b.2. Jan NEL, ged. 04/05/1687

b.2.  Jean (Jan), ged. 04/05/1687, Amsterdam, Suid-Holland, oorl. 06/10/1734, Stellenbosch x 1716, Swellendam met Susanna FOURIE, geb. 06/09/1694, Wellington, oorl. 26/04/1762, Stellenbosch, d.v. Louis Fourie en Suzanne Cordier.  SF xx 06/12/1742 met Christiaan Ernst Schutte van Holstein.

Jan was die seun van Guillaume Nel en Jeanne de la Batte.

(https://www.wikitree.com/photo.php/f/fa/Nees-104.jpg)

Jean Niel kom in 1688 as jong seun in die Kaap de Goede Hoop aan wal, vergesel deur sy vader Guillaume Niel, sy moeder Jeanne Niel (de la Batte) en suster Jeanne Niel wat aan boord ter see gebore is.  Hulle vestig te Blaauwe Klippen.

In 1709 het Jan 'n perd, 'n geweer, 'n pistool en 'n swaard.  In 1712 word die geweer, pistool en swaard nie aangeteken nie



Die jaar 1712 was 'n swak jaar vir die boerderybedryf.  Dit was ook die jaar voor die groot pokke-epidemie wat die Kaap geteister het en menige Europeers, slawe en inheemse bevolking se lewens geëis het.  Guillaume se seuns was tot groot hulp vir hom op die plaas aangesien hy nie meer so jonk was nie.  Sy oudste seun Jan het Rustenburg by Moddergat gekoop.




Hy vestig hom op die plaas Rustenburg  (51 morg), (tans Stellenberg), Moddergat en Keerweder (31 morg), Stellenbosch, aangrensend aan Blaauwklippen.  Hy het die plaas Vergelegen wat voorheen aan Simon Van Der Stel behoort het, gekoop en het 'n leierfiguur in baie opsigte geword.  Hy het 8 slawe in 1719 gehad wat 'n teken van rykdom was, aangesien dit uitbreiding van landbou aktiwiteite moontlik gemaak het.  Die jaar 1720 wys die ongeveer ses geboue van Rustenburg. (https://www.blaauwklippen.com/wp-content/uploads/2016/07/Blaauwklippen_Farm_History.pdf Bl. 14)


Jan trou in 1716 met Susanna Fourier (Fourie).  Sy was die dogter (een van 20 kinders) van. Louis Fourier en Susanna Cordier, van Orléamais, wat ook in 1688 as Hugenoot na Suid-Afrika gekom het.  Louis Fourier het horn langs De Slange Rivier, in die Wagenmakersvallei (Wellington), gaan vestig.  Aanvanklik was die gebied bekend as Limietvallei, aangesien dit as die einde van die beskawing van die Kaapkolonie beskou is.  Die Franse het die gebied Val du Charron genoem - letterlik vertaal beteken dit Wagenmakers-vallei.  (Borman, Hans:  Familie Nel van Nelspruit, 1982)  Na Susanna Cordier se dood hertrou hy met Anna Jourdaan.  Onder die vroeëre inwoners van Swellendam in 1762 was Louis Fourie een van die rykste manne.  Hy het eens op 'n tyd op Doornboom gewoon, waar die dorp Heidelberg vandag staan en ook aan De Duyvenshoks Rivier aan de Wagen Drift, wat nader aan die see lê.  Hy was ook 'n heemraad.  (Redelinghuys, J.H.  Die Afrikaner-familienaamboek, Kaapstad, 1955)

1719:  Jan 1716 - 42 at Rustenburg, Mod.  Een man, een vrou twee seuns, agt slawe, sewe perde, dertig beeste, eenhonders skape, vyftien wingerdstokke, vier gewere, een pistool en twee swaarde.

Jan Nel was ‘n gesiene persoon en 'n boer in die Stellenbosch distrik. Hy het aan al die kerklike en burgerlike sake op Stellenbosch deelgeneem.  In 1718 is hy aangestel as diaken en daarna (1724) as ouderling van die Stellenbosche gemeente.  Vir sy dienste is hy in 1722 benoem tot Heemraad van Stellenbosch.

Nadat Guillaume vir Blaauklippen aan sy skoonseun verkoop het, het hy en sy vrou waarskynlik op die plaas Bootmans Drift, Drakenstein gaan woon.  Guillaume is op 17/06/1735 op die plaas Bootmans Drift, Drakenstein oorlede.


Jan Nel het 'n Kerkraadsvergadering geteken op 2 Januarie 1738 en met die volgende Kerkraadsvergadering van 11 April 1738 is daar na Susanna as sy weduwee verwys.  Hy moes dus tussen hierdie twee datums te sterwe gekom het.

(https://www.wikitree.com/photo.php/4/44/Fourie-1077.jpg)

Op 6 Desember 1742 hertrou Susanna Fourie met Christian Ernst Schutte.

Christian Ernst Schutte, van Schleswig in Duitsland, het in 1727 na Suid-Afrika gekom, waar hy eers as plaashulp uitverhuur word aan sy oom, die kinderlose heemraad Andreas Schutte.  In 1734 het hy burgerskap verkry en hom op die plaas "Rustenburg" in die Stellenbosch-distrik gevestig.  Op 6 Desember 1742 het hy in die huwelik getree met Susanna Fourie, die weduwee van Jan Nel.  Hulle enigste seun Christiaan (1743) is op 25 Desember 1763 getroud  met Susanna Minnaar, die weduwee van Jan Harmse Steenkamp, by wie hy vyf kinders gehad het.