h.2. Isaak Petrus Jacobus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 13/05/1863, ged. 23/08/1863

h.2.  Isaak Petrus Jacobus, geb. 13/05/1863, ged. 23/08/1863, Victoria-Wes x 16/02/1891, Prieska met Aletta Catharina Johanna Jacoba STEYN, geb. 07/08/1870, d.v. Johannes Jurgens Steyn en Aletta Catharina Johanna Jacoba Harmse.

Isaak Petrus Jacobus was die seun van Isaak Petrus Jacobus van der Westhuizen en Anna Catharina van der Westhuizen.


In September 1914 het ongeveer 10,000 ontevredenes dwarsoor die land, in afsonderlike groepe, wapens opgeneem in verset teen Louis Botha se besluit om die Unie se mannekrag beskikbaar te stel vir Engeland se oorlog teen Duitsland. Die Rebellie van 1914-15 wat gevolg het was ‘n tragiese tydperk in Suid-Afrika se veelbewoë geskiedenis en was gekenmerk deur onmin tussen bure, familie en vriende. Binne ‘n bestek van 12 jaar na Engeland se vernietigende ‘Verskroeide Aarde’–beleid van die ABO, was daar van die verarmde en verslae Boerevolk in die Unie verwag om met die uitbreek van die Eerste Wêreldoorlog vir Imperiale Engeland te help veg teen Duits-SWA. Duitsland se opkoms in die internasionale politiek tesame met sy industriële groei het Engeland, wat na die ABO afgesonderd van wêreldpolitiek geraak het, bekommer. Benjamin Disraeli het die verskuiwing in magsewewig in wêreldpolitiek soos volg beskryf: “The German revolution is a greater political event than the French Revolution of the last century….”

Vir die Suid Afrikaners was dit ‘n sonde om te veg teen ‘n nasie teenoor wie hulle geen wrok gehad het nie. Hulle het die Bybelversie: “Vervloekt zij, die zijns naasten landpale verrukt!” ter harte geneem. Party is gedwing deur die Unie se Verdedigingswetsontwerp en ander is met hoë poste bevoordeel of gelok om vir Imperialisme te val of te staan. Tog het dapper en bekende manne opgestaan en uitgestaan deur te rebelleer teen Engeland se hardvogtige en onsensitiewe houding teenoor die Boerevolk. VRYWILLIG OF NIE Tydens Christiaan de Wet se vergadering by Koppies op 23 September 1914, waar die Unie se beoogde veldtog teen Duits-Suidwes-Afrika kwaai veroordeel is, het Smuts aan almal teenwoordig die versekering gegee dat slegs vrywilligers in aanvalle teen Duitswes gebruik sou word. Maar op daardie selfde dag het Smuts in ‘n telegram vir Maritz beveel om sy troepe na die grens teen Suidwes-Afrika te laat optrek. Daar is niks gemeld in die telegram dat Maritz net vrywilligers moes gebruik nie en Maritz self was ook nie ‘n vrywilliger nie. Volgens ‘n latere verklaring van Botha het Smuts hierdie telegram gestuur om Maritz te toets. Op 11 Oktober, ‘n dag voor Krygswet op 12 Oktober 1914 deur Botha geproklameer is, het Maritz Keimoes en Kakamas deur een van sy offisiere, Adam Boshoff, laat beset. (Langner & Raath: p141). (Esther Visser Stieger:  Die Rebellie van 1914-1915)

REBELLIE NAAMLYS 1914
Van Doopname Plaasnaam Distrik Burgernr. Datum gevang
Van der Westhuizen Floris Johannes Jacobus Honderug Urionskraal Van Rhynsdorp 2176 Van der Westhuizen Andries Gerhardus* Fryersdale Gordonia 1243
Van der Westhuizen Dirk Loots Kakamas Kenhardt
Van der Westhuizen Johannes Willem Kakamas Kenhardt 25.10.14
Van der Westhuizen Phillipus Jacobus Hartebeestereviermond Kenhardt 8.2.14
Van der Westhuizen Johannes Hendrik Kookersvlei Joosteswerven
Van der Westhuizen J.M. Clanwilliam Van der Westhuizen Jacob* Rietpoort Loxton Fraserburg
Van der Westhuizen Dirk Johannes Gysbert Graafwater Clanwilliam
Van der Westhuizen Hendrik Petrus Proesmansburg Prieska 2471 25.10.14
Van der Westhuizen Jacob Hendrik Schroeder Gordonia
Van der Westhuizen Willem Molensteenvlei Calvinia 1865
Van der Westhuizen Cornelius Johannes Putzonderwater Kenhardt 409
Van der Westhuizen Andries Matheus Karnemelkkolk Carnavon 1946
Van der Westhuizen Gert Dirk V.S. Botterleegte Carnavon 811
Van der Westhuizen Carel Johannes Kakamas Kenhardt 858 3.2.15
Van der Westhuizen Jacobus Andries Kakamas Kenhardt 10.2.15
Van der Westhuizen Isaac Petrus Jacobus* Kakamas Kenhardt 961