Edward WORTLEY, ged. c. 1520

Edward Wortley,  ged. c. 1520, Kirkburton, Yorkshire, Engeland x 18/01/1545 Kirkburton, Yorkshire, Engeland met Alice OLDEFELDE.

18 Jan 1545:  295. M. It. Edwardus Wortelay et Alicia Oldefelde fuerunt matrimo lit copulati eodem die.  (Collins, Frances Anne, ed.:  The Parish registers of Kirkburton, co York.  Vol. I. 1541—1654. 1887)  Edward Wortelay en Alice OLDEFELDE is op dieselfde dag getroud.

Edward Wortley het in die regeringstyd van Koning Henry VIII ( r.1509-1546);  Koning Edward VI (r.1547-1553), Koningin  Mary I (r.1553-1558) en Koningin Elizabeth I (r.1558-1603) geleef.  Gedurende die 16de eeu het die wolindustrie gekonsentreerd geraak in Wes-Yorkshire.  Die gemeente van Leeds het floreer en sy bevolking het vinnig gegroei. Dit het ook met Wakefield en Halifax voorspoedig gegaan as gevolg van die materiaalhandel.  Sheffield het groter geraak en die dorp was reeds bekend vir sy eetgerei.  Landbou het floreer en die bevolking van Yorkshire het gegroei.  In 1536 het Henry VIII die kleiner kloosters gesluit.  Dit het oproerigheid uitgelok wat in Lincolnshire begin het en na Yorkshire versprei het.  Dit is bekend as die Pilgrimage of Grace.  Henry VIII het daarin geslaag om die rebelle af te weer deur verskeie beloftes, wat hy nie gehou het nie, te maak.  Daarna het Engeland 'n Protestantse land geraak, alhoewel sommige mense in Yorkshire steeds Katolieke gebly het.  (Lambert, Tim:  A brief history of Yorkshire, England.  http://www.localhistories.org/yorkshire.html)

Oldefelde: This name is of Anglo-Saxon origin, and is locational from any of the various places thus called, for example, Oldfield in Yorkshire, Worcestershire and Cheshire. The surname was first recorded in the early half of the 13th Century, and other early recordings include: Adam del Oldefeld, who appeared in the 1297 Subsidy Rolls of Yorkshire, and Ricardus de Oldefelde, recorded in the 1315 Hundred Rolls of Gloucestershire.  A Coat of Arms granted to a family of the name from Chester is a silver shield, on a red bend three crosses pattee fitchee of the field, the Crest being out of a gold ducal coronet, a demi wivern, wings displayed silver. The Motto, "In cruce vincam", translates as, "I shall conquer in the cross".  (The Internet Surname Database)

Edward Wortley was ‘n husbandman.  ‘n Husbandman was ‘n kleinboer wat waarskynlik sy plaas gehuur het, maar hy kon ook die eienaar van ‘n kleinhoewe wees, wat addisionele grond bygehuur het.  Husbandmen het soggens om drie-uur saam met hulle diere opgestaan.  Hul stapel dieët was brood, bier en soms vleis.  Groente het nie 'n groot deel van die Engelse dieët uitgemaak nie.  Wat hom van ‘n yeomen onderskei, is die feit dat hulle plase normaalweg deur familielede gewerk is en dat hulle selde meer as vir eie gebruik verbou het.  Daar was dus nie surplus om op die mark te verkoop nie.
  
(Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

Die term husbandmen was egter op ‘n wye verskeidenheid boere toegepas.  Dit het boere, wat vyf akker graan gesaai het en slegs ‘n handjievol diere gehad het, en wie se plase waarskynlik nie voldoende produkte of inkomste verdien het om 'n volle huishouding te onderhou nie, ingesluit.  Maar ‘n husbandman kon ook ‘n groot, voltydse boer wees.  (Zell, Michael:  Early Modern Kent, 1540-1640).  The average farm might consist of twenty or thirty acres.  Some ground was good for wheat, some for rye, and some is good for both; and upon that ground sow blend-corn…which is the surest corn of growing and good for the husbands household.  Plouging might be done by oxen or horses.  (Cooper, Stephen:  When night-dogs ran.  A Yorkshire Poacher and his family, 1642-1699)

Stooks drying in the fields as they have done for nearly 1000 years!  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

Sommige van die laerliggende grond in Shepley was goed vir die verbouing van gewasse en graangewasse soos hawer, koring en gars, wat dan na die Shepley (Corn) Mill by Corn Mill Bottom geneem is.  Dit is moontlik dat daar in hierdie tyd ook met aartappels geboer was.  Die Mill was deel van die heerskappy van Shepley en verwysing daarna kom al in 1542 voor.  The particular location would be because of water in the Dyke (Fenay Beck) and also because it was alongside the main thoroughfare of Long Lane, leading to Box Ings and Kirkburton, as well as being near Thunderbridge, Stocksmoor and Shelley.  Dit het vir baie jare as Shepley Mill bekend gestaan.  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

(Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

Long Lane was die belangrikste roete na Kirkburton.   Daar was ‘n groot aantal plase in hierdie gebied en daarom was die Shepley (Corn) Mill so belangrik.  Die Mill moes graangewasse soos koring, mielies en gars in meel en veevoer omskep.  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

Some tracks have edges to define pedestrian areas, others have cobbles, especially on inclines such as near Corn Mill Bottom and were laid to help horses grip when struggling to pull their carts up the steep tracks.  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

Vanaf die Romeinse tyd tot die 17de eeu, was riviere belangriker as paaie vir die vervoer van goedere en mense.  Paaie was blote spore wat min verkeer gedra het en reise was dikwels gevaarlik.  Die dorpe, met hul omliggende gemeenskappe was selfonderhoudend. Die Highways Act van 1555 het die verantwoordelikheid vir die instandhouding van die koning se hoofpaaie aan die gemeentes oorgedra.  Each parishioner ‘owning a ploughland in tillage, or keeping a draught (of oxen) or plough’ was liable to supply a cart for 4 days a year for use in road repair. Each able-bodied householder or tenant was required to give 4 days ‘statute’ labour each year (increased in 1691 to 6 days). It was possible to pay a fine to commute this or find a substitute.  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

Die paaie was van gekompakteerde klip gemaak wat vanaf die plaaslike quarries verkry is.  Dit was baie stowwerige wanneer dit droë weer was en aaklig wanneer dit nat was.  Elke gemeente het gruisputte, as materiaal om die paaie mee instand te hou, gehad.  Hierdie gruisputte kan op die ou Shepley kaarte gesien word.  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)   From Tudor times the repair of roads was entrusted to the parishes but the repair work was often unsatisfactory.  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

Hey Moor House in die 1550's aangeteken.  High Moor Lane ('n verdraaiing van Hey Moor?) het vanaf Skelmanthorpe na Hey Moor geloop. The area was still called The Common until recently.  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)  Die roete van Skelmantorpe na Shepley was via Cumberworth, High Moor Lane, Shepley Knoll (Die Knowle) na Hey (High?) Moor.  ‘n Sytak het via Lydgate na die dorp gekom.  Na Cumberworth het ‘n ander roete na Hepworth, via Carr Lane, Cross Lane/Lane Head na Hirst Lane en Hepworth geloop.  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

(http://www.denbydale-kirkburton.org.uk/)

High Moor (Hey Moor) Lane, now Dark Lane  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

