Ruk daarna het die polisie kom aanklop en wou vir Ted in hegtenis neem omdat hy dan sou gedros het.  Vir hierdie avontuur van hom moes sy pa ‘n stewige boete betaal.

Die 23 jarige Ted trou in 1927, Preston Methodist  Ribbleton  Ave,  Lancashire  met  Alice  Nelson. 

Ribbleton Avenue Methodist Church

Preston, Lancashire.  Teen 1901 het daar byna 120 000 mense in Preston, ‘n vinnig groeiende industriële dorp, gewoon.  Die eeu-oue katoenindustrie het getuimel na die einde van die Eerste Wêreldoorlog in 1918, wat tot die styging van werkloosheid in Preston gelei het.  Nuwe industrieë het in Preston begin in die tussen-oorlogse jare, wat die swaarkry wat deur die val van die katoen industrie veroorsaak is, verlig het.  Die maak en ontwerp van elektriese goedere en die boubedryf het ‘n oplewing gehad, toe byna 3000 council huise tussen 1920 en 1939 gebou is.  Ongeveer 1 500 huise was vir private verkoop gebou. (http://www.localhistories.org/preston.html)  




Alice se van was defnitief Nelson, aangesien dit so op haar huwelikinskrywing, sowel as op Harry se geboortesertifikaat voorkom.  Haar naam word egter as Johnson aangegee op Cynthia se geboortesertifikaat.  Vernon het voor sy dood gesê dat sy ma Elizabeth (Alice se suster) se nooiensvan Johnson was.  Tot op hede kon ons nog nie uitklaring kry oor die verskil in van, van die twee susters nie, ook nie waarom Alice later die Johnson van as haar nooiensvan gebruik het nie.  Dit is moontlik dat Alice se moeder ongetroud was toe sy gebore was en dat haar ma daarna met Johnson getroud was, voordat haar suster Elizabeth gebore is.



























Ted en Alice het na hulle troue in die dorpie Cheadle in die Cheshire distrik gaan woon.  Alice was ‘n skoonmaakster (char) vir een van die welgestelde families in die area.

The town, Cheadle, from the south-east, 1927  (Britain from above)












Tram op Cheadle High Street
   







Cheadle, geleë in die historiese distrik van Cheshire, is ‘n sub-distrik in die distrik Stockport.  Cheadle lê omtrent 13 myl oos van Newcastle under Lyme.  Die Cheadle gemeente sluit ook die townships van Cheadle-Bulkeley en Cheadle–Mosely en die dorpie Handforth-cum-Bosden in.  Dit het 'n stasie en 'n poskantoor onder Manchester.  (http://www.visionofbritain.org.uk/place/819)  Dit was ‘n klein markdorp, geleë in ‘n laagte langs die klein Teanrivier en dit is omring deur hoë heuwels en daar was verskeie steenkoolmyne wat die inwoners van steenkool voorsien het.  Baie van die inwoners was werksaam in die katoenindustrie en sy meule.  Na die Eerste Wêreldoorlog (1914-18) was daar trein en busdienste uit Cheadle uit na ander dorpe.  Cheadle lê WSW van Stockport.  Stockport is ‘n dorp in Greater Manchester, Engeland.   Dit lê teen ‘n hoogte, 7 myl (11 km) suid-oos van die Manchester middestad, op die punt waar die Goyt en Tame riviere bymekaarkom om die Mersey rivier te vorm. Histories het die grootste deel van die dorp in Cheshire geval, terwyl die area na die noorde van die Mersey in Lancashire was.

