c.6. Cornelis VAN DER WESTHUIZEN, ged. 30/08/1716

c.6.  Cornelis, ged. 30/08/1716, Drakenstein, oorl. c. 1789, Ronderug, Clanwilliam x 23/03/1754, Kaapstad met Claudina ENGELBRECHT, geb. 03/11/1737, Kaapstad, d.v. Jan Engelbrecht en Jeanne Guillaume.  

Cornelis was die seun van Nicolaas van der Westhuizen en Catharina Olivier.


https://www.wikitree.com/photo.php/c/ca/Van_den_Westhuijsen-1.jpg

Cornelis
Baptised: 1716, (den 30ste August:)
Father: Claas van den Westhuijsen
Mother: Katrijn Oliviers
Witnesses: Cornelis Olivier en Nijltie Olivier
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Drakenstein, Baptism register, 1694-1745, page 44. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G3 3/1. Transcribed by Lizette Svoboda (1702-1716) and Corney Keller (1733-1745), from photocopies of Cape Archives VC 644

Die NG Gemeente Paarl is die derde oudste gemeente van die Nederduitse Gereformeerde Kerk in Suid-Afrika. Die gemeente het vroeër as Drakenstein bekend gestaan.  Die gemeente se ontstaan is ’n voortvloeisel van die koms van die Franse Hugenote na Suid-Afrika in 1688. Hulle het aanvanklik geressorteer onder die NG Gemeente Stellenbosch, maar in 1691 is hulle tot ‘n afsonderlike gemeente, destyds Drakenstein, gevorm.

Die eerste plek van samekoms was iewers in die buurt van Simondium geleë in ’n geboutjie van hout en klei wat sommige beskryf het as ‘n “vuile hokje” of “‘n gevaarte”. Hier het ds. Pierre Simond, wat saam met die Hugenote Kaap toe gekom het, in keurige Frans gepreek, tot hy in April 1702 sy laaste preek aan die Kaap gehou en na Europa teruggekeer het.

 

Van Stade se skildery met die eerste kerkgeboutjie  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-die-paarl/)


Claudina Engelbrecht was die dogter van Jan Engelbrecht van Zaandam wat in 1717 met die skip Linschoten in Tafelbaai aangekom het.  Vir 12 jaar het hy sy beroep as kuiper beoefen en toe burgerskap verkry.  Intussen is hy met Johanna Guillaumet, 'n meisie van Hugenote afkoms getroud.  Hulle het 4 kinders gehad waarvan Claudina die enigste dogter was.  (Redelinghuys, J.H.:  Die Afrikaner-familienaamboek, Kaapstad, 1955).

Tussen 27 Junie 1779 en 13 Januarie 1780 ondergaan die reisiger kol. Robert Jacob Gordon sy vierde reis na die binneland.  Op 21/22 Julie 1979 kom hy in aanraking met Cornelius, seun van Nicolaas van der Westhuizen (op hul veeplaas 'n ent noord van Meerhofs Kasteel) net suid van die Kamiesberge.  Van der Westhuizen se veepos word beskryf as ‘n ronde hut (built of sticks) met matte en geen stoel of tafel.  Gordon verkry melk van die Van der Westhuizen huishouding waar sy geselskap die vrou en kinders aantref.  Daar is ook ‘n ploegland langs die rivier (moontlik die Groene Rivier)  Gordon neem ‘n geologiese lesing vanaf die hut met die Kamiesberge ses myl Noord-oos die hoogste Noordelike piek Noord 10 grade oos.  Hy beskryf die vrou as ‘n heldin en dat sy goed kan skiet.  Haar nooiensvan is Engelbrecht.  Haar pa is van Amsterdam en haar ma se van was Guilliame.  Hy gaan aan om o.a. te vertel van haar heldhaftigheid met ‘n leeu.


Die Franse natuurkundige reisiger en kunstenaar Francois le Vaillant het die Kaap van 1781 tot 1784 besoek, rondgereis en pragtig geilustreerde boeke oor sy wedervaringe en ontdekkings gepubliseer.  Hy het die Afrikanervroue egter beskryf as tiranne wat die Kaap met ‘n ysterhand geregeer het.  So vertel hy dat die boervrou Claudina (Engelbrecht) van der Westhuizen van die plaas Klipvallei in die Kamiesberge die baas van die plaas was en dat haar man, Cornelis glad niks te sê gehad het nie.

Levaillant’s second expedition (1783) was in a northerly direction towards the Orange River.  The party continued to travel northwards.  Lavaillant went to the house of a farmer called Van der Westhuizen, which may have been located at Ellenboogfontein, some 6 km west of Kamieskroon.  (Rookmaaker:, L.C.:  The Zoological Exploration of Southern Africa 1650-1790)

Die Skotse sendeling en ontdekkingsreisiger eerw. John Campbell het dieselfde plaas in 1814 besoek en die weduwee Van der Westhuizen daar aangetref.  Volgens sy reisbeskreiwings hou die ryk vrou haar menigte slawe in toom deur vir die siekte van ongehoorsaamheid ‘n stewige dosis van veertig houe min een toe te dien.  Campbell het aan haar vertel wat Le Vaillant oor haar geskryf het.  Sy het daarop gevra of die Fransman dalk ook vermeld van die dag toe “hij zich onvoegsaam” teenoor haar dogters gedra het.  Die weduwee vertel toe hoe sy hom beetgekry en ‘n drag slae met die handsambok gegee het.  (Die Burger. 24/07/199)

Campbell vertel dat Glaudina Engelbrecht vroeër [jare] saam met die Franse reisiger Francois Le Vaillant, na die Kaap gereis het en dat sy hom goed met die sjambok afgeransel het for speaking improperly of her daughters.  Campbell voeg by, she is a tall and still strong woman, though in her 75th year.


