h.1. Abraham Pieter NEL, geb. 20/08/1937

h.1.  Abraham Pieter (Abie), geb. 20/08/1937, oorl. 27/09/2010 x Jacomina Hendrina (Irene) LOUBSER, geb. 23/06/1941, d.v. Johannes Jacobus Laubscher en Johanna magdalena Christina Müller.

Abraham Pieter was die seun van Johannes Izak Nel en Anna Jacoba Kruger.



Abie is op 20 Augustus 1937 gebore.  Dr. F.M. Joubert het vir die bevalling uitgekom.  Met die dag van sy geboorte het daar drie vliegtuie naby die familiebegraafplaas geland.  Dit was ‘n baie ongewone gebeurtenis en alhoewel die omgewing se mense nie geweet het wie die vlieëniers was nie, het hulle daar byeengekom.

Abie het eers in die plaasskool skoolgegaan.  Daaarna is hy na Renosterkop se Rietskool, waar hy by Mnr. Aikman skoolgegaan het.  Hierna is hy Kakamas toe vir sy verdere skoolopleiding, waarna hy na die Hoër Jongenskool in die Paarl is.  Die kinders het trein gery van Upington af tot in die Paarl.  Die eerste deel van die rit was tot op De Aar.  Van daar af is die kinders van SAP ondersteuners Grahamstad toe, terwyl die kinders van die NAT ondersteuners Boland toe is.

Izak Annie en Abie

Op 16 April 1966 is Abie met Jacoba Hendrina (Irene) Loubser getroud.  Irene het op Kakamas skoolgegaan tot matriek.  Izak en Kolie was bure en Irene se ma was ‘n niggie van Ella.  Sy het oor naweke by hulle gaan kuier.

Irene is na die Universiteit van Stellenbosch toe in 1960.  Abie het baie van haar gehou en dit was so ‘n ernstige saak by hom dat hy daaroor gebid het.  Nadat sy haar maatskaplike studies klaargemaak het, het sy op Christiana gaan werk.  Abie het daar vir haar gaan kuier.  Hierna is sy Pretoria toe, waar sy in groepwerk met kinders gespesialiseer het en  ook later as organiserende sekretaresse gedien het.  Sy het van die begin af gesê dat sy eers vir drie jaar wou werk en sy was ‘n meisie met ‘n sterk wil.

Abie het een maal per maand met die Dakota vliegtuig vanaf Upington na Johannesburg toe gevlieg.  Dan het hy op die Vrydag opgevlieg en op die Maandag teruggevlieg.  Hy het in die Union Hotel gaan bly, wat ‘n baie deftige hotel was.  Hy het dit volgehou totdat hulle getroud was.


As hoogtepunt in hul lewens is Johannes Izak een jaar en vier maande na hulle huweliksbevestiging gebore en Johannes Jacobus eers vyf jaar later. 

Na die ontwikkeling van die vervoer- en koeltroknetwerk, kon vars druiwe na die hoof plaaslike markte, t.w. Johannesburg, Kaapstad en Durban vervoer word.  Hierdie ontwikkeling het Suid-Afrika se uitvoermark moontlik gemaak.

In 1979, toe daar elektrisiteit op Rooipad aangelê is, is daar begin met die aanplanting van die buitgronde.  Abie het die eerste een hektaar proefperseel onder mikrobesproeiing geplaas in 1979.  Hy en Burger du Plessis het begin met buitegrondwingerd.  Daar is ‘n pompstasie met ‘n pyplyn wat oor die Augrabies Nasionale Park se gronde loop, op R.K. Oosthuizen se grond opgerig.  Water is oor ‘n afstand van 2.2 km aangelê.  In 1984 is die eerste druiwe van die plaas Rooipad uitgevoer.  Unifruco was die alleenuitvoerder en Burger du Plessis en Abie Nel het die eerste koelgeriewe in die omgewing gehad.


Baie van die Rooipad werkers woon al hul hele lewe op die plaas.  So ‘n werker is die kleurlingman Oupa Koos (Jacobus Basson) wie diep spore in die ontwikkeling van die boerdery getrap het.    Oupa Koos het oorspronklik by A.P. Nel, Abie se oupa op die plaas begin werk.  Na A.P. Nel se dood het hy by Abie se pa gewerk en na sy dood het hy by Abie gewerk tot met sy aftrede in 1988.


EGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies padrooi 13 Nel cemetery