b.10. Hester NEL, ged. 01/08/1706

b.10.  Hester, ged. 01/08/1706, Stellenbosch, oorl. 1785 x 30/11/1721 met Pieter VENTER, ged. 18/10/1699, Stellenbosch, oorl. 1765, s.v. Heinrich Venter van Hamelin in Duitsland en Anna Viljoen.

 Hester was die dogter van Guillaume Nel en Jeanne de la Batte.


(https://www.wikitree.com/photo.php/b/b5/Nel-61.jpg)
asook
FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1690-1732


Hester
Baptised: 01 Aug 1706
Father: Willem Nel
Mother: Jannetie la Bat
Witnesses: Cornelis Van Dalen, Maria Rossar

Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Stellenbosch, Baptism register, 1688-1732, page 33 (23). Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G2 4/1. Transcribed by Ockert Malan, Lorna Newcomb and others. See also Die Stellenbosse Heemkring

Die Nels het, onder andere, Blaauwklip te Stellenbosch en Bootmansdrift te Drakenstein besit.

Hester Nel is op 28 Maart 1720 ingeskryf as lidmaat van die Stellenboschse gemeente.  Sy trou op 30 November 1721, Tafelvallei met Pieter Venter.


30 d:o
Pieter Venter van Cabo, jongm: en Hester Nel, van d:o, jonge dogter.
EGGSA
Cape Town Marriages 1721
Written by transcribed by Corney Keller. Posted in Cape Town Marriages 1713 to 1756

Pieter Venter was die seun van die stamvader Hendrik Conrad Venter, gebore in Duitsland op 21 April 1663, oorlede te Vleeschbank, Riebeeckskasteel op 02 Mei 1713. Hy was die seun van Heinrich von Deventer en Anna Sophia Kuhlemand. Hendrik Conrad Venter kom aan die Kaap voor 1688 en was ‘n kleremaker.  Hy trou in Kaapstad op 17 Julie 1690 met Johanna Mostert, gedoop 10 Maart 1675, die dogter van Johannes Cornelius Mostert en Alida van Hulst.  Hy trou vir 'n tweede maal weer in Kaapstad op 09 Desember 1691 met Anna Viljoen, d.v. Francois Villion en Cornelia Campenaar - sy is gebore voor 19 Mei 1678 naby Kaapstad en gedoop op 19 Mei 1678. Anna is oorlede op 11 Mei 1713. Beide hy en sy vrou was heel moontlike oorlede weens die pokke-epidemie.  (http://www.stamouers.com/stamouers/surnames-v-z/571-venter-hendrik-conrad)


Pieter is omstreeks 1699 gebore en as Pijeter Venter gedoop te Stellenbosch op 18 Oktober 1699. Die doopgetuies was Fijtje Schalk (Fijtje of Sophia van der Merwe) en Pieter se oom Pieter Filjon (Viljoen). Pieter was die vyfde kind van sy ouers en was die enigste Venterseun van die stamvader met ’n nageslag. Pieter se ouers is, toe hy nagenoeg 14 jaar oud was, oorlede in 1713.  Daar is uit die ouers se boedel ƒ96 betaal vir huisvesting vanaf Desember 1713 tot Julie 1714 en ander kostes vir Pieter.  Toe Pieter 15 jaar oud of jonger was, het hy een of ander besering opgedoen en is hy vir drie maande behandel deur J S Nard HS zn, wat tien beentjies uit wonde verwyder het en daarvoor Rds 40 van die Weesheer eis in
1714.  In September 1715 word net meer as ƒ565 aan Pieter as erfporsie uit die boedel van sy ouers toegeken.  Toe Pieter so 18 of 19 jaar oud was, het hy in 1717/1718 klere gemaak. Daar is rekord daarvan dat hy vir Hendrik Wederholt ’n broek en karmisool vir Rds12 maak. Vir Johannes Mulder maak hy ’n rok, broek en karmisool vir  Rds13.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

