h.1. Abraham Pieter NEL, geb. 06/11/1924

h.1.  Abraham Pieter (Pieter), geb. 06/11/1924, oorl. 13/10/1976, x Alida Benoni (Lida) VAN ZYL, geb. 15/05/1929, oorl. 04/07/2003.

Abraham Pieter was die seun van Egbertus Johannes Nel en Anna Catharina Kotze.

Onder regs:  Pieter en Marietjie



























1933 – Pieter, Mias en Drienie – nadat Drienie maagkoors gehad het

V.l.n.r.  Sannie Smit,  Pieter, Bertus, Jeantie Nieuwoudt, Drienie, Krisjan Smit, Eliza Nieuwoudt.

Pieter het sy vrou Lida op Vanrynsdorp ontmoet.  Dit was ‘n baie droë jaar en die mense het met hulle vee na Vanrynsdorp se wêreld toe getrek, agter weiding aan.  Sy was jonk toe hulle getroud is.  Hulle het eers op Nabees, ‘n plaas in die Boesmanland gewoon.  Hulle eerste baba is kort na geboorte dood. Laterjare het hulle na Rooipad toe getrek.  Op Rooipad het hulle in die huis wat die naaste aan die valle se pad was, gaan woon.


Links:  Pieter en Lida    Regs:  Pieter en sy niggie Mollie  

Pieter het op die plase Nabees, Rooipad, Vredehoek en Sandvlei met karakoele geboer.  Hy het by verskeie geleenthede die Suid-Afrikaanse kampioenram en –ooi van die karakoelbedryf besit.

























Hy was nog jonk toe hy aan kanker dood is.  Ses weke nadat hy uit die Kaap gekom het, waar hy behandel was, is hy oorlede.  Lida het vir ‘n tyd lank nog op Rooipad gewoon.  Toe hulle seun Egbie begin boer het, het sy Kakamas toe getrek.

EGGSA
Northern Cape, Gordonia district, Augrabies padrooi 13 Nel cemetery