Die vroegste ‘customal’ (or list of customs) dateer uit 1638; maar dit het beslis in Edward VI (r.1547-1553) se tyd bestaan, want daar is 'n lys van fines wat gehef is van diegene wat skuldig was aan die verbreking van tradition.  Die customal begin met die Common en die reg om diere daar te laat wei.  Dit bepaal dat daar baie min grond is wat aan die dorp behoort en gaan voort om te verklaar dat our Common ys 'n stynted pasture - wat beteken dat elke person slegs ‘n beperkte aantal diere daar kan sit.  Dit verklaar dat elke persoon knowes his rate & stynte naamlik (1) 'n eenvoudige landbouer: twee diere (beeste) of twee perde, of een dier en een perd (2) 'n boer met 'n ploeg en 'n span osse:  soveel diere as wat hy in die span het, plus ses skape vir elke akker grond wat hy bewerk in die dorpsgrond, met dien verstande dat tussen Mayday en Lammas (1 Augustus) die skape are kept under the hye way of the more leading towardes Whystone commonly called the hye gate or london way.  (Cooper, Stephen:  Those was good lads - a history of tudor Rotherham http://www.chivalryandwar.co.uk/Resource/TUDOR.pdf)   Die meer beskeie husbandman in 1560–80 het tussen 5 en 35 skaap in die gemeenskaplike kudde van die dorp geplaas.  ‘n Volgende groep het 50-100 skaap gehad en die groot kuddemeesters het tussen 100 en 650 skaap gehad.   (Zell, Michael:  Early Modern Kent, 1540-1640)  In 1617 was varke en ganse nie as 'commonable"  beskou nie.  (Cooper, Stephen:  Those was good lads - a history of tudor Rotherham http://www.chivalryandwar.co.uk/Resource/TUDOR.pdf)

Sedert 1536 was Kirkburton vir Shepley verantwoordelikheid en Shepley is steeds deel van die Kirkburton bisdom.  Kirkburton Parish was part of the Dewsbury Ministry. The first Minster Church of All Saints, Dewsbury was built in 627AD.  (Billington, David:  Shepley, Believe it …… or Not!)

Inskrywings uit die gemeenterekords van Kirkburton:

Mei  1552. Thomas Senzor & Johna Wortlay nupt fuerunt eodem die; (Thomas Senzor & Johna Wortlay is op dieselfde dag getroud)

Jul 1557.   1436.   Alicia fiha Johis Haworth baptizat fuit xxiiii die mensis Julii.  (Alice  dogter van Johis Haworth was op die vier en twintigste dag van Julie gedoop.)  John Hepworth godfayar;  Alicia Wortlay & Elsabeth Hepworth godmothers

Op die 3de Januarie 1558 is daar ‘n doopinskrywing van Radulphus Goldthorp en Edwardus Wortlay en John Heppworthe word as peetpa’s aangegee, terwyl Jennytt Hepworth as peetma aangegee word.  Radulphus was die seun van William de Goldthorp en Isabel.

Dit wil voorkom asof die Wortley’s, Goldthorpes en Hepworths noue verbintenisse met mekaar gehad het.

Die Kirkburton gemeente was verskeie kere aan die plague onderheuwig.  Die eerste keer in 1558, was dit grotendeels beperk tot ‘n gedeelte van Burton, Highburton en aangrensende dorpe.  Dit het uitgebrei na Woodsome Mill, die aangrensende gemeente van Almonbury, en 'n paar gevalle het ook in Holm-Firth voorgekom.  Die dorp Kirkburton en sy onmiddellike omgewing, was op daardie stadium die digbevolkste deel van die gemeente.  (Morehouse, Henry James:  The history and topography of the parish of Kirkburton and of the graveship of Holme, Holmfirth in the county of York.)  Die plague het al vroeg in Junie 1558 begin, en het voortgeduur tot in Oktober, waartydens 120 persone gesterf het.  Die eerste inskrywing van die begrafnisse in die kerkregister het op die 11de Junie plaasgevind.  Daarna het een of meer daagliks plaasgevind, tot die 23ste, waarna geen datums meer gegee word nie.  Gedurende hierdie vier maande was daar geen doop of troue aangeteken nie.  (Morehouse, Henry James:  The history and topography of the parish of Kirkburton and of the graveship of Holme, Holmfirth in the county of York.)

