b.2. Johan Hendrik LAUFS, geb. 11/11/1842, ged. 11/12/1842

b.2.  Johan Hendrik, geb. 11/11/1842, ged. 11/12/1842, Somerset-Oos, x 1878, Aberdeen met Martha Johanna GERBER.

Johan Hendrik was die seun van Daniël Laufs en Gesina Helena Mattheus.

Kinders van Johan Hendrik en Martha Johanna Gerber:

c.1.  Daniel Matheus

c.2.  Christiaan Josefus Igbertus, geb. 17/09/1880

c.3.  Magdalena Maria, geb. 21/08/1884, ged. 16/11/1884, Aberdeen

c.4.  Gesina Helena, geb. 17/04/1887, ged. 07/08/1887


By die doop van Johan Hendrik was een van die vier getuies wat aangeteken was Johanna Gertruida Laufs, wat sekerlik Daniel Laufs se moeder of suster moes wees, omdat daar toe nog geen ander volwasse Laufs in Suid-Afrika was nie.  (Schultz, Daniel Matheus:  Die Laufs familie in Suid-Afrika)

Johan Hendrik het met Martha Johanna Gerber getrou en hulle het vier kinders gehad toe hulle in 1890 na Rustenburg vertrek het.  Rustenburg is in die huidige Noordwes provinsie geleë.  Noordwes is in 1994 gevorm deur die samevoeging van die ou Wes-Transvaal en die "tuisland" Bophuthatswana.  Die provinsie lewer ’n kwart van die land se goud. Graniet, marmer, vloeispaat en diamante word ook ontgin. Noordwes lewer sowat ’n derde van die land se mielies. Ander belangrike landbouprodukte in die suidelike en oostelike dele van die land is sonneblomolie, vrugte, tabak en katoen. Die westelike en noordelike dele het weer baie skaap- en beesplase.  (http://www.mieliestronk.com/provinsies.html)

(http://www.mieliestronk.com/provinsies.html)