e.3. Joseph RITCHIE, geb. 26/09/1896

e.3. Joseph Ritchie, geb. 26/09/1896, Sleekburn, Northumberland, ged.  19/10/1896, Bedlington, Northumberland, oorl. 27/03/1979 x 04/03/1933, Johannesburg, met Eva Priscilla STEWART, geb. 11/02/1909, Boulder, Wes-Australië, oorl. 03-01-1993, Kaapstad, Suid-Afrika, d.v. William Allan Stewart and Eva McIntyre.

Joseph Ritchie was die seun van Joseph Ritchie en Elizabeth Nobley.


Joseph (Joe) Ritchie was in Bedlington, Northumberland gebore op 26 September 1896.  Hy is gedoop in die Bedlington gemeente in die Northumberland distrik op 19 Oktober 1896.


Bedlington was een van die myndorpies naby Newcastle-upon-Tyne.  Joe het na Bedlington verwys as sy tuisdorp.


Hy was die tweede oudste seun van twaalf kinders. 

Event Date 31 Mar 1901
Event Place (Original) Bedlington, Northumberland, England
Sub-District Bedlington
Registration District Morpeth
Event Type Census
Name Jos Ritchie
Sex Male
Age 4
Birth Year (Estimated) 1897
Birthplace Bedlington, Northumberland
Marital Status Single
Relationship to Head of Household Son
Relationship Code Son
Event Place Note New Single Row

As die seun van ‘n steenkoolmyner het Joe ook (net soos sy ander broers) begin werk in die steenkoolmyne op sy 13de verjaarsdag.

Event Date 1911
Event Place (Original) Bedlington, Barrington Colliery Bedlington So, Northumberland, England
Sub-District Bedlington
Sub-District Number 2
Enumeration District 9
Registration District Morpeth
District Number 564
Event Type Census
Name Joseph Ritchie
Sex Male
Age 14
Birth Year (Estimated) 1897
Birthplace Sleekburn, Northumberland
Occupation PONY DRIVER UNDERGD
Number in Family 7
Relationship to Head of Household Son
Relationship Code Son
Document Type 3
Page Number 1
Source Page Type 6
Piece/Folio 109
Registration Number RG14
Schedule Type 55

Brittanje het oorlog verklaar teen Duitsland op 4 Augustus 1914.  Op daardie stadium het Joseph gewoon en gewerk in die Blythesdale steenkoolmyn in Northumberland.

Blythesdale steenkoolmyn (links), naby Newcastle-Upon-Tyne in Northumberland.  Die geboue het iets te doen gehad met die opwek van krag.  Joseph, sy pa, sowel as van sy broers het daar gewerk

Die opgewondenheid oor die uitbreek van oorlog was groot in die herfs van 1914 en daar was ‘n groot inname tot die weermag.  Oor die algemeen het die mense geglo dat die oorlog slegs ses maande sou duur.  Joe was betrokke in die Eerste Wêreldoorlog (1914–1918), omdat hy, soos omtrent alle ander jong mense opgeroep was vir militêre diens. Joseph het in die Eerste Wêreldoorlog in Frankryk geveg. 



Eerste Wêreld oorlog medaljes wat aan Joseph toegeken is.

Alhoewel Brittanje baie minder fisiese skade as die Franse opgedoen het gedurende die Eerste Wêreldoorlog, het daar ‘n toestand van depressie en werkloosheid na die oorlog geheers, aangesien die industrieë van die Industriële Revolusie, soos steenkoolmyne, teksteil produksie en skeepsbou (wat vir die Britse voorspoed gesorg het) agteruitgegaan het.  Teen 1921 was byna ‘n kwart van die werkersmag sonder werk.  Toe Joe terugkeer van die oorlog in 1919 was daar ook vir hom net soos vir so baie van die terugkerende soldate geen werk beskikbaar nie.  Hy het hier en daar werkies gedoen, maar het teen 1920 besluit dat dit nie genoeg vir hom was nie.

Na die einde van die Eerste Wêreldoorlog, teen 1920, het die familielewe in Australië verander.  Alhoewel daar ook werkloosheid onder die Australiese terugkerende soldate was, was die land nog yl bevolk.  Die Australiese regering het begin fokus op die bevolking van die feitlik leë kontinent.    Die Britse regering het immigrasie na Australië goedgekeur en die Huges Nationalist Regering van Australië het begin om Britse ex-weermagsmanne na Australië te bring.  Aangesien al Joe se broers en susters toe al gewerk het en in staat was om hulself en ook sy ouers te onderhou, het hy besluit om na Australië toe te gaan. 

