g.12. Schalk Willem NEL, geb. 11/11/1908, ged. 25/04/1909

g.12. Schalk Willem (Kallie), geb. 11/11/1908, ged. 25/04/1909, Kenhardt x 01/03/1944, Upington, Gordonia met Nicolene FRIEDBERG.

Schalk Willem was die seun van Johannes Willem Nel en Anna Sophia Wilhelmina Berg.

FAMILYSEARCH

Kallie Nel en sy vrou Nicolene Friedberg

Hy was ‘n groot man van ses voet vier.  Hy het eers by Hennie von Wielligh in Keimoes Hotel se kroeg gewerk.  Gys von Wielligh het hom toe aangespoor om in die slaghuisbesigheid in te gaan.  Nadat hy ‘n klompie geld bymekaar gemaak het, is hulle toe Taungs toe, waar hy ‘n paar besighede bedryf het.

Kallie Nel staan by die portret

Daar was slegs ‘n halfuur verskil in tyd, toe Kallie en sy broer Willem begrawe is.  ‘n Sêding wat sy seun Jannie altyd gehad het was:  “Moenie ‘n goeie mens kwaad maak nie.  Dit is ‘n vreeslike ding.”  Hulle dogter Nicolene was die blommemeisie op Anna en Ernie Bird se troue.