Die Ritchie van

Die Skotse van Ritchie is ‘n vadersnaam in oorsprong.  Dit is een van daardie vanne wat gebasseer is op die noemnaam van die vader.  In hierdie geval beteken die van eenvoudig “seun van” of “afstammeling” van Richard.  Richard beteken magtig en dapper.  Voor die koms van die oorerflikheid stelsel van vanne, was dit nie ongewoon om vir ‘n persoon sy pa se naam te gee nie, aangesien dit nie net ‘n persoon as ‘n individu in die gemeenskap geidentifiseer het nie, maar dat dit ook sy familieverbintenis tot sy voorvaders aangedui het.  Die huidige vorm van die van is steeds gewild in Amerika en Skotland, alhoewel dit feitlik uitgesterf het in Engeland.

Die van word eerste aangetref in Perthshire, waar hulle ‘n setel vanaf die vroegste tye gehad het en hulle eerste rekords verskyn in die vroeë sensus rolle wat geneem is deur die vroeë konings van Skotland om die skaal van belastings van hulle onderdane te bepaal.

Spelvariasies van die van sluit in:  MacRitchie en MacRichie.  Verdere variasies van die van sluit in Richey, Richie and Ritchey.