d.2. Jacobus NEL, geb. geb. 04/04/1768, ged. 10/07/1768

d.2.  Jacobus, geb. 04/04/1768, Amandelboom over de Zakrivieren, (tans Williston) ged. 10/07/1768, oorl. 13/09/1840, Blomfontein, Roggeveld x 10/03/1798 met Anna Jacomina VAN WYK, geb. 02/12/1777, ged. 12/04/1778, oorl. 06/06/1823, d.v. Gerrit Mathys van Wyk en Elizabeth Scholtz xx 20/02/1825, Kaapstad met Christina Gloudina LOUW, geb. 04/04/1789, Kaap de Goede Hoop, oorl. 15/08/1862, Oorlogskloof, Bokkeveld , d.v. Jacobus Adrianus Louw en Maria Elizabeth Louw. CGL = wed. van Johannes Louw

Jacobus was die seun van Johan Abraham Nel en Maria Louw.


Jacobus
Baptised: 1768, 10 Julij 1768
Father: Abraham NEL
Mother: Maria LOUW
Witnesses: Jacobus Louw Jacobsz: en Johanna Gieliome 
Additional notes: Den 4 April anno passato natus
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Swartland (Malmesbury), Baptism register, 1745-1782, page 73. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G5 3/2. Note: Folios 13 and 14, two sides of one page, are almost certainly missing between the current pages numbered 12 and 13 - dates covered would be late August 1751 to early June 1752.. Transcribed by Lizette Svoboda, from photographs of Cape Archives VC 666

Hy is op 4 April 1768 gebore te Amandelboom over de Zakrivieren. Zakrivier 
- Eertydse Sendingstasie en besproeingsskema noord van Calvinia en suid van Brandvlei.

In Julie 1768 het Johan Abraham Nel en sy gesin met hul wa vanaf Stellenbosch tot by ‘n fontein langs die Sakrivier getrek. Johan se tweede seun is hier gebore en om dit te vier het hy ‘n amandelboom geplant.  Maar anders as in Numeri 17:8 waar geskryf staan "... daar was nie net botsels aan nie, daar was ook bloeisels en dit het selfs ryp amandels gedra", het die boom wat hy geplant het nooit 'n enkele vrug gedra nie!  Nietemin het dit flink gegroei en 'n groot skadukol gegooi - iets kosbaars in dié geweste van die Noord-Kaap.  (http://reisinafrikaans.blogspot.com.au/2008/08/van-amandelboom-tot-williston.html)

Jacobus was twee keer getroud en het blykbaar twee-en-twintig kinders gehad. Bronne verskil oor die aantal kinders wat hy gehad het; volgens De Villiers & Pama was dit sestien (1966:626-627), maar volgens die navorsing van Nel het hy twee-en-twintig kinders gehad.  Die datums van geboorte van sy kinders is deur Nel uit sy Statebybel verkry (gd:hoofstuk1.5-1.7). Die kinders wat nie deur De Villiers en Pama genoem word nie, het by geboorte, of in die jaar van geboorte, dus baie jonk, gesterf.  (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)

Jacobus was veldkornet van die Roggeveld en het op Bitterfontein, een van die pragtigste plase in die omgewing geboer.  (http://archiver.rootsweb.ancestry.com/th/read/SOUTH-AFRICA/2004-07/1090158058)  Hy was die later bekende kommandant Jacobus (Koos Kommandant) Nel van die Onder-Roggeveld.  (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)


Jacobus Nel (1767–1840)  van die Noord-Roggeveld, was een van die agtenswaardigste manne wat in die eerste helfte van die 19de eeu in die Roggeveld gewoon het.  Hierdie merkwaardige en onverskrokke man het op die plaas Bloemfontein gewoon en saam met sy vader en sy broer onder die mees intelligente en aktiewe veeboere van die land getel.  Dit is egter veral as aanvoerder van verskeie Boerekommando's teen die stropende Boesmans dat die naam van Jacobus Nel byna legendaries geword en vroeër op die lippe van alle Afrikaners geleef het soos dit trouens nog meer as ’n eeu in hierdie streke voortleef.  Op 13 September 1840 is die held van baie veldslae as 'n slagoffer van die masels wat destyds in die Onder-Roggeveld gewoed het, op sy woonplaas Blomfontein oorlede. http://www.wikiwand.com/af/NG_gemeente_Sutherland

FAMILYSEARCH
Cape province archive records 1792 – 1992. Clanwilliam census records 1829 – 1832.  Vol j34-j36  Image 32