In die eerste opgaafrol waarin Pieter se naam verskyn as ongetroude jongman, word in 1721 aangedui dat hy van die Kaapse distrik is.  Hy en Hester is dan ook in die Kaap getroud.  Die monsterrolle vanaf 1723 tot 1727 dui ook aan dat Pieter en Hester van die Kaapse Distrik is.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

Op 30 Junie 1727 maak Pieter en Hester (genoem Ester Nel) ’n testament “… uijt aanmerkinge van de broosheijd des menschen levens, en dat niets soo onseker is als den tijd de gewisse dood ….” Hester was “… ziekelijk te bedde leggende …” maar albei was by “… haar sinnen, verstane en uijtspraaksel …”. Die testament bevat die gewone bepalings

oor die langslewende wat erf.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)


Dit kom voor asof hulle teen 1731/32 na die Stellenboschse distrik verhuis het, want op 10 Mei 1732 word hulle ingeskryf as lidmate van die Stellenboschse gemeente as komende van die Kaap. 


(Hall, Martin:  Archaeology and the Modern World: Colonial Transcripts in South Africa and ...)

Reeds in 1739 is `n weilisensie aan Pieter toegestaan vir die veepos Weltevreden naby Riebeek Kasteel. Sy lidmaatsertifikate is uit Kaapstad oorgeplaas.  (https://www.stamouers.com/civil-and-sacred/kerke-van-die-kaap/652-die-gemeente-swartland-gestig-1745)

Op 5 November 1739 word aan Pieter okkupasie verleen op die “… groene fonteijn agter Riebeecks Casteel genaamd Wel te vreden …”20 en die vergunning word telkens verleng, ook aan sy weduwee, tot 1760.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

Hulle het blykbaar van 1739 tot die einde van sy lewe in die Swartland gebly op Weltevrede, wat binne die Landdrosdistrik Stellenbosch ressorteer het. Dit het ook gebeur dat plase vir tydperke beset is, voordat dit toegeken is en hulle kon dus ook vroeër in die Swartland gewees het.  Dit kom voor asof Pieter met perde en skape geboer het en beeste aangehou het vir eie behoeftes. Hy het blykbaar ook met graan geboer.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

Pieter en Hester sluit hulle met attestasie vanaf Stellenbosch aan by die Drakenstein (Paarl) gemeente op 18 Maart 1742 en dit kom voor asof hulle daarvandaan oorgaan na die nuutgestigte Swartland gemeente in 1745.  

Daar is in 1745 ’n kerk in die Swartland gestig en Pieter Venter en Gerrit Olivier is as ouderlinge verkies.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)  Pieter was sowat 45 toe hy ouderling geword het.  

Hy was `n man van aansien en die leidende ouderling. Ook het hy die gekombineerde Kerkvergadering in Kaapstad gedurende Augustus 1745 bygewoon om o.a. oor die grense van die Gemeente Swartland te besluit.  (https://www.stamouers.com/civil-and-sacred/kerke-van-die-kaap/652-die-gemeente-swartland-gestig-1745)

Op 16 November 1745 het die Politieke Raad toegestem daartoe dat die vyf gemeentes aan die Kaap, nl. die “Caab”, Stellenbosch, Drakenstein (Paarl), Land van Waveren (Tulbagh) en Swartland jaarliks in Januarie ’n algemene of “Classicale” vergadering kan hou en Pieter was afgevaardig deur Swartland tot hierdie vergadering. Terselfdertyd is die grense van die gemeentes bepaal. Die gemeente Swartland se grense was “… de groote en kleijne Paardeberg, 't Riebeeks Casteel, het Swart Land tot aan de St: Helena Baaij en voorts al
wat binnen de onderkant van de Berg Rivier legt tot aan het Caabse District, waar Onder dan bij gevolg de groene Cloof meede gereekent word.”  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

