d.1. Hester Cornelia LAUFS, geb. 11/02/1907

d.1.  Hester Cornelia (Hetta),  geb. 11/02/1907, Langklip, oorl. 03/05/1994, Keimoes, x met Andries Adriaan VAN DER WESTHUIZEN, geb. 22/06/1899, Prieska, oorl. 03/02/1985, Neilersdrif, s.v.  Jacobus Hendrik van der Westhuizen en Hendrika Christina Wilhelmina Loots.

Hester Cornelia was die dogter van Daniël Mattheus Laufs en Gertruida Catharina Jooste.

Hetta se ouers het van voor 1907 af op Japie Lutz se grond, Langklip met vee gestaan.  Hier was Hetta in ‘n wa-tent gebore.  As kind was daar aan haar vertel dat sy ‘n bobbejaantjie was, wat hulle agter die koppie naby die wa-tent gevang het, in die seeppot gesit het en haaraf gemaak het.

Hester in Johannesburg by haar niggie (Mattheus) Sy het daar geleer hoe om klere te maak

Neilersdrift begraafplaas