f.1. Willem Johannes VAN DER WESTHUIZEN, geb. 02/07/1833

f.1.  Willem Johannes, geb. 02/07/1833, Bokkeveld, Ronderug, dist. Vanrhynsdorp, ged. Clanwilliam, oorl. 03/09/1898, Ronderug, Vanrhynsdorp x 16/06/1856, Calvinia, met Maria Christina Sophia STEENKAMP, geb. c.1835, Bokfontein, dist. Calvinia, oorl 19/11/1889, Bokfontein, dist. Calvinia, d.v. Johannes Paulus Steenkamp en Hester Isabella van Zyl xx 23/02/1890 Vanrhynsdorp, met Anna Christina STEENKAMP. geb. 09/02/1831, geb. 05/10/1831, oorl. 18/02/1896, d.v. Christiaan Jacobus Steenkamp en Anna Maria Magdalena van Zyl.

Willem Johannes was die seun van Willem Johannes van der Westhuizen en Gerhardina Johanna Maria Munnik.

Sy naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1889.

Die NG Gemeente Clanwilliam is in 1826 as die eerste gemeente in die noordweste van die Kaapkolonie gestig.  Op 1 Februarie 1808 is op die plaas Jan Disselsvlei ’n onder-drosdy gestig, met Daniel Johannes van Ryneveld as assistent-landdros. Met hierdie stap is die hele gebied wat tans as die Noordweste bekend staan, onder die landdros van Tulbagh geplaas. Op 1 Januarie 1814 het sir John Cradock aan die gebied die status van afsonderlike distrik verleen en dit na sy skoonvader, die graaf van Clanwilliam, genoem.  Op 26 September 1826 is Clanwilliam van Tulbagh as ’n afsonderlike gemeente afgestig, met ds. Thom van Tulbagh as konsulent. Die nuwe gemeente was aanvanklik geweldig omvangryk en het die hele Namakwaland, Hantam (Calvinia) en Vanrhynsdorp ingesluit.  Die eerste kerkgeboutjie is in 1830 voltooi en op 26 Februarie 1832 is die eerste herder en leraar, ds. William Robertson, bevestig.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-clanwilliam/)