h.4. Michael Johannes VAN DER WESTHUIZEN, geb. 09/05/1889, ged. 29/07/1889

h.4.  Michael Johannes (Michiel Johannes), geb. 09/05/1889, ged. 29/07/1889, Uniondale, oorl. 15/07/1966, Maitland, Wes-Kaap x 11/03/1920, Rooirivier, Uniondale met Johanna Wilhelmina VAN DER SPUY, geb. 1887.

Michael Johannes was die seun van Isaak Johannes Daniël van der Westhuizen en Anna Margaretha Otto.


Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1920.

Sy naam kom voor in hulle suster Cecilia Maria se sterfkennis van 1921.


Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1929.

Predikant:

STANDPLASE

1916 Noorder-Paarl (Hpr.)
1917 Noorder-Paarl
1938 Redakteur „Die Kerkbode”

Dr. Michiel Johannes van der Westhuizen:  Hy is op 9 Mei 1889 op Uniondale gebore.  Nadat hy sy studies aan die ou Victoria-Kollege op Stellenbosch en die Teologiese Kweekskool voltooi het, is hy in 1913 na Nederland vir verdere studie, waar hy in 1916 die doktorsgraad in die teologie verwerf het.  Hy was eers hulpleraar en sedert 1917 predikant van die gemeente Noorder-Paarl.  In 1938 het by redakteur van „Die Kerkbode” geword, en hierdie betrekking met groot bekwaamheid tot 1959 beklee.  Hy was tydens sy bediening lid van die Raad van die Kerke, die Kuratorium van die Kweekskool, die Proponents-eksamenkommissie en die Kommissie vir Studentebearbeiding van die Kaapse Kerk.  Na sy aftrede het hy ook as hospitaalbearbeider gedien.  Hy was ʼn geliefde persoon in wye kringe, ook buite ons kerkverband.  Hy is op 15 Julie 1966 oorlede in die ouderdom van 77 jaar. (Jaarboek 1967/569).  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/van-der-westhuizen-michiel-johannes/)

Vir meer inligting oor die NG Gemeente Noorder-Paarl sien https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-toringkerk/

eGGSA library Gravestones in South Africa Weskaap : Western Cape Western Cape, CAPE TOWN, Urban area Western Cape, Cape Town, MAITLAND Western Cape, Cape Town, MAITLAND, Woltemade Cemetery W - Surnames :: Vanne - W We - surnames starting with the letters WeWESTHUIZEN Michiel Johannes, van der 1889-1966