c.4. Aletta Johanna VAN DER WESTHUIZEN, ged. 15/01/1713

c.4.  Aletta Johanna, ged. 15/01/1713, Drakenstein, Jonk dood.

Aletta Johanna was die dogter van Nicolaas van der Westhuizen en Catharina Olivier.

DG: Hans Heinrich Hatting en Marguerite-Therese de Savoye.

Die NG Gemeente Paarl is die derde oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Die gemeente het vroeër as Drakenstein bekend gestaan.  Die gemeente se ontstaan is ’n voortvloeisel van die koms van die Franse Hugenote na Suid-Afrika in 1688. Hulle het aanvanklik geressorteer onder die NG Gemeente Stellenbosch, maar in 1691 is hulle tot ‘n afsonderlike gemeente, destyds Drakenstein, gevorm.

Die eerste plek van samekoms was iewers in die buurt van Simondium geleë in ’n geboutjie van hout en klei wat sommige beskryf het as ‘n “vuile hokje” of “‘n gevaarte”. Hier het ds. Pierre Simond, wat saam met die Hugenote Kaap toe gekom het, in keurige Frans gepreek, tot hy in April 1702 sy laaste preek aan die Kaap gehou en na Europa teruggekeer het.

 

Van Stade se skildery met die eerste kerkgeboutjie  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-die-paarl/)