Familiewapen

Hoewel die heraldiek en familiewapens oorspronklik ‘n simbool van die aansien en status van leidende en vername stande in die samelewing was, het dit met verloop van tyd oor steeds groter wordende lae van die bevolking, ook na ondertoe uitgebrei.  Dit is onder meer om ‘n heel praktiese rede gedoen.  Dit was noodsaaklik om te kon seël.  ‘n Seël wat in lak of was afgedruk kon word, het die betekenis gehad wat ‘n handtekening in ons dae het.  Op die seël moes iets staan en omdat die adel met heraldiese wapens geseël het, het die burgery gou dieselfde gedoen.  Van ‘n aristokratiese standsimbool het die heraldiek amper ‘n volksgebruik geword.  In die sewentiende eeuse samelewing aan die Kaap kon die besit van ‘n familiewapen op familie- en volkstrots dui, want in wapentrots het die republikeinse Hollanders nie by die Middeleeuse wapenbesitters agtergestaan nie.  Dit is bekend dat daar in Nederland ‘n besondere liefde vir familiewapens bestaan het, ‘n liefde wat ook by Kompanjies-dienare tot uiting gekom het.  Die hele Oos-Indiese Kompanjie was taamlik heraldiek bewus.  Die besit van ‘n familiewapen het egter geen sosiale waarde gehad of verhewendheid van stand aangedui nie.  (Cruywagen, Willem Adriaan:  Die Cruywagens van Suid-Afrika:  ‘n genealogiese en kultuurhistoriese ondersoek. Hons. BA (UP), D. Phil. (h.c.)(UP).

In Suid-Afrika bestaan daar ‘n aantal Van der Westhuizen familiewapens.  Die van is afgelei van die dorpe Westerhuis in Overyssel en Gelderland in Nederland.  Die eerste Van der Westhuizen wapen is in rooi met ‘n pelikaan van natuurlike kleur wat sy bors ooppik.  (Cor Pama:  Die Groot Familienaamboek.)


‘n Tweede familiewapen waarvan Gerhard van der Westhuizen die kopiereghouer is toon ooreenkomste met die een hierbo.



Volgens Merwe van der Westhuizen het die volgende wapen al die jare in hulle huis gehang.  Agterop was die volgende beskrywing:

“Daar is etlike plekke Westhuizen in Nederland.  Die familiewapen het sy oorsprong gehad in die dae van die Ridderskap soos aangedui deur die skild en helm.  Die adelaar is altyd ‘n simbool van vryheid. Die akkerboom stel sterkte en ouderdom, asook ‘n simbool van adel voor.  Die “fleur de lys” simboliseer die lelie.”

Die adelaar is die koning onder de voëls en simboliseer mag, adel en weerbaarheid.
Die lelie is 'n simbool vir suiwerheid en maagdelikheid

BETEKENIS VAN KLEURE:
Geel   : Goedhartigheid en verhewe gedagtes.
Blou    : Getrouheid en opregtheid
Swart  : Standvastigheid.
Rooi    : Militêre sukses.”

Die familiewapen van hierdie tak van die van der Westhuizen-familie