(http://www.visionofbritain.org.uk/place/662)

Met Harry se geboorte in 1932 was Ted ‘n commercial motor driver wat in 5 Freemantle street UD, Stockport distrik gewoon het.  A commercial vehicle is any type of motor vehicle used for transporting goods or paid passengers. The European Union defines "commercial motor vehicle" as any motorised road vehicle, that by its type of construction and equipment is designed for, and capable of transporting, whether for payment or not: (1) more than nine persons, including the driver; (2) goods and "standard fuel tanks".  (https://en.wikipedia.org/wiki/Commercial_vehicle)


5 Fremantle St, Stockport

In die Commercial Motor Archive van 1930 verskyn die volgende brief geskryf deur ‘n commercial motor driver:

The Editor, THE COMMERCIAL MOTOR.
[3251] Sir,—It appears to me as a commercialvehicle driver that under certain clauses in the new Road Traffic Act which come into force next year we shall find ourselves in an awkward position. it will require the evidence of only one police officer to convict us of dangerous driving or anything else he thinks fit with which to charge its.. This may involve heavy fines and, worse still, the probable suspension of our licences which means the stoppage of our means for living.  The chief trouble will be that magistrates almost always accept the word of a police officer against that of anyone else, and with no class of man is there an absolute guarantee that the complete truth will be stated or the facts not distorted in some way.  I have come to the conclusion that it is high time that we formed some protective association of commercial-vehicle drivers. For a. comparatively small annual subscription we could be provided with expert legal assistance in any case which warranted it I wonder if other drivers would be interested in the formation of such an association? OLD READER. High Wycombe.  (http://archive.commercialmotor.com/article/18th-november-1930/63/opinions-an)

Ted het baie van motorfietse gehou.  Hy het soms vir Harry as kind, agterop die motorfiets laat saamry.  Harry het laterjare vertel dat Ted baie vining gery het en ook laag om die draaie gegaan het, sodat hy baie bang was.  Ted het ook resies gejaag op die Isle of Man.  The Isle of Man,  anders net as Mann bekend, is 'n self-regerende British Crown Dependency, geleë in die Ierse See tussen die eilande van Groot-Brittanje en Ierland.  Die belangrikste internasionale gebeurtenis wat verband hou met die eiland, is die Isle of Man Tourist Trophy race, wat in 1907 begin het en wat in omgangstaal bekend is as "Die TT”.  Dit vind aan die einde van Mei en vroeg in Junie plaas.  The TT is now an international road racing event for motorcycles, which used to be part of the World Championship, and is long considered to be one of the "greatest motorcycle sporting events of the world".  Dit  word oor 'n tydperk van twee weke gehou.  It has become a festival for motorcycling culture, makes a huge contribution to the island’s economy and has become part of Manx identity. For many, the Isle carries the title "road racing capital of the world".  The Manx Grand Prix is a separate motorcycle event for amateurs and private entrants that uses the same 60.70 km (37.72 mi) Snaefell Mountain Course in late August and early September. Wikipedia)

Met Cynthia se geboorte in 1938 het die familie steeds in Stockport gewoon.

Stockport – (waarskynlik) ‘n foto van die bowls club waarheen Ted soms gegaan het.

Die Tweede Wêreldoorlog het op 1 September 1939 met die besetting van Poland deur Nazi Duitsland, gevolg deur die oorlogsverklarings van Frankryk en meeste van die lande van die British Ryk en die Commonwealth, begin.  Ted se neef, Enos, het in die Tweede Wêreld-oorlog in Indië, Burna en Malaysia geveg.  Hy is via Suid-Afrika daarheen.  Hy was gek oor die jungle, ten spyte van die oorlog.

Stockport is gedurende die Tweede Wêreld oorlog gebombardeer (1940/41), maar het nie ernstige skade opgedoen nie.  Die ou industrieë het egter agteruitgegaan en later heeltemal verdwyn, terwyl ingenieurswese ‘n belangrike industrie geword het.   (Lambert, Tim:  A brief history of Stockport, Greater Manchester, England.)    Ted was ‘n vlieënier. 1941 J.E. Wortley 2nd Lieutenant.   Gedurende die oorlog het hy ‘n ongeluk oorgekom, wat hom verblind het.  Die skade kon herstel word, maar hy kon nie weer vlieg, aangesien hy nie meer 20/20 visie gehad het nie.

