g.3. Johannes Mattheus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 28/11/1824, ged. 10/08/1825

g.3.  Johannes Mattheus, geb. 28/11/1824, ged. 10/08/1825, George, oorl. 26/01/1883, George x 27/09/1847, George met  Anna Margaretha Elizabeth OLIVIER, geb. 27/12/1830, Welgevonden, dist. Oudtshoorn, oorl. 12/06/1898, Klipdrift, afd. George, d.v. Gert Cornelis Olivier en Maria Susanna Greeff. 

Johannes Mattheus was die seun van Johannes Diederik van der Westhuizen en Helena Susanna Heijns.

(https://www.wikitree.com/photo.php/b/b8/George_Oliviers-1.jpg)
DG:  Johannes Mattheus Heyns;  Helena Susanna Fourie;  Stephanus Heyns;  Maria Magdalena Meyer.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1858.


Hulle name kom voor in Maria Susanna Greeff se sterfkennis van 1886.

(https://www.wikitree.com/photo.php/0/09/A-Z_Documents_Olivier_Family_Tree-726.jpg)

Gert Cornelis Olivier koop drie jong volstruise van ene Mostert van Beaufort - hy en sy swaer Mattheus van der Westhuizen vang ook wilde volstruise – en so begin ‘n sprokiesverhaal vir die Oliviers. (https://www.wikitree.com/wiki/Olivier-1226)

Volgens Anita Holtzhausen in haar boekie Die geskiedenis van die volstruisveerboerdery was Armaans Potgieter - wat die wilde volstruise geskiet het en die vere verkoop het - se volle name Hermanus Lambertus Potgieter en sy plaas was Rietfontein. Sy noem die volgende boere as pioniers van die volstruisveerboerdery in die Oudtshoorndistrik, tesame met Armaans Potgieter, Johannes Mattheus van der Westhuizen van Bakenskraal en Klipdrift, Gert Cornelis Olivier van Welgeluk, G.W. Olivier van Welgelegen en James Guest van Leeublad.  
https://www.oudtshoorninfo.com/culture.php?id=167&category=22


Voordat die volstruisbedryf in Suid-Afrika posgevat het, is volstruise in Noord-Afrika makgemaak deurdat die inwoners hulle in klein kampe aangehou het om hulle vere te pluk. As die wilde volstruis eers aan die hardloop raak, kan selfs ‘n vinnige perd hom nie inhardloop nie. Deur die volstruise in kampe aan te hou, kon die vere beter benut word. Hulle wou egter nie voortplant in die klein kampies nie. Drie baanbrekerboere uit die Oudtshoorn omgewing, ene Olivier, Raubenheimer en Van der Westhuizen, het hierdie probleem oorkom deur ‘n kleiner aantal volstruise van beide geslagte in groter kampe aan te hou en waar hulle wel gepaar het.  (http://scholar.sun.ac.za/bitstream/handle/10019.1/80206/leroux_historiese_2013.pdf.txt?sequence=3)

(https://www.wikitree.com/photo.php/8/87/A-Z_Documents_Olivier_Family_Tree-597.jpg)

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, GEORGE district, Rural (farm cemeteries) Western Cape, GEORGE district, Zebra, Welbedag 24, farm cemetery WESTHUYSEN J.M., van der 1824-1883

(https://www.wikitree.com/photo.php/2/28/Olivier-1276.jpg)

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, GEORGE district, Rural (farm cemeteries) Western Cape, GEORGE district, Zebra, Welbedag 24, farm cemetery WESTHUYSEN A.M.E., van der nee OLIVIER 1830-1898