Ellenboogfontein naby die huidige Kamieskroon.  (http://www.rhinoresourcecenter.com/pdf_files/140/1402103751.pdf)

(http://www.rhinoresourcecenter.com/pdf_files/140/1402103751.pdf)

Soebatsfontein is 'n klein nedersetting in die Noord-Kaap. Dit is noordoos van Hondeklipbaai en wes van Kamieskroon.  Die naam het ontstaan toe Hendrik Stievert in 1798 in hegtenis geneem is deur Boesmans onder bevel van Barend Goeieman by die fontein.  Hendrik was toe die plaasvoorman van die weduwee Van der Westhuizen. Sy Khoikhoi veewagter het hom hoor soebat vir sy lewe - tevergeefs.  Vandag loop die grense van sewe plase by die fontein bymekaar. (https://af.wikipedia.org/wiki/Soebatsfontein)

Dit wil voorkom asof Cornelis ten tye van sy huwelik met Claudina, drie buite-egtelike kinders by 'n Baster Hottentot, Kaatjie/Francina van die Kaap verwek het.  

Hulle is:

1.  Catharina van der WESTHUIZEN, ged. 11/03/1759, Swartland x  29/07/1759, Swartland met Frans Lotter/Lotriet/Lottering. 

Catharina
Baptised: 1759, 11 March 1759
Father: Cornelis D’WESTHUIJSEN
Mother: Franzina
Transcript:
Catharina. De zogneamde vader is Cornelis d’Westhuijsen
De moeder is Franzina, sijnde een Baster Hottentottin
den 11 Maart gedoopt in’t jaar 1759
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Swartland (Malmesbury), . ucfirst (adult baptism) register, 1752-1769, page 156. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G5 3/2. Note: De Naamen der Gedoopte Bejaarde Beginnende met het Jaar 1752. Transcribed by Lizette Svoboda, from photographs of Cape Archives VC 666.

https://www.wikitree.com/photo.php/f/f8/Van_der_Westhuizen-786.jpg

Kinders:
1. Francina Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 11/03/1759, Swartland
2.  Barend Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 28/07/1759, Swartland.
3.  Christina Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 29/07/1759, Swartland.
4.  Gerrit Frans Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 07/03/1762, Swartland.
5.  Francois Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 01/04/1764, Swartland.
6.  Arnoldus Lotter/Lotriet/Lottering v d K,ged. 06/04/1766, Kaapstad.
7.  Cornelis Johannes Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 19/03/1769, Swartland.
8.  Alewyn Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 10/07/1773, Kaapstad.
9.  Abraham Johannes Liebrecht Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 28/08/1774, Kaapstad.
10. Adam Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 07/04/1775, Kaapstad.
11. Catharina Magdalena Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 28/11/1779, Stellenbosch x
 25/03/1798, Kaapstad met Gerrit Antonie Nortje/Nortier, ged 10/09/1775, oorl. voor 1800 xx  02/11/1805, Graaff-Reinet met Philippus Cornelis Loots xxx 16/03/1817, Graaff-Reinet met Joachim Johannes Prinsloo xxxx  04/10/1838, Beaufort- Wes met Johannes Mans.
12. Jan Hendrik Lotter/Lotriet/Lottering v d K, ged. 20/04/1783, Kaapstad.

2.  Klaas van der WESTHUIZEN.  Stamvader van Griekwa v d Westhuizens.

One of the earliest references to the Cloete families of Melkboschkuil alias Koperberg beyond the colonial limits, originates with British military officer captain James Edward Alexander. Travelling through the country of the Little Namaquas in 1836, he found a small settlement of “white” farmers in occupation of the land at and around Koperberg. Here “three fat women, (were) grinding corn at the mat huts of a Bastard, Lang Cobus Cloete ...”, the progenitor of the Cloetes of Melkboschkuil. Although the hunter and explorer Willem van Reenen on a much earlier journey north found about the year 1792 the “half-breed” Klaas van der Westhuizen at Koperberg near the present town of Springbok, (Burger, Christiaan Rudolf:  ‘n Ondersoek na die oorsprong en betekenis van plek-en plaasname in die landdrosdistrik Namakwaland.  Proefskrif ingelewer vir die graad doctor in die wysbegeerte (D. PHIL.) in die Departement Afrikaanse Kultuurgeskiedenis aan die Universitein van Stellenbosch. Maart 1986)

3.  Piet van der WESTHUIZEN.