*P.J. Leighton;  F.W. Allen;  P.W. Davis;  D.I. McCormic;  R. Pearson; C.R. Levy;  J.M. Cunningham;  D. Robertson;  R.G.  Lappin;  L.W. Gault;  E.W. Polson.
*G.M. Holmes;  E.R. Plank;  W. Stephenson;  R.G. King;  L. Fitzsimmons;  A.E. Lambert;  A.F. Raven;  S. Hill;  J. McDermott;  A. Moodie;  J.G. Dineen;  V.A. Garland;  W. France;  D.T. Parker.
*R.S. Gosnold;  R.E. Vigars;  A.G. Shayler;  H. Holt;  T.K. Harper;  C. Barnes;  J.W. Trussler;  J. Forrester;  R.G. Barnes;  N. Schofield;  A.W. Oyler;  T. Fraser;  C.R. Batcup;  S.R. Evenson;  R.W. Stoneman.
*H. Ashwell;  E.F. Hughes;  R. Catlin;  C. McDonald;  J. Brookes;  CPL. G.E. Chambers;  F/O. G.W. Stocker;  LDR. J.J.F. Penninx;  SGT. B.R. Cleverly;  J.E. Wortley;  E.B. Bradley;  F. McCaig;  R.J. Jones;  R.F. Jacks;  F.B. Firth.

Ted het in Engeland en in Frankryk geveg.  Hy was betrokke by die inval van Normandy in 1944. The Battle of Normandy was fought in World War II in 1944.  It was fought by the Allied forces against Germans.  It was the largest invasion by sea in history. Almost three million troops crossing the English Channel from England to Normandy in then German-occupied France. The goal for the first 40 days was to capture Caen and Cherbourg. Then Brittany and its Atlantic ports would be captured. Next, the Allies would go 125 miles (190 km) to the southwest of Paris. The Allies would then control the land between the rivers Loire in the south and Seine in the northeast. (https://simple.wikipedia.org/wiki/Operation_Overlord)


Voorrade is per vragmotor aangery.  The consentration camps were liberated by the Allied and Soviet forces between 1944 and 1945.  Bergen-Belsen by the British on April 15, 1945.  Some 60,000 prisoners were discovered at Bergen-Belsen by the British 11th Armoured Division, 13,000 corpses lay unburied, and another 10,000 died from typhus or malnutrition over the following weeks. The British forced the remaining SS guards to gather up the corpses and place them in mass graves.  (Wikipedia)  Ted was deel van die Britse manskappe wat die mense in Bergen-Belsen gehelp het.  Hierdie gebeure het ‘n groot impak op hom gehad.  Sy vrou het hom beskryf as:  a changed man.  Dit was ook vir hom moeilik om hieroor te praat.

Landing supplies at Normandy.  (https://simple.wikipedia.org/wiki/Operation_Overlord)

Rantsionering in Brittanje het reeds in September 1939 begin, toe petrol gerantsioneer was.  Soos die oorlog voortgegaan het, het rantsionering strenger en strenger geraak.  Die mense is van koeponne voorsien en almal was sekere winkels toegesê, waar hulle kon gaan vir hulle rantsoene.  Merke was aan die koeponne gebring om aan te dui dat die mense reeds hulle rantsoene ontvang het.  Sommige van die winkels het hierdie merk met potlood gemaak. Almal wie se koeponne met potlood gemerk was, het by die huis die merk uitgevee en na een van die ander toegelaatde winkels gegaan en weer rantsoene gaan haal.  So het dit aangehou,  totdat die koepon met ink gemerk was, of totdat dit te dun uitgevee was om dit weer gebruik te word.  In Januarie 1940 was botter, suiker, spek, ham en tee gerantsioneer.  Teen 1941 was konfyt, marmalade, kaas,  eiers en melk.  Rantsionering het erger geraak in 1942.  Die hoeveelheid kos wat ‘n person, gedurende die oorlog toegelaat was om te ontvang, het gewissel.   However you were typically allowed 3 pints of milk a week (sometimes only 2). You were allowed 1 egg a week (sometimes 1 every 2 weeks), 50g of tea and 225 of sugar. You were also allowed 350g of sweets every 4 weeks.  (http://www.localhistories.org/secondlife.html)

