i.4. Jacobus Hendrik VAN DER WESTHUIZEN, geb. 05/10/1895, ged. 05/01/1896

i.4. Jacobus Hendrik, geb. 05/10/1895, ged. 05/01/1896, Prieska, oorl.  22/11/1964, begr. Neilersdrift x 13/05/1918, Schroder, dist. Kenhardt met Jeanetta Helena (Janet) VAN DER MERWE, geb. 06/07/1899, oorl. 30/01/1926, Kimberley, d.v. Christiaan Rudolf van der Merwe en Jeanetta Helena Margaretha van Niekerk xx 20/08/1928, Kakamas (met haar suster) Aletta Jacoba (Lettie) VAN DER MERWE, geb. 31/01/1909, oorl. 29/05/1986, begr. Neilersdrift, d.v. Christiaan Rudolf van der Merwe en Jeanetta Helena Margaretha van Niekerk.  Woon Bassonsdrift, Kakamas

Jacobus Hendrik was die seun van Jacobus Hendrik van der Westhuizen en Christina Wilhelmina Loots.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1911.

Na skool het Kola help grawe aan die kanaal by Kakamas (Noordvoor).   Hiervoor is hy die loon van een en ses (15 sent) per dag betaal.  Later het hy as klerk in die Kommissiewinkel op Schroder gewerk en later as bestuurder van Alheit se Kommissiewinkel.  Hy het op ‘n stadium ook vir sy broer Andries gehelp om die stukkie landbougrond wat Andries op Kakamas gehad het, te bewerk.   Hierna besit hy saam met ‘n vriend en kolega, Willie Zaaiman, ‘n winkel op Neilersdrift. Hy verkoop egter sy aandeel aan Willie Zaaiman en koop toe Sandeiland in die boonste deel van Rooikopeiland.  Weens sy verswakkende gesondheid het hy Sandeiland verkoop en ander besproeiingsgrond by Keimoes gekoop.  Hierna koop hy ‘n erf in Neilersdrift waar hy woon tot sy dood.

Hy was altyd ‘n aktiewe mens.  Hendrik het vertel dat Kola, net soos van sy ander broers, deelgeneem het aan die Rebellie van 1914.  Eendag het hulle by sy ouerhuis verby gery en Kola, wat op ‘n blou perd gery het, het gou afgespring en ingehardloop by die huis.  Toe hy egter weer op sy perd wou klim, het die dier op sy agterpote gaan staan en het Kola op sy sitplek te lande gekom.  Na die oorlog is hy met Janet van der Merwe getroud.  Toe sy eerste seunskind so op sy agterstewe val, het sy ma gespot en gesê dat die outjie na sy pa aard (na aanleiding van die blouperdgeval).  Kola het net gelag.

Sy seun Merwe onthou hom as ‘n hoogs intelligente persoon met ‘n verbasende algemene kennis en ‘n goeie humorsin.

























Kola en Jeanette



Kola hertrou op 20/08/1928 met sy vrou se suster, Aletta Jacoba (Lettie) van der Merwe.


Lettie van der Merwe

Kola met Van der Merwe.  Kola het toe al parkinsens gehad

Kola, Andries, Howard, Fred en Hendrik

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, GORDONIA district, Neilersdrif, cemetery_1 WESTHUIZEN Jacobus Hendrik, v.d. 1895-1964

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, GORDONIA district, Neilersdrif, cemetery_1 WESTHUIZEN Aletta Jacoba, van der 1909-1986