g.5. Rynier Johannes VAN DER WESTHUIZEN, geb. 12/07/1882, ged. 14/11/1882

g.5.  Rynier Johannes, geb. 12/07/1882, ged. 14/11/1882, Uniondale, oorl. 11/5/1960, Graaff-Reinet.

Rynier Johannes was die seun van Johan Christiaan van der Westhuizen en Adriana Hendrina Johanna van Jaarsveld.

Sy naam kom voor in hulle ma se sterfkennis van 1894.

Die dorp Uniondale het in 1856 ontstaan toe die eienaars van elk van die twee dele van die plaas Rietvallei, menere James Stewart en ene Du Preez, elkeen ’n dorpie aanlê, naamlik Hopedale en Lyon. Die dorpies het aan mekaar gegrens, maar daar was onenigheid tussen die twee eienaars tot hulle op 24 September 1865 ’n brief aan die Nederduitse Gereformeerde Kerk se Ring van George geskryf het waarin hulle te kenne gegee het dat hulle graag die dorpies wou verenig as Uniondale. Daarom vra hulle die ring om ’n gemeente hier van die NG gemeente George af te stig.

Die Ring voldoen op 19 Oktober 1865 aan die versoek en op 20 Januarie 1866 word die gemeente amptelik gestig met ds. A.G.M. Kuys van George as konsulent. Hy het die gemeente vier jaar lank bedien in die eerste NG kerkgebou (tussen die twee dorpies opgerig).  In Januarie 1870 is prop. P.D. Rossouw as eerste leraar van die gemeente bevestig.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-uniondale/)