g.4. Johannes Petrus Diedrich VAN DER WESTHUIZEN, geb. 26/05/1849, ged. 05/08/1849

g.4.  Johannes Petrus Diedrich, geb. 26/05/1849, Klein Kruis, dist. Oudtshoorn, ged. 05/08/1849, George, oorl. 01/06/1893, Roodeheuwel, dist. Uniondale x 18/11/1872, Uniondale met Maria Elizabeth MAREE, geb. c. 1852. 

Johannes Petrus Diedrich was die seun van Burgert Christiaan Daniël van der Westhuizen en Susanna Cornelia Johanna Maree.

Sy naam kom nie voor in hulle ma se sterfkennis van 1895 nie: 

Namen der Kinderen van den Overledene en of dezelve meer of minderjarig zyn – Geziena 2de Anna 3de Burgerd Daniel 4de Christina Wilhelmiena 5de Lucas 6de Helena Petronella 7de Salomiena 8de Susanna

Allen meerder jarig


Die kerklike gemeente van Oudtshoorn is  eers op 11 Oktober 1853 gestig. Tot 1798, toe die gemeente Swellendam gestig is, is die mense van hierdie streek onder  die gemeente van Tulbagh ingedeel. Die gemeente George is in 1812 gestig en is Oudtshoorn onder daardie gemeente ingedeel. Vir die eerste keer is ’n kerkraadslid vir hierdie wyk gekies. Die eerste kerkgebou is aan die onderpunt van George weg (nou Langenhovenweg) opgerig. Die kerkplein was noord van die kerk geleë, in die omgewing van Plein straat.  Cornelis Petrus Rademeyer het  vir hierdie doel  5 morge van sy plaas beskikbaar gestel in 1838. Die kerk is in 1839 ingewy.  (https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/)

(https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/)

Op 11 Oktober 1853 is die gemeente van Oudtshoorn gestig. Weens finansiële probleme kon die eerste leraar, Ds van der Riet, eers op 3 Mei 1857 bevestig word. Op 7 November 1859 is tot die oprigting van ’n nuwe kerkgebou besluit. Op 15 Januarie 1861 het die hoeksteenlegging plaasgevind.  (https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/)

AANGENOMEN TE OUDTSHOORN OP DEN 5 JULY 1867 (Deel 51)
Johannes Petrus Diederik V.D. WESTHUYZEN, *26 Mei 1849 (Kruis) Dan.z.

Weens finansiële moeilikhede is dié sierlike gebou eers op 7 Junie 1879 ingewy teen ’n koste van R22425. Die bouery was twee keer gestaak en wel  gedurende Oktober 1863 en weer gedurende Desember 1865.  (https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/)

(https://johannclaassen.wordpress.com/2012/04/14/die-ng-moedergemeente-oudtshoorn-1853-1953-8-2/)