Hy verteenwoordig in die tydperk 1745 tot 1759 die gemeente Swartland op die gekombineerde kerkvergadering wat in dié tydperk gepoog het om deur navolging van die Dordtse Sinode, die gereformeerde godsdiens teen die invloede van die nuwe tydsgees te beskerm.  (http://www.hts.org.za/index.php/HTS/article/viewFile/632/533)


Die rekeninge van die kerke en veral ten opsigte van die armes is gereeld nagesien en Pieter het by ’n aantal geleenthede die rekeninge medegesertifiseer, bv. 14.1.1747, 18.1.1748, 25.1.1757, 31.1.1758.  Aan die einde van 1747 het Pieter uitgetree as ouderling en in 1756 is hy weer verkies.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

Op 15 Augustus 1758 neem die Politieke Raad kennis dat Pieter oorlede is en word Paul Retief as ouderling in sy plek gekies.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

Wanneer die owerheid in 1759 die gekombineerde Kerkvergadering afskaf, begin groot getalle veeboere na die Agter Sneeuberggebied te verhuis. In die proses neem hulle die “ernstige, konserwatiewe gereformeerde godsdiensopvatting” met hulle saam. Wanneer die nuwe oorsese geestesstrominge die Kaapse politieke en godsdienstige denke begin beïnvloed, bewoon hulle reeds ’n geïsoleerde gebied van die Kaapkolonie.   (http://www.hts.org.za/index.php/HTS/article/viewFile/632/533)

Volgens die opgaafrolle was Hester nog in 1759, na Pieter se dood, in die Stellenbosch distrik, maar teen 1761 verskyn haar naam op die opgaafrol vir Drakenstein.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

Pieter en Hester het deurgaans ’n aantal slawe gehad, wat mans, vroue en kinders ingesluit het.  So, byvoorbeeld, is vir die weduwee van Pieter Venter in die opgaafrol van Drakenstein vir 1761 aangeteken dat sy een manslaaf en twee vroueslawe
het.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)


(Hall, Martin:  Archaeology and the Modern World: Colonial Transcripts in South Africa and ...)

Teen 1777 besit die weduwee Hester Nel ’n huis in Blok FJ in Tafelvallei.  Inagnemende dat Hester eiendom in Tafelvallei gehad het, moes sy een of ander tyd daar gaan woon het en op 27 September 1777 teken sy ’n testament aldaar.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

In hierdie testament  bemaak sy eerstens aan haar jongste seun, Hercules, Rds.1000:48.  Sy bemaak aan Wilhelmus Wouterus die erf en huis te Tafelvallei op voorwaarde dat hy ƒIndiese valuasie 2500 in drie paaiemente in die boedel sal inbetaal.  Daarna bemaak sy die
res van die boedel aan haar elf oorlewende kinders. Daar word in die testament na
haar oudste kind Jan Hendrik verwys as oorlede.  Hester is omstreeks 1785 oorlede. Die
afhandeling van haar boedel het blykbaar nie so vlot verloop nie. Op 10 Desember
1798 (dertien jaar na haar sterfte) magtig haar seuns Francois en Hercules Venter vir Willem Garretz om namens hulle op te tree sodat Willem Wouter Venter as die beredderaar van die boedel hulle erfporsies aan hulle laat toekom.  Garretz moes eers probeer
om die saak in der minne te skik, maar as dit nie slaag nie, moes hy regsprosesse aan die gang sit. Die uitkoms van die proses kon nie opgespoor word nie.  (http://familiestories.co.za/wp-content/uploads/2017/09/10-Hoofstuk-10-Pieter-Venter-2016.pdf)

Kinders:

c.1.  Johannes Henricus VENTER, ged. 26/12/1723, Kaapstad x Johanna Maria Buys.

FAMILYSEARCH
Cape Town baptisms 1713-1741
Image16


26 d:o
Johannes Henricus
Pieter Venter, en Hester Nel
Willem Nel, en Johanna la Batte.
EGGSA
Cape Town Baptisms 1723
Written by transcribed by Corney Keller.

