d.3. Karel Frederik LAUFS, geb. 16/09/1910

d.3.  Karel Frederik, geb. 16/09/1910, oorl. 14/05/2001, x Johanna BOSMAN, geb. 27/08/1912,  oorl 21/01/1984.

Karel Frederik was die seun van Daniël Mattheus Laufs en Gertruida Catharina Jooste.

Karel Laufs in die ouetehuis op Vredenburg

Vier kinders is uit die huwelik gebore:
e.1.  Daniel Matheus (vroeg oorlede)
e.2.  Koos (waarskynlik Jacobus)
e.3.  Karel Frederik, geb. 24/04/1938, oorl. 29/05/2009
e.4.  Helena

Karel was ‘n baie sterk man toe hy jonk was.  Danie Schultz het vertel dat hy in 1953 saam met hom gaan jag het en dat hy ‘n koedoe koei ‘n entjie teen die hang af was, geskiet het.  Hy het homself blykbaar onder die bok ingewikkel en die bok man-alleen teen die hang uitgedra tot by sy bakkie.

‘n Verdere storie wat vertel word, is dat hy eendag sonder sy geweer by ‘n slagyster aangekom het waar hy ‘n tier (jagluiperd) met sy voorpoot in die slagyster gekry het.  Hy het al om die jagluiperd geloop, totdat hy hom aan die stert beetgekry en teen die hang opgesleep het, terwyl hy kort-kort ‘n klip opgetel het wat hy teen die dier se kop gooi het, totdat hy dood was.

Karel het sy laaste jare in Vredenburg in ‘n ouetehuis deurgebring.

EGGSA
Namibie. Bethanie