A close-up of a page from a 1945 ration book.   (Photograph: Hulton Archive/Getty Images)






Vanaf Julie 1941 was klere ook gerantsioneer.  Mense moes hulle coupons spaar om klere te kan koop.  Materiaal was skaars, so rompe het korter geraak en mense was aangemoedig om klaar te kom met wat hulle het en om herstelwerk aan hulle klere te doen.  Vroue het sykouse gedra, maar dit was skaars en sommige vroue het hulle bene laat sonbruin raak en het dan ‘n seam opgeverf.  Klere was gerantsioneer tot in 1949.  (Lambert, Tim:  Daily life in Britain during the Second World War)

Tweede wêreld oorlog medaljes wat aan Ted toegeken is.

Die streng rantsoenering van kos, werk wat skaars was en die algemene swak lewensomstandighede het gelei daartoe dat Ted en sy familie in Maart 1947 besluit het om na Rhodesia te emmigreer, soos wat baie ander Britte in daardie tyd gedoen het. Ted en Harry het per trein na London gereis, na Parys gevlieg, oornag gebly, na Braggaville in die Kongo gevlieg, oornag gebly en daarna Salisbury toe met die trein gereis.

For many years the Benguela Railway had linked Lobito Bay, the great natural harbour on the Atlantic coast of Angola (Portuguese West Africa), with the fertile plateau of that colony. In 1929 the railway was extended across a barren region aptly called the "Hungry Country" to the border of the Belgian Congo. In 1931 the Belgians extended their railways in the copper belt to link with the Benguela Railway at the border near the township ol Dilolo, and the new route was opened.  Thus it is now possible for the traveller from Europe to land from a liner at Lobito and to travel by train across Portuguese West Africa, cross the border into the copper belt of the Belgian Congo, and then cross the border into Northern Rhodesia at Sakania and travel to Bulawayo.  (Mike’s railway history:  a look at railways in 1935 & before.  Across Africa by rail)

Harry het die reis na Rhodesia as ‘n avontuur, maar ook as oorweldigend beskryf.  Die woud het ‘n tonnel gevorm waardeur die trein geloop het.  In die tyd wat hulle apart gewoon het, het hulle baie briewe aan mekaar geskryf.  Die adres wat Alice opgegee het was 69 Cross Hall Brow, Latham Nr. Ormskirk.  Alice en Cynthia het eers op 19 Julie 1947 met die skip Indrapoera uit die hawe van Southhampton vertrek om via Kaapstad by hulle in Rhodesia aan te sluit.

The ship was launched in March 1925, named Indrapoera, a volcano on the island of Sumatra.  Seven water-tight bulkheads separated the eight compartments built into the ship. Nine lifeboats and one motor boat and a doubled hulled bottom were part of the safety features.  The electric power station supplied current to three 5-ton and eight 3-ton electric winches, the steering engine, 3,000 lamps, 375 fans and various appliances including those in the pantries, kitchens, laundry rooms, surgery, barber shop, wireless station etc. All passenger cabins were electrically heated. Should the main engines fail a separate generater set located on one of the upper decks could supply emergency power.  From February 1926 to September 1939 the Indrapoera made fifty five round trips on the Rotterdam - Batavia (Djakarta) route. The route varied little; Rotterdam, Southampton, Tangiers, Marseille, Port Said, Suez Canal, Columbo, Sabang, Singapore and Batavia followed by a fill-in trip to Surabaya. The return route was the same, the round trip took about seventy seven days covering 18,000 nautical miles.  Occasional diversions were made to carry emigrants to South Africa.  (indrapoera sulzer powered ships)


