g.7. Abraham Pieter NEL, geb. 25/03/1902

g.7.  Abraham Pieter (Piet), geb. 25/03/1902, oorl. 06/03/1968, x Johanna Maria (Matty) VAN NIEKERK, geb. 06/09/1905, oorl. 11/03/1996, d.v. Amos van Niekerk en Johanna Maria NN.

Abraham Pieter was die seun van Abraham Pieter Nel en Hendrina Maria Hendrikse.


Piet, sy pa se naamgenoot, was ‘n stil en ernstige man.  Hy was die tipe persoon wat geen mens ooit enige kwaad sou aandoen nie.  Hy het ‘n baie sagte geaardheid gehad.  As volwassene het Piet heerlik boere-oorlogstories vertel, asof hy self daar was.  Dit was sy pa se stories wat hy so oorgedra het.  Die kinders het aan sy lippe gehang.

Kort voor sy dood het Piet Nel het vir Piet gevra om na sy (laat lam) broertjie Izak om te sien.  Izak het vir ‘n paar jaar by Piet gewoon.

Sy vrou, Johanna Maria (Matty) van Niekerk was ‘n meisie van Kakamas.  Haar bynaam was Hansie.  Sy was die tweede oudste dogter van Amos van Niekerk, wat ‘n baie godsdienstige boer was.  Matty het ‘n kafee gehad vir die mense wat die valle kom besoek het.  Piet en Matty het twee kinders gehad.

EGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies Padrooi 13  Nel cemetery


EGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies Padrooi 13  Nel cemetery