Groot getalle migrante uit Europa het in die 1920’s die land binnegekom.   Die immigrante bevolking in Australië was ‘n mengsel van mense van verskilende lande, alhoewel die meeste op daardie tyd van die Britse eilande afkomstig was.  Reise daarheen is per stoomskip onderneem, terwyl langafstand binnelandse reise in Australië hoofsaaklik met treine onderneem is.

Foto:  Victoria: the Garden State

‘n Vriend van Joe se suster Lilian, Sir William Lauther (‘n Skot) het mense van Engeland en Skotland gehelp om te emmigreer.  Hy het vir Joe ‘n kaartjie en ‘n brief aan die staalplettery in Broken Hill in Australië gegee.  Joe het ‘n paspoort gehad, maar geen ander dokumente nie.  Hy was aangesê om  “to move with masses on embarkinge and disembarking” en dit is hoe hy dit gedoen het.

Joe se eerste werk in Australië was die stook van vuurherte by die staalplettery in Borken Hill.

Foto: The story of the Australian people

In 1920 was Australie nog hoofsaaklik ‘n boerderygemeenskap, waarvan die belangrikste wol en koring was.  Die plattelandse tradisie was steeds baie sterk.  Nadat Joe sy voete gevind het, het hy op ‘n plaas in Wes-Australië gaan werk.  Hierna het hy prospektering in Wes-Australië gaan doen.  En daarna het hy op verskeie plase in New South Wales gaan werk, alhoewel hy nog steeds prospektering in Wes-Australië gedoen het.

Gedurende hierdie tyd het baie families nie ‘n eie motor besit nie, so kruideniersware, vrugte, vleis, vis, melk, brood en ys was dikwels afgelewer by die huise in dorpe en stede.  Soms het die vrou van die huis ‘n winkellysie uitgeskryf wat sy dan aan die winkeleienaars gegee het en hulle het dan die ware afgelewer.  Sekere handelaars, soos die slagter, bakker en melkman het elke dag afgelewer, terwyl ander wat vrugte, groente, ys of vis afgelewer het, slegs een of twee keer per week hulle rondtes gedoen het.  Joe was op ‘n stadium vir ‘n kort rukkie ‘n melkaflewerings man in Sydney.  Toe hy die werk kry, was daar aan hom gesê:  “This is your horse and this is your cart.  As well as your deliveries, it is your responsibility to keep your cart clean and your horse fed and groomed”.  Hy het ‘n yslike groot Clydesdale perd gekry en hy moes ‘n leer gebruik het om die perd te versorg.  Hy het geen vorige ondervinding met perde gehad, buiten die in die myn nie, maar het altyd gesê:  “Me and Bob got on well together”.

Voorbeeld van ‘n bakker wat brood aflewer.

Terwyl hy op een van die plase in NSW gewerk het, het Joe sy vrou, Eva Priscilla Stewart ontmoet.

Eva Priscilla Stewart

Daar was ‘n wêrelddepressie van 1929–1933.  Gedurende 1910–1939 het die mynbouproduksie in Suid-Afrika egter konstant gebly.  Die belangrikste mynbedrywighede was steeds by die goudmyne aangetref. 

Jo en Eva is saam oor na Suid Afrika toe. Jo kon hier werk kry op die goudmyne.  In 1933 het Jo in die goudmyne in Brakpan gewerk, terwyl Eva by vriende in Johannesburg gewoon het.

Zoeloedanse wat gehou is op die sportsgronde van die staatsmyne naby Brakpan, Transvaal

Op 4 Maart 1933 is Jo en Eva in Johannesburg getroud.  Op daardie stadium was Joe was ‘n ketelmaker en Eva ‘n winkelklerk.



Aan boord van die Dunnotar Castle (The Union Line) 6 Junie 1937.


Gedurende die Tweede Wêreldoorlog (1939-1945) was Joe ‘n skofbaas en hoof van sekuriteit op een van die goudmyne rondom Johannesburg in Suid-Afrika.  Daarna het hulle in 1949 na Rhodesia getrek.  Rhodesia was op daardie stadium ‘n vryer land, sonder die oorlograntsoene wat hulle in Suid-Afrika gehad het.  Hy het ook gevoel dat die goudmyne in Suid-Afrika te diep geraak het.

