f.4. Isaak Petrus Johannes VAN DER WESTHUIZEN, geb. 05/02/1841, ged. 02/05/1841

f.4.  Isaak Petrus Johannes, geb. 05/02/1841, ged. 02/05/1841, Beaufort-Wes.

Isaak Petrus Johannes was die seun van Jacobus Andries van der Westhuizen en Helena Dorothea van der Westhuizen.

Veldcornet:  C Hatting

Sy naam kom nie voor in hulle pa se sterfkennis van 1856 nie.

Helena Dorothea se sterfkennis van 1867 gee nie haar ouers aan nie, maar wel dat sy met Jacobus Andries getroud was.  Haar ouderdom ten tye van haar dood bring ons ook terug tot by 1813 wat ooreenstem met haar geboortedatum.  Die kinders wat gelys word, verskil egter baie van die inskrywings met hulle doop.  Ek plaas dit met huiwering hier in die hoop dat latere bevestiging verkry sal word.  Isaak Petrus Johannes se naam kom nie voor in haar sterfkennis nie.