Geskiedkundige agtergrond

Die Stewarts wat hier van toepassing is, is die Stewarts wat na Australië verhuis het.  Australia was aanvanklik Hollandse besit en hulle het die kontinent New Holland genoem.  In 1770 het Kaptein James Cook in Botany Bay aan die Oostelike kant van Australië geland en so New South Wales vir Brittanje geannekseer.  Op daardie stadium het Brittanje ‘n baie groot probleem met misdaad gehad.

Baie van die Britse burgers wat vir generasies vantevore op plase ‘n lewe gemaak het, het na die stedelike gebiede verskuif.  Werkloosheid was baie hoog en misdaad was aan die orde van die dag.  Brittanje het nie beheer daaroor gehad nie en hulle het probeer om die misdaad af te skrik deur mense in die openbaar op te hang.  Selfs vroue en kinders is opgehang vir misdade wat nie ernstig was nie.  Toe die Britse tronke vol was, het die Britse regering besluit om die misdadigers na Amerika weg te stuur.  Teen 1776 het dit tot ‘n einde gekom en hierna is gevangenisse op ou ongebruikte skepe op die Thames rivier gehuisves.  Toestande was egter haglik.

Daar is besluit dat Australië ‘n geskikte plek sou wees, om hierdie misdadigers heen te stuur.  Op 26 Januarie 1788 het die Eerste vloot in Sydney Cove geland en het dit die vestiging van blankes in Australia ingelui.  Die eerste Stewart, nl. Margaret Stewart was een van die gevangenis in hierdie vloot.  Op die Tweede Vloot van ses skepe was John Stewart, Mary Stewart en Susannah Stewart.  Die Derde Vloot van 11 skepe het in 1791 aangekom.  Charles en James Stewart was in hierdie vloot.  In die gevangene vlote wat hierna gevolg het, was daar verskeie persone met die van Stewart.

Australië was aanvanklik ‘n strafkolonie.  Met die Australiese goud stormlope het verskeie Stewarts die land ingekom.  Teen die jaar 1868 is die ballingskap van gevangenes beeindig.

Die pionier setlaars van New South Wales het in ‘n aantal katagorieë geval en die Stewarts word gevind in elke katagorie.  Eerstens was daar die bevryde gevangenis wat setlaars geword het.  Tweedens was daar die militêre mans wat setlaars en grondeienaars geraak het.  Onder hulle was ‘n William Stewart (1769 – 1854) wat as Luitenant goewerneur in 1825 in Australie aangekom het.  Derdens was daar die gouddelwers en vierdens was daar mense met ander beroepe en ambagte wat ‘n nuwe lewe in Australië kom soek het.

In 1821 was daar slegs een kolonie, genoem New South Wales, in Australië en dit het die helfde van die vasteland in beslag geneem.  In 1825 was Van Diemen’s Land as ‘n aparte kolonie benoem en in 1856 is die naam na Tasmania verander.  In 1829 was Perth in Wes- Australië gevestig en die kolonie van Suid Australië is begin in 1836.  Victoria het ‘n aparte kolonie geraak in 1851 en Queensland in 1859.

Daar was (vanaf 1801 – 1899) verskeie ontdekkingsreisigers wat die land deurkruis het.

Australiese ontdekkingsreise in die 19de eeu.  Hierdie kaart toon die roetes wat deur die ontdekkingsreisigers gevolg is tot 1889.  Aan die begin van die 19de eeu was die binneland grootliks onbekend aan die setlaars.  Teen 1850 het ontdekkingsreise honderde kilometers die binneland in getrek