d.2. Maria VAN DER WESTHUIZEN, geb. 17/01/1746, ged. 17/07/1746

d.2.  Maria, geb. 17/01/1746, ged. 17/07/1746, Paarl x 06/11/1763 met Matthias LOTTER, ged. 26/11/1741, s.v. Matthias Lotter en Anna Dorothia Meintjes van den Berg xx met Johannes Hendrik ROUX, geb. 02/05/1742, s.v. Petrus Roux en Sara Mare.

Maria was die dogter van Pieter van der Westhuizen en Johanna van Dijk.

Matthias Lotter se pa, Matthias Lotter was van Augsburg in Duitsland afkomstig.  Hy het in 1734 as adelbors in diens van die H.O.I.K. aan boord van die skip Van Alsen in Tafelbaai aangekom.  Matthias Lotter senior was 'n silwersmid van beroep en in 1735 het hy 'n vryburger geraak.  (Redelinghuys, J.H.:  Die Afrikaner-familienaamboek, Kaapstad, 1955)