e.1. Cornelis VAN DER WESTHUIZEN, geb. 01/01/1798, ged. 08/02/1798

e.1.  Cornelis, geb. 01/01/1798, ged. 08/02/1798, Swartland, oorl. 23/06/1887, Ellenboogsfontein, Namakwaland x 13/09/1856, Namakwaland met Johanna Aletta GAGIANO, geb. 21/10/1831, Clanwilliam, oorl. 1920, d.v. Carlo Andrea Gagiano en Charlotte Margaretha Nancy Carr.  JAG xx Gerrit Kotze.

Cornelis was die seun van Cornelis van der Westhuizen en Johanna Christina Hanekamp.

Cornelis
Baptised: 1798, 8 Februarij 1798
Father: Cornelis VAN DER WESTHUIJSE
Mother: Johanna Christina HANEKA[M]
Witnesses: Claudina Engelbregt wed. Cornelis van der Westhuijse , Arnoldus Albertus Haneka[m]
Additional notes: Gebooren den 1 Januarij 1796
Source: Nederduits Gereformeerde Gemeente (NGK), Swartland (Malmesbury), . ucfirst(baptism) register, 1783-1809, page 130. Repository: NG Kerkargief, Noordwal-Wes, Stellenbosch, G5 3/3. Transcribed by Lizette Svoboda, from photographs of Cape Archives VC 667

Die eerste veeboere het hulle omstreeks 1750 aan die rand van Klein-Namakwaland (om dit te onderskei van Groot-Namakwaland anderkant die Oranjerivier in die latere Suidwes-Afrika) in die sogenaamde Hardeveld begin vestig. In hierdie dorre streek het die waterryke Kamiesberge die meeste aandag getrek. Van omstreeks 1760 af is die een plaas ná die ander uitgegee en het die nedersetters mettertyd die gebied mak gemaak. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-namakwaland/)

Honderd jaar later, in 1850, is die gemeente Namakwaland gestig met Bowesdorp as middelpunt. Die eerste kerkraadsvergadering is gehou op die plaas Kliphoek op 19 Augustus 1854 onder die voorsitterskap van ds. H.L. de Villiers, leraar van die moedergemeente, Clanwilliam, van 1845 tot sy dood op 5 Julie 1857. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-namakwaland/)

Die verafgeleë en uitgestrekte gemeente het jare lank herderloos gebly. Slegs een maal per jaar is die lidmate besoek, óf deur die konsulent óf deur ‘n ander NG leraar, onder andere di. C. Murray en W.P. Rousseau.  Eers in 1865 besluit die kerkraad om ‘n eie leraar te beroep. Die derde beroep het in 1870 geval op ds. J.S Hauman, wat dit aangeneem het. Ds. Hauman het dan ook met toegewydheid en seën in die uitgestrekte gemeente gearbei van 1870 tot 7 Februarie 1881. (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-namakwaland/)

NIEUWE PLAATS alias ELLENBOOG FONTEIN PLAAS Clw.Q.7-35 K 3017 BB

Eerste eienaar: Van der Westhuizen C 1844-03-15

Conradie (1909:25) "Ellenboogsfontein - plaas van ou Tante Kaatjie van den Heever ..." Forbes (1965:89) "The dwelling of Hermanus Engelbrecht at that time is shown on the Gordon Map as Ellenboogfontein, which is 4 miles W. by S. of the present position of Kamieskroon..." Wiese IA 1978 Boer Gesprek "Die fontein sit in t hoek waar die berg t elmboog maak. Die fontein was vroeer baie sterk en heerlik vars."  Op Sensuskaart 1891 verskyn die plaasnaam as Ellenboog Fontein alias Nieuwe Plaats en op Divisional map of Namaqualand 1916 net as "Ellenboog Fountain", terwyl dit op die Topokadastrale reeks 1974 vel 3017 Garies as Nieuwe Plaats met Ellenboogfontein as onderverdeling verskyn. Met die benaming Nieuwe Plaats wou die eerste besitter waarskynlik aandui dat dit vir horn t nuwe plaas of plek beteken, miskien in teenstelling met t vorige eiendom. Die aliasnaam is vanwee die sterk varswaterfontein in die elmboog wat die berg vorm. Uit hierdie fontein is soms water aan die dorp Kamieskroon verskaf. Die naam Nieuwe Plaats is feitlik nog net op transportaktes bekend, terwyl Ellenboog Fontein in die volksmond voortleef. (Burger, Christiaan Rudolf:  ‘n Ondersoek na die oorsprong en betekenis van plek-en plaasname in die landdrosdistrik Namakwaland.  Proefskrif ingelewer vir die graad doctor in die wysbegeerte (D. PHIL.) in die Departement Afrikaanse Kultuurgeskiedenis aan die Universitein van Stellenbosch. Maart 1986. P. 491)