Om die omvang van hierdie rampspoedige gebeurtenis werklik te besef, is dit nodig om uit te vind wat die bevolkingsgetal van die gemeente op daardie tydstip was.   Sommige skrywers voer aan dat 'n redelik korrekte skatting gemaak kan word, deur die gemiddelde geboortes of dope vir 'n paar agtereenvolgende jare te neem, en elkeen van hierdie dope met 30 te vermeerder.  Gemeet hieraan was die aantal dope in die gemeente van Kirkburton, vir die vyf jaar voor die plaag, gemiddeld ongeveer 70 per jaar.  Vermenigvuldig dit met 30 gee dit ons 'n bevolking vir die hele gemeente van 2100 persone.  Uit hierdie getal vind ons dat sowat 120 persone (byna ses persent van die hele bevolking ) gesterf het gedurende die plaag in ‘n kort tydjie van vier maande.  (Morehouse, Henry James:  The history and topography of the parish of Kirkburton and of the graveship of Holme, Holmfirth in the county of York.)

Koningin Mary sterf op 11 November 1558 en daar was geen inskrywings in die Kirkburton registers uit hierdie tydperk tot die volgende Maart nie.  (Collins, Frances Anne, ed.:  The Parish registers of Kirkburton, co York.  Vol. I. 1541—1654. 1887)
In 1565 het die plague weer, in die dorp Hepworth in die Kirkburton-gemeente waar die bevolking yl en verspreid was, voorgekom. Die aantal slagoffers van hierdie plaag is nie bekend nie.  (Morehouse, Henry James:  The history and topography of the parish of Kirkburton and of the graveship of Holme, Holmfirth in the county of York.)  Begrafnisse is vir 15 maande tussen 18 Maart 1564-5 en 7 Julie 1566 uit die Kirkburton registers weggelaat.   (Collins, Frances Anne, ed.:  The Parish registers of Kirkburton, co York.  Vol. I. 1541—1654. 1887)




23 Golcar  24 North Crosland  25 Austonley  26 Upper Thong  27 Cartworth  28 Holme  29 Scholes  30 Hepworth  32 Wooldale   53 Emley  54 Shelley  55 Shepley 56 Cumberworth Half  57 Fulstone  59 Eccleshill  60 Kirkburton  (Source: Based upon Fraser C.M., & Troup, K.M. (eds.), Wakefield Court Rolls 1338-1340, Y.A.S. 1999.)




Kinders:

b.1.  Robtus (Robert),  ged. 05/01/1543, Kirkburton, Yorkshire, Engeland.

b.2.  Edward,  ged.  1545, Kirkburton, Yorkshire, Engeland;

b.3.  William, ged. 19/09/1546, Kirkburton, Yorkshire, Engeland. 

b.4.  Thomas, ged. 1548, Kirkburton, Yorkshire, Engeland, oorl. 02/01/1586 (4209 – of Shelley) x 09/02/1565,  Kirkburton met Johana Choldwell (Joan Coldwell), d.v. John and Joan Coldwell.

b.5.  Johes (John), ged.  15/07/1549, Kirkburton, Yorkshire, Engeland, begr. 11/12/1608 (7509) x 09/11/1584 (4032) met Alys Waynwright.

Moontlike dogters van hierdie gesin:

1.  Jenet, begr. 04/06/1606 x 26/10/1579 (3518) met John BOUTH.
Jun    1606.  7163.  Jennet Wortley was buried the iiiith day.

2.  Elizabeth.  (Kinders:  Jarvas, ged. 02/07/1585,  begr. 23/11/1585;  William, ged. 25/02/1588 (4673).  Jan 1587.  4352.  Elizabeth Wortley was buryed the xxviii daye.

3.  Alice, x John HEPWORTH.   (Kind:  Ann, ged. 05/05/1586 (4260)