Passenger Lists leaving UK 1890-1960 Transcription:

First name(s) ALICE
Last name WORTLEY
Gender Female
Age 42
Birth year 1905
Occupation HOUSEWIFE
Departure year 1947
Departure day 20
Departure month 7
Departure port SOUTHAMPTON
Destination port CAPE
Destination CAPE
Country SOUTH AFRICA
Destination country SOUTH AFRICA
Ship name INDRAPOERA
Ship master's first name K
Ship master's last name OASTING
Shipping line ROTTERDAM LLOYD
City SOUTHAMPTON
Ship destination port CAPE
Ship destination country SOUTH AFRICA
Ship registered tonnage 10824
Number of passengers 351
Record set Passenger Lists leaving UK 1890-1960
Category Travel & migration
Record collection Passenger lists
Collections from Australasia, Great Britain, Ireland, United States
Transcriptions ©

Gedurende 1948 het meer as twee derdes van die totale aantal Rhodesiese immigrante  Salisbury of Bulawayo as hul bestemming verklaar.  The majority of today’s immigrants therefore appear to have an urban outlook.  The populations of Salisbury and Bulawayo together amount to about half the European population of the Colony.  The same trend to the town was observed in 1947.  Out of 5800 adult male immigrants in 1947 (excluding R.A.F. personnel), 554 only declared for farming occupations, or just over 9 %.  In 1948 the largest proportion of immigrants (1052 males) went into building and construction.  Although this reflects the most pressing need in the Colony at the moment, viz, the need for more houses, it would appear that, at some future date when construction begins to meet requirements, it may be necessary to restrict immigration of building artisans in order to avoid flooding that section of the labour market.  Excluding R.A.F. and other service personnel, the total immigration for 1947 and 1948 amounts to about 26 000.  So far as the economy of the Colony is concerned, however, the additional 4000 service personnel may be regarded as semi-permanent inhabitants, since the number residing here is likely to remain fairly constant.  (Murphy, Philip:  Central Africa: Closer Association 1945-1958, Volume 9.). R.A.F. = Royal Air Force.

Rhodesia het ‘n klein stukkie Brittanje in Afrika geword.   Ted het eers in QueQue gewerk.  Que Que, vandag as Kwekwe bekend, is ‘n stad in sentraal Zimbabwe in die Midlands provinsie.  Ongeveer ewe ver van Harare na die noordooste en Bulawayo na die suidweste.  Que Que was in die laat 19de eeu as ‘n goudmyndorp gestig.  Die dorp is op die Zimbabwe se Highveld op 'n hoogte van 1220 meter (4000 voet) bo seevlak geleë. Dit is in die trope, maar sy hoë hoogte bo seespieël verander dit na 'n warm klimaat. Die gemiddelde jaarlikse temperatuur is 19 ° C (66 ° F).  Net soos die Hoëveld, is die somers lank, maar nie warm nie, want die temperatuur hang af van die bewolktheid en indirek hoeveel reën ontvang is. Droogte jaar is warmer as natjare. Die klimaat is warm en nat gedurende die somer reënseisoen, vanaf middel November tot middel Maart, met koel, droë weer vanaf Mei tot middel-Augustus in die winter seisoen, en warm droë weer vanaf Augustus tot middel November. Winters word hoofsaaklik gekenmerk deur hul koue nagte, met 'n gemiddelde minimum temperatuur van 7 ° C (45 ° F), en is die sonnigste tyd van die jaar.






