d.6. Grieta LAUFS

d.6.  Grieta x Valie ENGELBRECHT

Grieta was die dogter van Daniël Mattheus Laufs en Gertruida Catharina Jooste.


Valie en Magrieta Engelbrecht en hulle kinders

Vier kinders is uit die huwelik gebore:

e.1.   Karel ENGELBRECHT

e.2.   Engela ENGELBRECHT

e.3.   Danie ENGELBRECHT

e.4.   Bennie ENGELBRECHT

Grieta se man was ‘n veeboer in Namibiê.  Hulle oudste seuntjie Karel, was die eerste kleinkind in die Engelbrecht familie.  Hy het eers laat  begin praat en was ook senuwee-agtig.  Soveel so dat, wanneer hy skrik, hy die Grootnaam gebruik.  In die begin was dit oulik, maar later het dit afstootlik geword.  Hetta het peper geneem en as hy so vloek het sy gedreig om dit in sy mond te gooi.  Later was hy so bang vir haar, dat wanneer hy vloek, hy gesê het:  “Hier kom sy alweer met die &@$*# peper”.