g.13. Hendrina Maria NEL, geb. 1890

g.13.  Hendrina Maria, geb.  1890 x Jacobus Nel (Kolie) BOLTMAN, s.v. Jacobus Petrus Boltman en Alida Hester Jacoba Strauss.

Hendrina Maria was die dogter van Jan Harmse Nel en Jannetjie Sophia Nieuwoudt.


Die stamvader van die Boltmans in Suid-Afrika was Pieter Pietersz Boltman. Hy was afkomstig vanaf Kopenhagen in Denemarke. Op 9 Junie 1811 het hy met Clara Elizabeth van die Kaap in die huwelik getree (Schutte gd:21; Heese & Lombard 1986:322). Pieter P Boltman het vier kinders gehad wat buite die eg gebore was aangesien hy eers in 1811 getrou het. Sy tweede seun was Frederik Henricus Boltman, gebore in Kaapstad, waarskynlik in 1792. Hy het as winkelier in Kaapstad ‘n lewe gemaak en daar met Christina Petronella Jacoba Kuuhl op 1 Mei 1825 getrou. Hy het op 21 September 1837 op die ouderdom van vyf-en-veertig jaar in Kaapstad gesterf. Die egpaar het sewe kinders gehad (Heese & Lombard 1986:322). Hulle sesde kind was Petrus Jacobus, gebore op 18 Julie 1834. Hy het in Stellenbosch met Emerentia Jacoba van Ellewee getrou wat in 1875 in Calvinia gesterf het, ‘n maand na haar laaste kind se geboorte (Schutte gd:21). Tien kinders is uit die huwelik gebore. Die afleiding kan gemaak word dat hulle een of ander tyd vanaf die Kaap na Calvinia verhuis het, want die eerste drie kinders is in Stellenbosch gebore, die vierde in Franschhoek, die vyfde weer in Stellenbosch en die laaste vyf in Calvinia (Schutte gd:27). Petrus Jacobus het na sy vrou se dood weer in Calvinia met Alida Hester Jacoba Strauss getrou en ‘n tweeling, Hester Jacoba en Jacobus Nel, is uit die huwelik gebore (Heese & Lombard 1986:322). 


Jacobus Nel Boltman het met Hendrina Maria Nel getrou en die plaas Sewefontein uit die insolvente boedel van Heremias Cornelius Nel gekoop.


The farm Quispberg:  In 1954 the seven fideicommissary heirs of Nicolaas Kotze together with the other joint owners of the farm at that time, Nicolaas Everhardus Nel and Jacobus Nel Boltman, agreed to sub-divide the farm in accordance with the 1920 diagrams. They applied to the Deeds Office for the sub-division of the farm and it was subdivided into three portions, as follows:

 Portion 1 - registered in the name of Nicolaas Everhardus Nel and held under deed of partition transfer T4799/1954 (2706, 6411 hectares) 
Portion 2 - registered in the names of the seven Kotze fideicommissaries and held under deed of partition transfer T4798/1954(1373, 0208 hectares) 
Remainder - registered in the name of Jacobus Nel Boltman and held under deed of partition transfer T4800/1954 (4123, 3051 hectares).  (http://www.justice.gov.za/lcc/jdgm/1999/5-99.pdf) 

Aan  Nicolaas Everhardus Nel (gebore 1 Junie 1879) Blanke Groep Seker stuk afgeskafte erfpaggrond synde die plaas genoem THEE BERG, gedeelte van Quispberg, geleë in die afdeling Calvinia.  Groot 3160 Morge Volgens Kaart No: 3255/1920 

Aan Jacobus Nel Boltman (gebore 11 September 1880) Blanke Groep Seker stuk afgeskafte erfpaggrond synde die restant van die plaas genoem QUISPBERG, geleë in die Afdeling Calvinia. Groot volgens restant 4813 morge 572
vierkant roede.”  (http://www.justice.gov.za/lcc/jdgm/1999/5-99.pdf)

Jacobus Nel Boltman (Kolie) en Hendrina Maria het vyf kinders gehad. Die bande tussen die Nels en Boltmans is verder versterk deurdat twee van die Boltman kinders, Janetta Sophia (Netta) en haar broer Jacob Cornelius (Japie) met ‘’n Nel broer en suster, Willem Gabriël Brynard en Johanna Catherina (Hanna) getrou het. Jacobus Nel Boltman het ook sy grond verdeel en dit is deur sy seuns, Petrus Jacobus (Kosie) en Jacob Cornelius (Japie) Boltman by hom gekoop.  Petrus Jacobus het die gedeelte Melkkraal gekoop en sy broer Jacob Cornelius, Sewefontein.  Op 16 Februarie 1977 het P.J. (Kosie) die gedeelte Sewefontein wat aan sy broer Jacob Cornelius (Japie) behoort het, gekoop. In 2002 gaan Melkkraal en Sewefontein oor in die hande van sy enigste seun, Jacobus Nel (Buks) Boltman.  Laasgenoemde boer tans nog op die plase Sewefontein en Melkkraal. Die plaas is dus vanaf 1930 in die hande van die Boltman-familie.  (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)



Kinders:

h.  Petrus Jacobus (Kosie) BOLTMAN

h.  Jacob Cornelius von Ellewee (Japie) BOLTMAN, geb. 12/05/1927 x 05/04/1967 met 
Johanna Catharina (Hanna) Nel, geb. 02/04/1939, ged. 06/06/1939 

h.  Janetta Sophia (Netta) BOLTMAN, geb. 12/12/1921 x 23/06/1952 met 
Willem Gabriël Brynard Nel, geb. 12/07/1920, Ratelskip, Karoo, oorl. 12/08/1964, Boskloof