Die Stewart van

Die van was ‘n beroepsnaam vir die beampte watbverantwoordelik was vir die bewaring van die adelfamilie en sy skatkamer.  Dit het ontstaan uit die ou Engelse woord stigweard, wat ‘n samevoeging stig of huishouding en weard of bewaarder is.  Elke groot huis,  graaf en biskop in Middeleeuse Engeland en Skotland het sy bewaarders gehad.  Spelling variasies:  Stewart, Steward, Stillbhard (Gaelic) en andere.

Die van is eerste in Skotland aangetref, waar rekords van Stewart as ‘n van, en nie net ‘n beroep nie, begin voorkom het vanaf die 13de eeu.  Die voorgeslagte van die befaamde koninklike Stewart lyn van Skotland stam af van ‘n groot adelike Bretonse familie wat vir ‘n tyd gevestig was in Oswestry, Shropshire, waar hulle grond gegun is deur William die Veroweraar.