g.4. Hendrik Jacobus VAN DER WESTHUIZEN, geb. 07/02/1873, ged. 13/07/1873

g.4.  Hendrik Jacobus, geb. 07/02/1873, ged. 13/07/1873, Willowmore, oorl. 08/02/1954, Marquard x 24/10/1904, Mushroomvalley, dist. Winburg met Jennie Winifred PITOUT, geb. 1882, Silvestersvlei, dist. Winburg, oorl. 14/04/1958, Marquard, d.v. Daniel John Pitout en Julia Winifred Wilson.  Woon Marquard.  Geen kinders.

Hendrik Jacobus was die seun van Hendrik Jacobus van der Westhuizen en Aletta Elizabeth Johanna Nortje.

Volgens SAG is Hendrik Jacobus die kind van die ouers soos hierbo aangedui.  Uit die Bybel inskrywing van Hendrik Jacobus was hy van Vledermuispoort en was sy geboortedatum egter 06/02/1870.  Hierdie datum stem ook ooreen met sy sterfkennis van 1954 wat sy ouderdom as 84 en geen maande aangee. 

Ontvang Bybel met voorstelling Willowmore 01/10/1889 van Leraar Beijers:
VAN DER WESTHUIZEN Hendrick Jacobus, gebore 1870 en Jennie Winifred PITOUT.  From the National Museum, Bloemfontein, with thanks to Sudré Havenga the photographer (http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=1235996)

VAN DER WESTHUIZEN Hendrick Jacobus, gebore 1870 en Jennie Winifred PITOUT.
From the National Museum, Bloemfontein, with thanks to Sudré Havenga the photographer
(http://www.eggsa.org/documents/main.php?g2_itemId=1235999)

Met hulle huwelik in 1904 is hy 'n boer van Willowmore en sy 'n jongmeisie van Winburg.

Met die opstel van sy testament, woon hulle in Marquard, dist. Senekal.

Uit testament van 1944:
Hendrik Jacobus Nel, geb. 20/03/1915 ‘n Susterskind van die Testateur, tans woonagtig op Zastron ons Erwe Nos. 113 en 115, geleë in die dorp Marquard,dist. Senekal, tesame met ons huisraad.

Uit sy sterfkennis in 1954 is sy plek van geboorte Willowmore, sy ouers Hendrik Jacobus van Odendaalsrus en Aletta Elizabeth Johanna Nortje van Marquard. Sy gewone woonplek is Marquard en hy is getroud met Jennie Winifred Pitout.  Hulle laat geen kinders na nie.

Alhoewel sy sterfkennis die name van sy susters aangee is dit moeilik om ooreenstemming met die susters soos in SAG aangegee te sien.

Name van kinders van oorledene en of hulle meerderarig of minderjarig is

Oorledene laat geen kinders na nie, maar wel die volgende susters:

(1)  Lenie NEL (gebore Van der Westhuizen), Weduwee

(2)  Emily VAN RENSBURG (gebore van der Westhuizen, getroud met John van Rensburg.

(3)  Annie BOTHA (gebore van der Westhuizen), Weduwee

-   Almal mondig