f.3. Johanna Wilhelmina VAN DER WESTHUIZEN, geb. 06/11/1827, ged. 24/02/1828

f.3.  Johanna Wilhelmina, geb. 06/11/1827, Ronderug, ged. 24/02/1828, Clanwilliam, oorl. 25/07/1853, Duikerfontein, distr. Clanwilliam x 02/18/1852, Clanwilliam met Johannes Jacobus SANDBERG, geb. 26/05/1832, ged. 29/07/1832, Clanwilliam, s.v. Jacobus Johannes Sandberg en Johanna Adriana Lubbe.

Johanna Wilhelmina was die dogter van Cornelis van der Westhuizen en Sibella Aletta Helena Dreyer.


DG:  Josias van der Westhuizen;  Johanna Wilhelmina Aggenbach.
Sorteert onder Clanwilliam

Die NG Gemeente Clanwilliam is in 1826 as die eerste gemeente in die noordweste van die Kaapkolonie gestig.  Op 1 Februarie 1808 is op die plaas Jan Disselsvlei ’n onder-drosdy gestig, met Daniel Johannes van Ryneveld as assistent-landdros. Met hierdie stap is die hele gebied wat tans as die Noordweste bekend staan, onder die landdros van Tulbagh geplaas. Op 1 Januarie 1814 het sir John Cradock aan die gebied die status van afsonderlike distrik verleen en dit na sy skoonvader, die graaf van Clanwilliam, genoem.  Op 26 September 1826 is Clanwilliam van Tulbagh as ’n afsonderlike gemeente afgestig, met ds. Thom van Tulbagh as konsulent. Die nuwe gemeente was aanvanklik geweldig omvangryk en het die hele Namakwaland, Hantam (Calvinia) en Vanrhynsdorp ingesluit.  Die eerste kerkgeboutjie is in 1830 voltooi en op 26 Februarie 1832 is die eerste herder en leraar, ds. William Robertson, bevestig.  (https://www.gemeentegeskiedenis.co.za/ng-gemeente-clanwilliam/)

Haar naam kom voor in hulle pa se sterfkennis van 1883.