g.3. Nicolaas Everhardus NEL, geb. 01/06/1879

g.3.  Nicolaas Everhardus (Kallie), geb. 01/06/1879, oorl. 23/01/1958 x 23/01/1899, Vanrhynsdorp met Susanna Maria VAN ZYL, geb. 20/09/1876, oorl. 29/09/1954.

Nicolaas Everhardus was die seun van Jacobus Nel en Elizabeth Helena Catharina Louw.

Uit hulle ma se sterfkennis van 1918:
FAMILYSEARCH

Die ander gedeelte van die plaas Sewefontein wat aan Jacobus Nel behoort het, is vanuit sy boedel aan Nicolaas Everhardus Nel oorgedra op 27 September 1921. (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)

Seker stuk afgeskafte erfpaggrond synde die plaas genoem LONDON gedeelte van Quispberg, geleë in the Afdeling Calvinia. Groot 1603 Morge Volgens Kaart NO: 3256/1920 Aan 2 Nicolaas Everhardus Nel (gebore 1 Junie 1879) Blanke Groep  Seker stuk afgeskafte erfpaggrond synde die plaas genoem THEE BERG, gedeelte van Quispberg, geleë in die afdeling Calvinia. Groot 3160 Morge Volgens Kaart No: 3255/1920 Aan 3 Jacobus Nel Boltman (gebore 11 September 1880) Blanke Groep  Seker stuk afgeskafte erfpaggrond synde die restant van die plaas genoem QUISPBERG, geleë in die Afdeling Calvinia. Groot volgens restant 4813 morge 572 vierkant roede.” (http://www.justice.gov.za/lcc/jdgm/1999/5-99.pdf)

Jare gelede het die persone wie toe eienaars was van die onverdeelde aandele van die voormelde eiendom Quetsberg ooreengekom om die eiendom te verdeel sodat elke eienaar ’n bepaalde aandeel daarvan sal kry.  Die presiese datum wanneer die verdelingsooreenkoms aangegaan is, is nie aan ons bekend nie.  In 1920 was die voormelde Nicolaas Everhardus Nel tesame met Hermias Cornelius Nieuwoudt Nel en wyle Nicolaas Kotze, as ‘fidusiarius’, wie op 4 Julie 1942 oorlede is, die eienaars van die eiendom soos hierin tevore vermeld, en hulle het toe opdrag gegee aan Landmeter Louw om die voormelde plaas Quetsberg te verdeel in ooreenstemming met die verdelingsooreenkoms en waarvolgens elke eienaar ‘n bepaalde aandeel van die eiendom sou kry.   Die opmeting is gedoen en die kaarte is goedgekeur.  Hiervolgens kry elkeen die volgende aandeel: 
(a) Nicolaas Everhardus Nel Seker stuk afgeskafte erfpaggrond synde die plaas genoem Theeberg ‘n gedeelte van Quetsberg GROOT: 3160 morge VOLGENS: Kaart. no 3255/20. 
(b) Hermias Cornelius Nieuwoudt Nel Seker stuk afgeskafte ergpaggrond Synde die restant van die plaas Quetsberg GROOT: volgens restant: 4813 morge, 572 vierkante roede. 
(c) Wyle Nicolaas Kotze Seker stuk afgeskafte erfpaggrond Synde die plaas London, gedeelte van Quetsberg GROOT: 1603 morge VOLGENS: Kaart no. 3256/20. 6. 
Sedert die tyd toe die Landmeter die opmetings en verdelings gedoen het het elke eienaar sy afsonderlike stuk grond as sy vrye en absolute eiendom gebruik sonder inmenging van die een of die ander.  Hulle het in alle opsigte eiendomsregte ten opsigte van die bepaalde stukke grond uitgeoefen. . Na die dood van wyle Nicolaas Kotze in 1942 het sy erfgename sy gedeelte van die grond bekend as London voortdurend as hulle uitsluitelike en bepaalde aandeel gebruik.  Ons gaan nou voort tesame met die erfgename in boedel wyle Nicolaas Kotze om verdelingstransporte te laat registreer volgens die verdelingskaarte wat in 1920 goedekeur is.”  (http://www.justice.gov.za/lcc/jdgm/1999/5-99.pdf)

Op 1 April 1954 is al die grond van die eienaars Nicolaas Everhardus Nel, Jacobus Nel Boltman, PJ Kotze en andere, finaal verdeel.  (‘n Kultuurhistoriese perspektief op plaastoerisme - gevallestudie van die plase Soutpan en Sewefontein in die groter Calvinia en Nieuwoudtville-distrik deur Mara Visser (nee Theron) – tesis- Maart 2010)