i.8. Petrus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 30/08/1905

i.8.  Petrus (Piet), geb. 30/08/1905, Draghoender, oorl. 12/05/1985, Upington x 05/05/1928, Witkop, dist. Gordonia met Anna Elizabeth (Annie) NEL geb. 27/10/1910, oorl. 14/10/1944, begr. Noenieput xx 03/06/1945, Upington met Jeanette Gesina Elizabeth HENNING (wed. van der Merwe), geb. 21/08/1913.

Petrus was die seun van Jacobus Hendrik van der Westhuizen en Hendrika Christina Wilhelmina Loots.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1911.

Near the railway line beyond Prieska is a farm with the puzzling name of Draghoender. It should be Dragonder, the Afrikaans for dragoon; and the name goes right back to the days when a British cavalry regiment formed part of the Cape Town garrison, nearly a century ago. When the dragoons sold their horses, one of the buyers named his mount Dragonder and rode it into the North West Cape on a hunting expedition. The horse strayed, and he returned without it. Next year he went hunting again, and found the horse where he had lost it. The horse had survived in that barren world by smelling water in a river bed and kicking up the sand until a fountain was revealed. This discovery made it possible for a farmer to settle there, and he named his farm Dragonder in honour of the horse. Hottentots corrupted it to Draghoender. (https://archive.org/stream/Karoo/Karoo_djvu.txt)

Piet het sy opleiding in H.S. Kakamas en Graaff-Reinet gehad.  Hy was 'n St. 8. onderwyser.  Hy het in die laaste kwartaal van 1925 as jong studente-onderwyser begin skiet vir 'n onderwyspos.  Onderwysposte was egter baie skaars.  Uit twaalf aansoeke het hy uiteindelik twee, beide eenmanskooltjies, een op Grootderm in die Namakwaland, die ander op Noenieput, destyds genoem Witkop gekry.  Hy was Noenieput se eerste onderwyser, want alhoewel die skool Julie 1925 geopen is, het Meneer van Ellewee net die laaste veertien dae van die kwartaal skoolgehou, omdat daar nie banke of boeke was nie.  Hy moes die klasse van Sub. A tot St. VI hanteer.  Hy was ook voorsitter van die N.P. tak, oudl. N.G.K., lid van die H.S.-kom en hy het ook sedert 1950 op die plaas Tweepoort geboer.  Sy belangstellings was politiek en atletiek.

Piet en Annie van der Westhuizen by Telana en Beulah



eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, GORDONIA district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, GORDONIA district, Noenieput, cemetery WESTHUIZEN Anna Elizabeth, v.d. nee NEL 1910-1944

Piet hertrou met Jeanette Gesina Elizabeth Henning.  Sy was voorheen met 'n van der Merwe getroud.  Kinders uit sy tweede vrou se eerste huwelik:

Petra VAN DER MERWE x Burger du Toit

Jeanetha VAN DER MERWE x Viviers
Rika VAN DER MERWE x de Vos

Piet, Jeanette, Kinders v.l.n.r.: Rika (van der Merwe), Dennis, Telana, Leon, Jeanette (Van der Merwe)



Deur swaarkryjare was Piet van der Westhuizen onderwyser, prokureur, raadgewer, vriend en nog veel meer gedurende die bykans twee en twintig jaar dat hy skoolhoof op Noenieput was.  Piet die rustende onderwyser-boer het sy laaste jare in Joslingstraat Upington deurgebring.



Redelinghuys, J.H. (samest.):  Die Afrikaner - Familienaamboek en Personalia, Kaapstad, 1955)

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, UPINGTON, Urban area Northern Cape, UPINGTON, Keidebees, Main cemetery W - Surnames :: Vanne - W WESTHUIZEN Petrus, van der 1905-1985 & Jeanetta Gesina Elizabeth 1913-