J. McPherson beskryf Que Que soos volg in die Bulawayo Technical School Magazine (1950) Que Que as it is To-day.  “Que Que has grown very considerably from the small farming and mining community it once was.  This development is largely due to the now well-known Que Que Steelworks, which have been started almost from scratch in a wide valley fourteen miles from the town.  Just before reaching Que Que from Bulawayo you pass some pleasant farms and the Roasting Plant, which has been part of the life of Que Que for many years.  The first thing about Que Que that strikes you is probably the small, bright, well-designed station, with its tidy and colourful flower-beds laid out along the station platform.  Then when you walk through the large garden behind the station, you get your first view of the town itself.  On your left lies Raylton, where the railway employees are housed, and on your right is a small tree-filled park, where the Royal Family inspected school children in April 1947.  In front of you can be seen a hotel on one side and a garage on the other, flanked by other buildings.  Then you walk up the main street, which is lined with small, privately-owned shops, till you arrive at St Stephen’s Church, where the road forks.  The right fork of the road leads to the Globe & Phoenix Recreation Hall and to the G. & P. Mine itself.  The hall, besides being the only bioscope that Que Que possesses at present, is used for many and varied functions.  Below it is another park, in wich is tucked away, almost forgotten, Que Que’s very first cemetery.  The town has only one school, which ranges from kindergarten to Form III.  It has a large, modern hospital some distance away from the eastern side of the railway line.  Near this has sprung up a new suburb composed of pise-de-terre houses, which have a life expectancy of 15 to 20 years before they are demolished.  Que Que obtains its water supply from the Cactus Poort Dam, some fifteen miles along the Gwelo road.  Light industry in the town is growing rapidly;  besides the Government Roasting Plant and the Que Que Lime Works, which are situated near the Steelworks, there are also factories for furniture, sweets and miniral-water bottling.  Despite its progress, Que Que is still quiet and leasurely and, with its uncrowded streets and unostentatious shops and houses, it is in many ways typical of all small Rhodesian towns.” (Vol. III. No 3)

Ted was steeds vol streke.  Hy het eenkeer in ‘n kroeg vertel dat hy ‘n groot hoeveelheid gwano ontdek het en dat hy beleggers soek om die gwano uit te haal.  Daar was tot so ‘n mate belangstelling onder die kroegmanne, dat die storie in die koerant beland het.  Die belangstellendes is saam met hom in die bos in, tot by ‘n grot waar die “beleggers” skaars ‘n bakkievrag hoeveelheid vlermuismis gevind het.  Sy vrou, Alice was baie in die verleentheid hieroor.

Ted was ‘n baie impulsiewe man.  Op geleentheid was hy en Alice êrens heen oppad.  Dit was alreeds skemer toe hy ‘n bok gewaar.  Hy het vir Harry gevra om vir hom die geweer aan te gee en is toe agter die bok aan.  Toe dit later donker was en hy nie na die motor toe terugkeer nie, het Alice en Harry na hom gaan soek.  Hy het ‘n ent van die kar af, in ‘n gat geval en kon nie uitkom nie.  Hy het ‘n paar gebreekte ribbes gehad, sodat hulle hom hospitaal toe moes neem.

Hierna het hulle na Selukwe toe getrek.  Selukwe is ongeveer 350 km suid van Harare geleë.  Dit word as een van die mooiste plekke in Zimbabwe beskou. Remember Selukwe,a one horse town with the Grand Hotel, opposite the only Chemist, in the main road running through the town. (Memories of Rhodesia)   Selukwe main street

Hier het Ted ‘n Algemene Handelaarswinkel bestuur.  Hy was ‘n baie goeie verkoopsman.  In die winkel was daar ‘n hele aantal fietse, wat vantevore nie wou verkoop nie.  Ted het binne ‘n baie kort tydjie al die fietse aan die swart mynwerkers verkoop.  Hy was ‘n ware gladdemond.  Op ‘n stadium was hy ook ‘n ambulandbestuurder.  Op 8 Februarie 1951 word Joseph Edwin se adres as P.O. Box 59, Selukwe aangegee.