Joseph Richie en Doreen by die Salisbury (Harare) kampeerterrein 

In Rhodesia het Jo eerste op ‘n goudmyn by Eiffelflats naby Gatooma gewerk (1949 – Mrt 1950).   Gatooma, wat vandag as Kadoma (na 1982) bekend staan, is geleë in die Mashonaland-Wes Provinsie, 140 km Suid-Wes van Harare op die hoofpad na Bulawayo.  Gatooma is in 1890 as mynkamp gestig.  Gatooma se oorspronklike myningenieurs, wat die myne ontwikkel het, het van Australia af gekom.   Die werksomstandighede daar was egter baie swak en daarom het Joe na Wankie (vandag bekend as Hwange), in die Noord-weste van Zimbabwe, ongeveer 50 myl vanaf die Victoria Falls getrek, waar hy in die steenkoolmyne gewerk het vanaf April tot Augustus 1950.

Wankie Colliery.  Dit is ‘n steenkoolmyn waar Jo Ritchie gewerk het

Kaart van Zimbabwe

In September 1950 het hulle na Selukwe (nou Chirugwe) toe getrek, waar hy in die chroommyne gewerk het, tot met sy aftrede.  Selukwe, vandag bekend as Shurugwi, is geleë in die Midlands Provinsie van Suidelike Zimbabwe, ongeveer 350 km suid van Harare.  Die dorp was in 1899 gestig op die Selukwe goudvelde, wat in die vroeë 1890 ontdek was.

Swart werkers in die Peak mine, Selukwe

Terwyl Eva se kinders in die koshuis was, het sy in ‘n slaghuis in Selukwe gewerk, waar sy ‘n goeie kennis in die opsny van vleis opgedoen het.  Die slaghuis het aan een van die boere/besigheidsmanne behoort en Eva het dit bestuur.  Die mense (so ook die Swart mense) het egter geglo dat dit “Eva’s butchery” was, omdat sy die vleis en snitte so goed geken het.
In 1964 het hulle Durban toe getrek.  Hulle adres was 3 Moorehaven, 375 Moore RoadDurban.  Joe en Eva het Suid-Afrikaanse burgers geraak, nadat hulle teruggetrek het na Suid-Afrika.  Tot op hierdie stadium was hulle nog Britse- en Australiese burgers.  Hulle het besluit dat hulle meer sekuriteit sou hê as hulle Burgers sou word.  Die redes waarom hulle teruggetrek het Suid-Afrika toe, was omdat hulle gevoel het dat Rhodesia nie meer veilig was nie, die res van hulle familie in Suid-Afrika was en Joe wat afgetree was.


Op 2 Desember 1964 het Eva Ritchie amptelik ‘n Suid-Afrikaanse Burger geraak soos gesien kan word op haar  Sertifikaat van Burgerskap

Jeanne 15 en Doreen 13 op die Durbanse strand

Joe was egter gou verveeld by die huis en het weer vir hom ‘n werk gekry.  Hy het as ‘n klerk by Beachway Motors begin werk.  Toe hy vir die tweede maal in 1972 aftree, het hulle na Greytown verhuis, waar hy sekretaris van die “Old People’s Association” (senior inwoners klub) was tot en met sy dood in 1979.

In 1979 het Joe en Eva met vakansie Kaapstad toe gegaan, sodat hulle al die familie saam te siene kon kry.  Hulle dogter Doreen was ook daar met vakansie.  Richard, hulle oudste kleinkind, sou huistoe kom uit die weermag, aangesien hy pas gehad het.  Joe is dood twee dae na sy aankoms in Kaapstad en drie dae voordat Richard daar kon wees.

Tydens Joseph se begrafnis

Joe se grootste wens van sy kleintyd al af, was om ‘n kabinetmaker en houtwerker te word, maar omdat hy so jonk al op die myne moes gaan werk, tesame met die twee Wêreldoorloë, die Depressie en die finansieël onstabiele 1920’s vir die werkersklas en die trek na Rhodesia, waar daar niemand was by wie hy die ambag kon leer nie, en het hy nooit die kans gehad nie.  Hulle was egter beter daaraan toe as wat die ander mense was wat op die goudmyne gebly het.

Eva Richie

Na Joe se dood het Eva in Greytown gewoon en het daarna na Kaapstad verhuis, waar sy by haar dogter Jeanne in Kuilsrivier gewoon het, totdat sy voltydse versorging nodig gehad het, waarna sy na ‘n ouetehuis, Huis Luckhoff in Rondebosch getrek het en daar gewoon het tot haar dood op 03/01/1993.

Kinders:

f.1.  Jeanne RITCHIE, geb. 09-03-1939, Brakpan, Suid-Afrika, oorl. 12/07/2012Bexley Heath, Engeland x 06/02/1960,  Selukwe, Rhodesia met Harry Beresford Wortley, geb. 31/10/1932, oorl. 24/09/1997, Kaapstad, Suid-Afrika.

f.2.  Doreen RITCHIE, geb. 05/11/1940, Brakpan, ongetroud.  Sy is ‘n verpleegster.