Jan Hendrik Venter, woon eers naby Riebeeck Kasteel en in 1751 reeds naby die huidige Vanrhynsdorp.  (http://www.hts.org.za/index.php/HTS/article/viewFile/632/533)

c.2.  Petrus VENTER, ged. 19/05/1726, Piketberg x Martha du Plessis.


(https://www.wikitree.com/photo.php/b/bd/Venter-148-1.jpg)

Maij 19
Petrus
Pieter Venter, Hester Nel
Pieter Mathijsz de Vries, Marija Venters.
EGGSA
Cape Town Baptisms 1726
Written by transcribed by Corney Keller.

c.3.  Wilhelmus Wouterus VENTER, ged. 06/06/1728 x Christina Booysen.


(https://www.wikitree.com/photo.php/c/c4/Venter-220-1.jpg)

Wilhelmus Wouterus,
d' vader Pieter Venter, d' moed:r Hester Nel,
get:en Wouter de Vos en Catharina van der Byl;
6e Junij.
EGGSA
Cape Town Baptisms 1728
Written by transcribed by Corney Keller.

c.4.  Jan Adriaan VENTER, ged. 14/05/1730 x Maria Jordaan xx Cornelia Smit.


(https://www.wikitree.com/photo.php/9/98/Venter-153.jpg)

Jan Adriaan,
d' vader Pieter Venter, d' moeder Hester Nel,
getu: Jan Nel, en Susanna Fourij.
EGGSA
Cape Town Baptisms 1730
Written by transcribed by Corney Keller.


Jan Adriaan Venter (gebore 14 Mei 1730), getroud met Maria Jourdan en haar swaer Andriesz van der Walt (gedoop 10 November 1743, getroud te Tulbagh op 28 Februarie 1768 met Johanna Maria van der Merwe) was, saam met die Van der Walt-familie, van die eerste Boeretrekkers wat uit die Bokke- en Roggeveld verby die vooruitgeskuifde bevolking tot agter die Sneeuberge verhuis. (http://www.hts.org.za/index.php/HTS/article/viewFile/632/533)

c.5.  Johanna Sophia VENTER, ged. 28/12/1731 x Jan Dietrich Holman xx Johann Wilhelm Steudle.


(https://www.wikitree.com/photo.php/b/bf/Venter-221-1.jpg)

Johanna Sophia, geb:re den 23 8:ber
de vaeder is Pieter Venter, de moeder Hester Nel,
de getuijge Jacob Cloete, Jacob Bruijns, Sophia van der Merwe, en Catharina Jansz.
EGGSA
Cape Town Baptisms 1731
Written by transcribed by Corney Keller.

c.6.  Francois VENTER, ged. 07/02/1734 x Johanna Sophia Fick.



FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1733-1788

c.7.  Jacob VENTER, ged. 22/07/1736.  Vroeg oorlede.



FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1733-1788

c.8.  Frederik VENTER, ged. 29/06/1738 x Frederika Elizabeth Dempers


FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1733-1788

c.9.  Jacob VENTER, ged. 15/05/1740 x Anna Booysen.



(http://eggsa.org/transcriptions/stellenbosch/g2-4-2/StellG2-4-2-026.JPG)
asook 
FAMILYSEARCH
Stellenbosch baptisms 1733-1788


c.10.  Anna Cornelia VENTER, ged. 14/10/1742 x Johannes Viljoen.

c.11.  Jan (Johannes) VENTER x Johanna Catharina van der Walt.


c.12.  Johannes Albertus VENTER, geb. c. 1747, ged.  27/05/1747, Swartland, oorl. 16/04/1820 x 28/02/1768 met Anna Maria van der Walt, ged. 29/10/1752, Kaapstad, oorl. 07/12/1839, Groot Rietpoort, Wyk Brakrivier, dist. Cradock.


DG: Johannes Albertus Loubser en Elisabeth Johanna Mostert.

c.13.  Hercules VENTER x Anna Sophia Fick.