Handtekeninge van Joseph Edwin

Ted en Harry het ‘n kopererts claim gehad wat hulle oor naweke gewerk het.  Hulle het plofstof gebruik om die erts los te maak.  Harry het ‘n skietlisensie gehad. Hulle het ook Berryl gemyn.  Ted het eenkeer besluit dat die manier waarop hulle die Berryl uitgehaal het, te lank neem en het voorgestel dat daar meer plofstof gebruik word.  Met die groter ontploffing het die Berryl so ver verspreid weggeskiet dat dit baie langer geneem het om dit bymekaar te maak.  Hulle het toe die Berryl in ‘n 44 galon drom gesit.  Toe die drom vol was, het hulle besef dat dit te swaar was om te beweeg en moes hulle dit in klein hoeveelhede op ‘n slag uit die veld uit dra.

Ted het hierna in Salisbury (Harare) as verkoopsman gaan werk.  Salisbury was die hoofstad van Rhodesië en was in 1890 gestig.  Die huis wat hy gekoop het, was net ‘n rondawel op ‘n kaal erf van ongeveer twee akker in die buitewyke van Salisbury.  Mettertyd het hy aangebou en so ‘n volwaardige huis gehad.  Die rondawel het later as een van die slaapkamers gedien.

Alice het min simpatie met Ted en sy eskapades gehad.  Een keer het hy op ‘n 44 gallon drom gestaan wat geroes was, terwyl hy geute geverf het.  Toe hy deur die drom val, het dit die vel van sy bene af gestroop.  Alice het net gesê:  Serve him right for farting up a drum.  Sy moes al moedeloos gewees het vir sy streke, want sy het nooit andersinds gevloek of kru-taal gebruik nie.

Ted wou ‘n motorafdak bou.  Toe hy by die hardewarewinkel kom, sien hy dat die planke wat hy vir die motorafdak nodig het, te lank was.  Hy breek toe die agterruite van die motor uit, om die planke daardeur te steek.  Alice was baie kwaad.  Die motorafdak was in elk geval nie suksesvol nie, aangesien die pilare skeef gebou was.  Hy het dit reguit probeer pleister, maar die pleistering het afgeval.  (Storie deur Richard Wortley vertel soos oorgedra aan hom deur sy ouma Alice).  Links:  Cynthia en Ted by die motor met sy uitgeslaande ruite.



Toe Ted in 1956 siek raak, het hy nie daarteen geveg nie.  Hy het gesê dat hy nie gesond sal raak nie en het net handdoek ingegooi.



Op 12 Februarie het Ted van een van die tropiese siektes gesterf.  Ten tye van sy dood is Ted se adres as 136 Hopley Avenue Athlone, Salisbury aangegee.   Die laaste keer wat Harry en sy gesin by sy ma by hierdie adres gaan kuier het, was in 1968.  Hierdie huis is in die 70er jare verhuur, nadat Alice Marandera toe getrek het.

FAMILYSEARCH:  Zimbabwe, death notices, 1904-1976, Salisbury death notices 1956, vol. 149, image 235.


V.l.n.r Stella (Vernon se vrou), Aunty Lizzie, Vernon en Harry by Ted se graf

Na Ted se dood in 1956, het Alice weer in 1960 met John Burdett, geb. 23/01/1902, s.v. Edward Schwerin Burdett Burdett en Lydia Mabel NN, getrou en het hulle in Salisbury gewoon tot ongeveer 1980, waarna hulle na Marandera getrek het.


