c.9. Johannes (Jan) VAN DER WESTHUIZEN, ged. 29/11/1722

c.9.  Johannes (Jan), ged. 29/11/1722, Kaapstad x 27/10/1754, Swartland met Hilletje BOTES,  geb. c. 1726, Swartland, d.v. Wietse Botes en Antje Pieterse. 10k.

Johannes was die seun van Nicolaas van der Westhuizen en Catharina Olivier.


Cape Town Baptisms 1722
Written by transcribed by Corney Keller.
29 d:o
Johannes
Claas van de Westhuisen, en Catharina Olivier
Jan Mostert en Hilletje Olivier.

Wietse Botes van Enkhuizen, Holland met sy vrou Anna(Antje) Pieterse en drie kinders het in 1744 op die skip Ruyter aan die Kaap gekom en hy was aangestel as sieketrooster van die Swartland gemeente.  Die amp se funksies was om siekes te vertroos, ter dood veroordeeldes vir hulle einde voorberei, preke te lees in die afwesigheid van `n predikant en onderwys in die plaaslike kerkskool gee. Adam Tas het na hierdie amp verwys as "`n krancke bedroever"  a.g.v. die slegte naam wat hulle gehad het. Gedurende die ampstermyn van Ds. Weerman lees ons niks van Wietse Botes nie en na Ds Weerman se vertrek, word hy opgevolg deur Ds Voltenen van 1750 tot 1755. Gedurende die ampstermyn van Ds. Voltenen was daar klagtes oor die skoonhou van die kerk en is Wietse Botes as Koster ontslaan. Hy het wel as Sieketrooster en Voorleser aangebly. Botes se loopbaan as Sieketroosteer eindig na 30 jaar in 1774 op sy eie versoek, aangesien hy reeds 62 jaar oud was. Hy sterf in Swartland op 21 Julie 1785.  Hilletje is die oudste dogter van vier kinders.

In ongeveer 1777 was daar onder andere 33 van Johannes se osse deur die Boesmans in die Mid Roggeveld gesteel.  Indien die boere op hulle eie in die nag agter hulle vee aan sou gaan, het hulle die gevaar geloop om met ‘n pyl en boog doodgeskiet te word deur die Boesmans.  Horse sickness and lack of erass in a time of drought prevented the timely formation of Commandos to hunt the robbers.  They asked the Landdrost for twelve guns and a field-tent. (Full text Kruger)