d.2. Maria Margaretha Petronella LAUFS, geb. 12/07/1908, ged. 08/11/1908

d.2.  Maria Margaretha Petronella, geb. 12/07/1908, Lutsputs, ged. 08/11/1908, Upington, oorl. 08/08/1992, Upington, begr. Pretoria, x 24/09/1928, Keetmanshoop, S.W.A., met Johannes Petrus Louw SCHULTZ, geb. 19/09/1897, Rosynebos, dist. Kenhard, oorl. 11/09/1970, Bloemfontein, begr. Bloemfontein.  (By haar doop het Karel Frederik Laufs en Maria Margaretha Petronella Deysel as getuies geteken.)

Maria Margaretha Petronella was die dogter van Daniël Mattheus Laufs en Gertruida Catharina Jooste.

Johannes en Malie Schultz

Johannes Schultz het as kind soms by sy ooms en neefs op die plase gehelp en skape opgepas.  Op die ouderdom van 30 jaar was hy in diens van Jerome Le Riche in Kalkfontein (later Karasburg) as winkelier en dit was hier waar hy vir Malie Laufs ontmoet het.  Hy is in 1928 op Keetmanshoop met haar getroud.  Die gevolge van die Engelse oorlog met sy verskroeide aarde beleid, die rebellie, die runderpes en toe die groot droogte en die groot depressie (1929-1934) het egter hier vir Johannes en sy gesin ingehaal en toe niemand meer iets kon koop nie, is die winkel gesluit.  Hulle het na Boegoeberg verhuis, waar dit bekend was dat Generaal Hertzog se regering ’n besproeiingskema sou oprig om vir die talle verarmde Afrikaners ’n heenkome te bied.  Daar aangekom is Johannes aangestel as “Bosgrawer” en het hulle ’n tent in die Boskamp op Skerpioenpunt as huisvesting, bekend as “Beeskamp, Prieska”,  gekry.  Na die voltooiing van die Boegoeberg besproeiingskema is die arbeiders wat daaraan gewerk het, eerste gekeur om as proefhuurder ’n erf te kry en dan later, as die proefhuurperiode geslaagd was, daardie erf te kon koop.  Aan Johannes is erf nommer 830 toegeken.

Vier seuns is uit die huwelik van Johannes en Malie Schultz gebore:
e.1.  Johannes Petrus SCHULTZ, geb. 09/09/1929, Keetmanshoop, x met Dorothea Carolina Bronner, geb. 24/04/1935. (Twee kinders:  Francina Carolina (Ina);  Johannes Petrus (Hanke).
e.2.  Daniel Matheus SCHULTZ, geb. 18/02/1932, Boskamp Boegoeberg, Distrik Prieska, x 01/02/1958 met Edna Cilliers, geb. 21/09/1936, Twistniet Klerksdorp.  (Drie seuns:  Herman;  Andre;  Gerhard)
e.3.  Frans SCHULTZ, geb. 17/08/1933, Skerpioenpunt, x 28/11/1953 met Anna Cussielia van Zyl, geb. 02/07/1930.  (Vyf kinders:  Johannes;  Anna Cecilia;  Petrus Zacharias;  Frans Van Zyl;  Marius Gerrit)
e.4.  Karel SCHULTZ, geb. 25/07/1935, x 10/08/1957 met Daphne van der Walt, geb. 23/07/1938, hertrou met Susanna Aletta Catharina Venter, geb. 27/11/1944.  (Drie kinders:  Carol;  Patricia;  Leon)