f.2. Magdalena Johanna VAN DER WESTHUIZEN, geb. 09/06/1843, ged. 04/09/1843

f.2.  Magdalena Johanna, geb. 09/06/1843, ged. 04/09/1843, George x 30/11/1863, Oudtshoorn met Jeremias Cornelis BOUWER, geb. 11/04/1837, s.v. Jacobus Johannes Bouwer en Clasina Petrnella Janse van Rensburg.  

Magdalena Johanna was die dogter van Johannes Christiaan van der Westhuizen en Johanna Maria Petronella Beneke.

Namate die bevolking gegroei het, het die behoefte aan ’n eie kerkgebou groter geword en is die eerste Godshuis aan die onderpunt van die teenswoordige Georgeweg ingewy. Tot 1845 is die gemeente Oudtshoorn deur die leraars van George bearbei, eers ds. Herold en later ds. Johan Ballot. In daardie jaar is die gemeente Mosselbaai gestig en is ’n groot deel van Oudtshoorn, om die een of ander onverklaarbare rede, kerklik sowel as siviel onder Mosselbaai geplaas.

Hierdie afskeiding het ’n hewige stryd laat ontbrand, nie alleen tussen die gemeentes van George en Mosselbaai nie, maar ook by die inwoners van Oudtshoorn wat nie graag van George afgesny wou wees nie. Die regstreekse uitvloeisel daarvan was die afstigting van die gemeente Oudtshoorn op 11 Oktober 1853. Weens finansiële moeilikhede is die eerste leraar, ds. Van der Riet, eers op 3 Mei 1857 bevestig.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-oudtshoorn/)


AANGENOMEN TE OUDTSHOORN OP 29 SEPTEMBER 1871 (Deel 72)
Magdalena Johanna VAN DER WESTHUYSEN, *9 Jul 1842 (Grootkruis) Huisvrouw van Jeremias Bouwer

Kinders:

g.1.  Maria Susanna Petronella BOUWER, geb. 1872

g.2.  Petronella Cornelia BOUWER, geb. 1874

g.3.  Jacob Johannes BOUWER, geb. 1876

g.4.  Johannes Christiaan BOUWER, geb. 1877