GROOTVALLIJ/GROOTVLEI/GROOTVALLEY

Die plaas Grootvallij is plaaslik bekend as Grootvlei.  Volgens die oorspronklike Nederlandse kaart en transportakte word die plaas beskryf as Groot Valleij na aanleiding van die valley waarin die plaas geleë is.  Op 15 Februarie 1888 begin Grootvalleij se geskiedenis toe Jacobus Kotze, die plaas erf by ‘n sekere Japer Coetzee, sy ma se broer, wat sover terug as 1820 die plaas in sy besit gehad het.  Die storie word oorvertel dat een van Jasper se voorvaders Goewerneur Simon van der Stel se wapendraer was toe van der Stel Noord kom om te sien waar die koper vandaan kom en da thy sy lewe gered toe ‘n leeu hulle bestorm het – waarna ou Simon so dankbaar was da thy hom toestemming gegee het om vir hom ‘n stuk grond uit te sit, so groot as wat ‘n perd in ‘n dag kan ry, soos wat die gebruik destyds was.  Hoe di took al sy, Jacobus Kotze is gebore 15/03/1794 en oorlede op 03/06/1878.  Hy boer dus van 1844 tot 1878 op Grootvalleij.  Hy was getroud met Deborah Coetzee (of dit dalk sy niggie was- dit bly onseker).  Sy nageslag was ‘n seun met die naam Gerrit, gebore, 14/10/1827 en sterf 28/08/1899.  Sy vrou was Johanna Aletta Engelbrecht.  Hulle seun Willem Daniel (1855-1923) het die boerdery oorgeneem.  Hy was getroud met Jeanetta Rossouw en het 5 dogters en 3 seuns gehad.  Sy seun Hermanus Albertus erf die grond by hulle.  Hy het geleef van 1888 tot 1970.  Almal het hom geken as oom Maans en hy was ‘n geliefde karakter in die distrik.  Oom Maans was getroud met Maria Gloudina Genis wat in 1983 oorlede is.  Hulle het ‘n seun Willem Daniel.  Hy het getrou met Gesie Elizabeth Rossouw.  Uit hierdie huwelik is oom Gideon Josua Kotze gebore en hy boer op Grootvalleij vanaf 1955 tot 1984.  Hy was getroud met Mienie Wiese en hulle het saam 7 kinders gehad.  Sy oudste seun Hermanus Albertus begin ‘n deeltydse boerdery, maar woon in Caledon.  (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141868)

In 1872 koop Cornelis (Albertus Arnoldus) van der Westhuizen bietjie minder as die helfte van die plaas Grootvalleij by Gerrit Kotze.  CAA van der Westhuizen was op daardie stadium ‘n (bywoner?) op die plaas Ellenboogsfontein, een van die oudste plase in Namakwaland, ongeveer 8 km oos van hier.  Hy is getroud met ‘n nooi Gagiano ook van Ellenboogsfontein.  Hulle is altwee met hulle dood op Ellenboogsfontein begrawe, al het die familie laer die grafsteen na Grootvalleij toe gebring waar hy vandag nog staan.  So begin die van der Westhuizens se geskiedenis op Grootvallei. (https://www.graves-at-eggsa.org/main.php?g2_itemId=5141868)

eGGSA library Gravestones in South Africa Northern Cape : Noordkaap Northern Cape, NAMAQUALAND / NAMAKWALAND district, Rural (farm cemeteries) Northern Cape, NAMAQUALAND district, Kamieskroon, Grootvalley 444, Grootvalleij_1, farm cemetery WESTHUIZEN Cornelis, van der 1797-1887