f.1. Sara Johanna VAN DER WESTHUIZEN, geb. 25/09/1833, ged. 23/02/1834

f.1.  Sara Johanna, geb. 25/09/1833, ged. 23/02/1834, Beaufort-Wes x 11/04/1853, Prins Albert met Christiaan HATTINGH, geb. 31/10/1826, ged. 11/02/1827, Beaufort-Wes, oorl. 29/03/1884, Soetendalvallei, s.v. Christiaan Hattingh en Sara Johanna van der Westhuizen.  

Sara Johanna was die dogter van Jacobus Andries van der Westhuizen en Helena Dorothea van der Westhuizen.

Veldcornet:  Christiaan Hatting.

Haar naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1856.


Helena Dorothea se sterfkennis van 1867 gee nie haar ouers aan nie, maar wel dat sy met Jacobus Andries getroud was.  Haar ouderdom ten tye van haar dood bring ons ook terug tot by 1813 wat ooreenstem met haar geboortedatum.  Die kinders wat gelys word, verskil egter baie van die inskrywings met hulle doop.  Ek plaas dit met huiwering hier in die hoop dat latere bevestiging verkry sal word.  Die eerste kind word as Hester Susarah Johanna aangegee, getroud met Christiaan Hatting.