Die huis in Marandera by Harare

John Burdet was in Ladysmith, Natal gebore.  John was een van ‘n groot gesin.  Hulle het met ‘n ossewa na Rhodesia verhuis.  As kind het hy masels gehad, wat hom doof gelaat het.  Hy het himself leer lees en skryf.  Al sy broers en susters het in Rhodesia gewoon.  Sy pa was een van die grootste, rykste en welbekendste tabakboere in Rhodesia.  Hy was die enigste een uit sy familie wat nie geboer het nie. In 1888, Cecil Rhodes, spearheading British commercial and political interests in Central Africa, obtained a mineral rights concessions from local chiefs. In the same year, Northern and Southern Rhodesia, now Zambia and Zimbabwe, were proclaimed a British sphere of influence.  (Wikipedia)  John het landmeterwerk vir die myne gedoen en het monsters van rots geneem om getoets te word vir koper/yster/goud, ens.  Hy het op ‘n stadium ook help bou aan ‘n waterpyplyn in ‘n bergagtige deel van Zambië.




















John Burdett en Alice (Nelson) Wortley



Alice was ‘n bedrywige vrou, sy het wonderlike aarbeikonfyt van aarbeie uit die tuin gemaak.  Sy was ‘n streng vrou, maar nooit kwaad nie.  Die reël was dat kinders nie met hulle elmboë op die eettafel mog sit nie.  Sy het nooit niks gesê nie.  John het net die arm op die rand van die tafel gekap, sodat die kinders kon leer om dit nie te doen nie.

Niemand het met Alice gesukkel nie.  Eenkeer het sy vir Esten, die houseboy, wat ook ‘n baie goeie kok was, na die slaghuis gestuur om vleis te gaan koop.  Toe hy met die verkeerde vleis by die huis kom, wou sy weet waarom.  Esten het vir haar gesê dat die slagter vir hom in die agterkant van die slaghuis laat wag het terwyl hy eers sy ander kliënte bedien het.  Teen die tyd wat hy bedien is, was dit al vleis wat oor was.  Hierna het sy self na die slagter gegaan en sy kop so goed gewas, dat Esten daarna altyd eerste bedien was.

John Burdet was baie lief vir sy doppie brandewyn en hy het ook groot hoeveelhede bier gedrink, wanneer hy Saterdae sy gehoorstuk afgesit het en op die stoep sy koerant gelees het.  Hy was egter nooit dronk nie.  Een aand het hy besluit om sy brandewyn na die eettafel toe te bring.  Alice het net haar voet daaroor neergesit.  Hy staan toe op en gooi die brandewyn by die venster uit.  Hy was baie goed vir haar en baie knap met sy hande.

Alice het met arthritis gesukkel.  Sy was bedlêend in 1978/79 toe hulle in die Kaap gaan kuier het.  Sy het ook ‘n heart scare gehad en was in die hospitaal in Somerset-Wes opgeneem.  Op daardie stadium kon sy amper nie meer skryf nie.  Sy was baie lief vir haar roostuin en haar huis was altyd vol rose.  Na haar dood op 29/12/1980 is haar as in haar groot roostuin in Salisbury gestrooi.

John het in ongeveer 1983 in die Kaap gaan kuier.  Hierna het hy ‘n beroerte aanval gehad.  Hy was ‘n baie taai man en niemand het daarvan geweet, totdat die dokter dit genoem het nie.  Tot op daardie stadium het hy die Greenkeeping by die rolbalclub gedoen.  Hy is in ongeveer 1984/85 in Rhodesia oorlede.

Kinders:

o.1.  Harry Beresford,  geb. 31/10/1932, Stockport, Lancashire,  Engeland, oorl. 24/09/1997, Kaapstad, trou 06/02/1960,  Selukwe, Rhodesia,  met Jeanne RITCHIE, geb. 09/03/1939, Brakpan, Suid-Afrika, oorl. 12/07/2012, Bexley Heath, Engeland, d.v.  Joseph Ritchie van Engeland en Eva Pricilla Stewart van Australië.

o.2  Cynthia Mary, geb. 16/06/1938, Stockport, Lancashire, Engeland x Ronnie REID (geskei) xx Glenn James HOGBEN, geb. 11/11/1927,  oorl. 22/06/2005.