b.1. Eva Priscilla STEWART, geb. 11/02/1909

b.1.  Eva Priscilla, geb. 11/02/1909, Boulder, Wes-Australië, oorl. 03/01/1993, Kaapstad, Suid-Afrika x 04/03/1933, Johannesburg, Suid-Afrika met Joseph RITCHIE, geb. 26/09/1896, Sleekburn Northumberland, ged. 19/10/1896, Bedlington Northumberland, oorl. 27/03/1979, Kaapstad, Suid-Afrika.

Eva Priscilla was die dogter van William Allan Stewart en Eva McIntyre.

Twee dogters is uit die huwelik gebore:

c.1.  Jeanne RITCHIE, geb. 09-03-1939, Brakpan, trou met Harry Beresford Wortley, geb. 31-10-1932, oorl.24-09-1997.

c.2.  Doreen RITCHIE, geb. 05/11/1940, Brakpan, ongetroud.  Sy is ‘n verpleegster.

Eva Priscilla Stewart is op 11 Februarie 1909 in die Nurse Beer's Hospital in ‘n klein prospekteerdorpie, genaamd Boulder in Wes Australië gebore.


William Allan en Eva Stewart het egter in Pinjin gewoon.  In die vroeë 1900’s was die myndorpie Pinjin gevestig om vir ‘n kort tydperk die myngemeenskap van die omgewing te dien.  Dit lyk asof die dorp die mees dig bevolk was in 1906 toe aansoeke vir ‘n skool, meganiese instituut, ontspannings area en park gemaak was.  Alhoewel die plaaslike gemeenskap ‘n skool gebou het en die staat ‘n onderwyser aangestel het, het al die vrouens en kinders die volgende jaar Kalgoorlie toe gegaan.  In 1907 was daar geen rekord van Pinjin in die Western Australia Poskantoor gids nie, maar in 1908 was daar 49 gelys as inwoners van Pinjin.  Die dorp het sy piek bevolking bereik in 1909 met ‘n inwonertal van 50.   Dit was net mans wat gelys was en dit in nie bekend of die vroue en kinders teruggekeer het, nadat hulle weggetrek het in 1907 nie.  Tog is Eva Stewart se adres op haar dogter se geboortesertifikaat aangegee as Pinjin.

Behuising vir die inwoners van Pinjin in hierdie tyd was eenvoudig.  Skuilings het hessian mure met sinkplaat dakke gehad.  Sommige strukture was van klip gebou, maar daar was nie baie van hulle nie. 


Ou hut in Pinjin, afgeneem in 1970

 Na 1909 het mense begin wegtrek van daar af en in 1910 was die inwonertal 36.  Teen 1913 was slegs 13 mense woonagtig in Pinjin, maar daar was steeds voortgegaan met mynaktiwiteite in die omgewing. Teen 1818 was daar slegs een persoon oor.

Eva Priscilla Stewart

Eva se enigste broer Allan, was jonger as sy.  Toe Eva vir Joe Ritchie ontmoet het, het sy gewoon en gewerk in Newcastle, New South Wales.  Joe het op daardie stadium op die plaas van een van Eva se vriende in New South Wales gewerk.

Daar was ‘n wêrelddepressie van 1929–1933.  Gedurende 1910–1939 het die mynbouproduksie in Suid-Afrika egter konstant gebly.  Die belangrikste mynbedrywighede is by die goudmyne aangetref.  Jo en Eva het besluit om saam na Suid-Afrika te gaan, aangesien die halfpad tussen Engeland en Australië was en Jo kon hier werk kry op die goudmyne.  In 1933 het Jo in die goudmyne in Brakpan gewerk, terwyl Eva by vriende in Johannesburg gewoon het.