e.7. Johanna Jacoba VAN DER WESTHUIZEN, geb. 02/02/1816, ged. 23/03/1817

e.7.  Johanna Jacoba, geb. 02/02/1816, ged. 23/03/1817, George.

Johanna Jacoba was die dogter van Matthias Jacobus van der Westhuizen en Maria Susanna Engelbrecht.

Die eerste verkenners is reeds in 1667 na Outeniqualand gestuur om vee van die Khoi te ruil. Die ruilhandel, waardevolle houtsoorte, weiding en die hoofweg hierlangs na die Ooste het kort voor lank nedersetters gelok en laat genl. Janssens, goewerneur van die Kaap tydens die Bataafse bewind (1803–1806) aan die hand doen dat in Outeniqualand ’n “Europische Colonie” gestig moes word.

Ná 1798 was die omgewing van die latere George deel van die nuwe gemeente Swellendam en ná die stigting van die drosdy, het dit aanvanklik so gebly. Van Kervel het die onderwys en godsdiens in ‘n treurige toestand aangetref en op sy aanbeveling gee sir John Cradock, Caledon se opvolger as goewerneur, toestemming tot die oprigting van ‘n kerk en belowe geldelike steun.

Op 23 April 1811 vaardig die indertydse goewerneur, graaf Caledon, ’n proklamasie uit ter stigting van ’n nuwe drosdy, naamlik George’s Drostdy, wat dan ook op dieselfde dag van Swellendam afgestig word. ’n Dorp word aangelê en deur die eerste landdros, A.G. van Kervel, uitgelê. “George Town”, soos dit in die beginjare bekendgestaan het, was die eerste plek wat aan die Kaap gestig is ná die Britse bewindsoorname en is al beskryf as die mees Engelse nedersetting in die hele Suid-Afrika vanweë die lowerryke ligging en die koel, nat klimaat.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-george/)